| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 12 Oktober 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
19/07/2008 15:37 - (SA)
Boeke: Karin Cronjé se 'rit in 'n wegholtrok' Deborah Steinmar
Alles mooi weer deur Karin Cronjé. Uitgewer: Genugtig! R142. Oor haar tweede roman sê Karin Cronjé, skrywer van Vir ’n pers huis: “Dit was ’n totale obsessie.” Alles mooi weer is kompleks, intens en verpletterend. Oftewel, ’n beheersde, woord-ekonomiese senu-ineenstorting. En dit tref soos ’n voorhamer. Cronjé het hierdie boek met haar lyf geskryf; vanuit haar derms gaan haal. Oor die skryfproses sê sy: “Die magiese van die proses is vir my wanneer onverwante goed begin saamkom, al die duisende beelde om jou in plek val. Maar dis uitmergelend om so te skryf. Volgende keer wil ek soos ander mense ’n storie van buite uitdink en neerskryf.” Die leser beleef die gefragmenteerde werklikheid van ’n vrou op die rand van ’n psigiese afgrond. Ons klim in die lyf van prof. Hilette Barend – ’n lyf wat dreig om soos ’n tollende aardbol uitmekaar te spat. “Hierdie vrou, sy breek ’n mens se hart,” sê Cronjé, asof verwyderd van haarself. Uitgewiste herinneringe roer in prof. Barend se maag: “Hoe onsinnig tog, ’n fotografiese derm. So nutteloos soos ’n fotografiese brein.” Sy kwel haar dat die denkbeeldige koei wat sy van die slagplaas red, draad geëet het en dat dit deur haar maag sal beweeg sodat sy uitteer. Sy is omring deur drogfigure wat projeksies van haar neuroses kan wees. Daar is Mpggô, die snorkende, bedlêende ma wie se derm gereeld gespoel moet word, asook ander onnoembare takies. Die ma wat anderpad gekyk het terwyl die kind vernietig word, klem in haar katatoniese staat ’n handsak met ’n donker geheim daarin, soos ’n bloedblaas onder haar arm vas. Daar is die grillerigste minnaar nóg, die ongewaste Duitser Klaus Hufnagel met sy yl, vetterige hare, groot maag, vetknop agter die been, semen-deurdrenkte futon, temperamentele aptyt en verleidelike sadisme. Oral duik tergende eggo’s op van ’n verbryselende kleintydtrauma waarvan die hoofkarakter onbewus is terwyl die leser gaandeweg die kloutjie by die oor bring. Hilette is nie jammer vir haarself nie omdat sy onbewus is van haar eie ondergang. Sy neem die werklikheid soos deur ’n saamgestelde oog waar. Sy verloor haar brose greep op die rasionele wanneer sy afkom op die aantekeningeboeke van ’n verlore siel genaamd Pearl Poplin. Sy gooi alles oorboord in haar soektog na die beskadigde Pearl, oënskynlik as gevallestudie, maar eintlik om haar te help – of om in die proses in werklikheid haarself te red. Dit word ’n rit in ’n wegholtrok. In die oog van die vulkaan is daar verlossende humor, soos die taakspan-vergaderings waar die analiserende professortrompop bots met die aggressiewe, emosionele me. Nxazonke, ’n verteenwoordiger op voetsoolvlak met heelwat byltjies om te slyp. Die verdeeldheid tussen die self en die ander, ’n daaglikse werklikheid in Suid-Afrika, word verfrissend belig. Die hoop beskaam nie dat die kloof oorbrug kan word nie, soos Hilette uiteindelik die eerste stap doen na die integrasie van die verskillende aspekte van haarself. Die roman is hoogs visueel, soos ’n strokiesprent, soos Bitterkomix. Emosies en tonele word soms in ’n banier aangekondig. Dis debatteerbaar of die verskillende fonte geregverdig is; of dit bydra tot die waansin of afbreuk doen aan die gestrooptheid. Want hier is geen sweem van mooiskrywery nie. Die teks is gesny tot op die been. Dis ’n opeenstapeling van tonele, soos ’n rolprent of nagmerrie. Toe Cronjé besig was met haar eerste roman het Hettie Scholtz, daardie goeie fee van skrywers, haar aangeraai: “Kill your darlings.”?Cronjé skryf vandag nog met ’n skalpel in die linkerhand: “Daai goed wat vir jou so kosbaar is, daai blerrie goed moet uitkom.” Met hierdie roman het iemand tereg vir haar gesê: “Niemand op godsaarde kan hierdie ding edit nie, net jy kan dit doen.” Sy is aangeraai om letterlik elke woord wat nie noodsaaklik is nie, te sny – raad wat sy genadeloos gevolg het. Dáárom is die boek ’n mylpaal in Afrikaanse prosa, waar ons beste skrywers soms deur die klank van hul eie stemme verlei word. Die roman bemoei hom met die makabere en die onmooie. Die hoofkarakter reken: “Mens neem die beste in wat die aarde kan gee – kos – en verberg dit in onnoembare donkerte, misvorm dit tot dit in walging uitgeskei moet word. Ons is in staat tot ’n transformasie so afgryslik dat ons mekaar in skaamte in die oë moet kyk.” Dit herinner aan Milan Kundera se uitspraak: “Shit is a metaphysical question.” Die teenoorgestelde van die spysverteringsproses vind egter hier plaas: Soos ’n alchemis weef Cronjé uit vrot skande en uitwerpsel iets suiwer en heel. Die roman is ’n donker reis, maar nie sonder verheldering nie. Aan die skadukant van die maan word eksentrisiteit en waan grotesk en speels belig, soos skadu’s wat teen die muur dans by flikkerende kerslig. Die keersy van die nagmerrie is ragfyn erotiek en humor. “Dit gaan oor perversie gebore uit die gebrek aan liefde, die soeke na liefde. Ek stel belang in die ontstaan van emosie en gedragspatrone.” Cronjé beklemtoon woorde met ingehoue intensiteit, spot met haarself, lag soms hard en onverwags en lyk dan opeens weer oorgelewer, weerloos: “Ek kan eintlik nie hieroor praat nie.” En wat nou? Is alles weer mooi? Cronjé het oorspronklik drama gestudeer en sou die boek graag op die planke wou bring as eenvroustuk. Pas terug van twee jaar in Korea leef sy tans soos ’n sigeuner terwyl sy die kat uit die boom kyk: “Ek hoop op spontane dood. Ek sien nogal ’n bietjie op teen alles.”?Sy lag. * Deborah Steinmair is ’n joernalis en digter.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|