| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 24 Augustus 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
19/07/2008 15:37 - (SA)
Van Model T-Ford tot die IT-era Charles Smith
Kyk na hierdie brokkie nuus: John McCain het bekend gemaak hy gaan die eerste president word wat oorlog deur die sosiale netwerk Facebook verklaar. Sjoe, dis cool! Iran se pres. Mahmoed Ahmadinejad kry ’n boodskap om 03:00 in Teheran en skrik hom boeglam: “Hey. John here. Remember me? I’m your worst nightmare. Bye pal.” Jammer, dit kan nie gebeur nie. John McCain, die Republikeinse kandidaat in die Amerikaanse presidentsverkiesing, kan nie ’n rekenaar gebruik nie. Ja, hy is wel op Facebook (met 168 087 vriende en met sy telefoonnommer 703-418-2008). Maar hy weet nie hoe om self daar uit te kom nie. Hy’t ook nie e-pos nie. Hy gebruik ’n BlackBerry (wat sy vrou, Cindy, antwoord). “Maar ek skryf nie e-pos nie. Ek het nog nooit ’n besondere behoefte aan e-pos gehad nie,” verklaar hy aan The New York Times. Hy lees wel e-pos. Maar hy bel sy mense oor die veldtog. Heeltyd, selfs van die vliegtuig af. John McCain is, soos hyself verklaar, “rekenaarongeletterd”. Sy een tasdraer, Mark Soohoo, het ’n grap van sy baas gemaak toe hy dit probeer verduidelik met die juweel: “John McCain weet van die internet. Dit is ’n man met ’n lang geskiedenis van die verstaan van ’n hele reeks dinge.” “Wat?” vra ’n tante van 74 toe sy die afgelope week die nuus kry. “Hy kan nie die rekenaar gebruik nie? En hy’s net 71! Dis mos ’n vrotsige verskoning!” Wees hom genadig: hy’t net ná die Ford Model T-era grootgeword. ’n Dag ná sy geboorte op 29 Augustus 1936 het Adolf Hitler sy Neurenberg-toespraak gelewer om die Bolsjewisme aan te vat en te verklaar hy gaan Rusland inval. Dis lank gelede. En hy was vyf jaar in die Hanoi Hilton (soos die wrede krygsgevangenekamp in Viëtnam onder soldate bekend gestaan het). McCain kon nie die nodigheid van ’n rekenaar insien nie: “Ek vertrou op my vrou vir al die hulp wat ek kan kry.” Mens moet bysê: hy kry nou lesse. So tussen die bekers koffie op die Straight Talk Express sit hy die rekenaar aan. En af. Aan-af. Kliek-kliek. “Reg-reg, nou waar’s die mei …” “John!” Dis Cindy McCain. Soos sy hom verlede week in die rug gestamp het toe hy hoor Amerika verkoop honderde miljoene dollars se sigarette per jaar aan Iran: “So maak ons hulle sommer dood …” Laas jaar sing hy op die wysie van daardie song van die Beach Boys: “Bomb bomb bomb – bomb-bomb Iran …” Soos hulle sê: jy hoef nie te leer hoe om die president te wees nie. Iemand moet jou net wys waar die rooi knoppie is. Dis maklik genoeg. Nee, nee! Hy kan my nie dagvaar nie. Hy weet dan nie eens hoe om “the Google” te gebruik nie! (Voordat George W. Bush president geword het, het hy gereeld e-pos vir sy ouers, oudpres. George Bush sr. en sy vrou, Barbara, gestuur. Maar sy selfvertroue het so bietjie ’n duik gevang toe Amerika vir hom gelag het toe hy in 2006 van “the Google” gepraat het om kaarte te soek. O ja, daar is ook geen rekenaar in die Ovaalkantoor in die Withuis nie.) Nietemin. McCain kry nou lesse. Les een: druk in die opdragveld: www.barackobama.com. So ja, so ja. “Aha! Het hom. Cindy! Kyk hier. Hy is op Facebook, You-Tube, MySpace, BlackPlanet, Eons, Flickr, Glee, Digg, MiGente, Twitter, MyBatanga, Eventful, AsianAve, Linkedin, Faithbase …” Gou-gou op Facebook gaan loer na Barack … 500 groepe, 1 147 348 vriende. Die grootse groep op Facebook nogal. “Hoor sy gunsteling-aanhaling, Cindy: ‘The arc of the universe is long, but it bends towards justice.’ ” Maar wag, ek sien daar is een webtuiste wat McCain gereeld besoek. Nie hy nie, sy helpers. Dan loer hy. Dis sy dogter Meghan se blog oor sy veldtog by www.McCainBlogette.com. Oulike meisiekind. ’n Paar lekker snaaksighede in. Daar was so wrintiewaar ’n ou wat sy mak bok na ’n John McCain-vergadering gebring het – nogal met ’n blou trui aan. Lyk of die bok laaik wat McCain daar spin. Op een vergadering het Meghan Henry Kissinger se skoene afgeneem. Toe sy hom verlede maand weer raakloop, het hy haar voor stok gekry. Nee man, dis sulke lelike politikus-skoene met skerp punte! “Ek verwag nie om ’n groot kommunikeerder te word nie, ek verwag nie om my eie blog op te stel nie, maar ek raak rekenaargeletterd tot op die punt waar ek inligting kan kry wat ek nodig het – insluitende om eerste na my dogter se blog te gaan. Voor enigiets anders,” vertel McCain die afgelope week trots. Jip, hy verstaan als van blogs. “Ek doen – kan ek sê, regtig – ek verstaan die impak van blogs op die Amerikaanse politiek vandag en politieke veldtogte. Ek verstaan dit. En ek verstaan as iets in ’n blog verskyn kan dit oor die wêreld heen opslae maak en die aandnuus haal, die voorblad van The New York Times. So, ek skenk aandag aan blogs …” Miskien moet hy nie inskrywings van die blogger Veritas lees nie wat oor sy (McCain se) rekenaarongeletterdheid skryf: “Dit wys hy is hardkoppig, lewe in die verlede en is stadig om te leer.” Maar die McCains raak nou hip. Daar’s ’n lekker, vars video oor die Straight Talk Express op YouTube. Jy hoor die bus is op eBay aangeskaf. Seker nie deur McCain self nie. En hy het ’n swart busbestuurder. Hulle wil darem net daardie punt ook deurbring vir die mense. Seker gemaak dat die jongklomp op die bus nie soveel na die Obama-video’s kyk nie. “Yes we can!” Nogal met Scarlett Johansson in. Obama is elke sewe sekondes met sy vinger op sy BlackBerry. “Yes, we can!” En hy hou internetkonferensies met sy twee dogters op sy Apple Mac-skootrekenaar as hulle tuis in Chicago is. McCain kan altyd ’n lid van Finerday.com word. Dit is ’n sosiale netwerk vir ouer mense. Die blogger Jed Lewinson vra die vraag: “Wat as die beroemde oproep om 03:00 (oor ’n dreigement van ’n atoombom) per e-pos kom?” So via Finerday.com. Maar die afgelope week was Finerday.com nog van lyn af weens “omstandighede buite ons beheer”.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|