| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 5 Oktober 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
19/07/2008 15:37 - (SA)
Kom ons beveilig onsself Dan Roodt
Misdaad het reeds van Suid-Afrika ’n berugte land in dieselfde geselskap as Colombia, Jamaika en Rusland gemaak. Volgens die Verenigde Nasies se statistieke beskik ons oor die derde hoogste moordsyfer per 100 000 ter wêreld, ná Swaziland in die eerste posisie en Colombia in die tweede plek. Sedert 1994 is elf miljoen Suid-Afrikaners reeds aan misdaad in een of ander vorm blootgestel. Dis waarskynlik net mnr. Charles Nqakula, die minister van veiligheid en sekuriteit, wat nog ontken dat ons land se misdaadprobleem vreesaanjaend en op die duur vernietigend vir die ekonomie en stabiliteit gaan wees. Mens kan seker verstaan dat ANC-politici in hul kokonbestaan met lyfwagte en ampswonings geen erg aan ons pyn en verdriet het nie. Maar die heel ergste van ons huidige weerloosheid teenoor geweldmisdaad is die gelatenheid waarmee ons hierdie onhoudbare toestand aanvaar. Dieselfde mens wat onmiddellik ’n geringe duikie in sy motor se modderskerm sal laat regmaak, is bereid om hom en sy gesin bloot te stel aan die risiko om te eniger tyd aangeval, verkrag en vermoor te word. Van die mees gruwelike plaasmoorde is gepleeg op boere wat geen voorsorgmaatreëls hoegenaamd teen plaasaanvalle getref het nie. Oor die laaste aantal jare was ek betrokke by verskeie antimisdaadbetogings, naweekkursusse oor veiligheid en ander aksies. Ook het ek al allerlei gesprekke met oudgeneraals en -polisiemanne gehad, almal Afrikaners van wie sommige vandag in die gevaarlikste plekke ter wêreld hul dienste aan multinasionale maatskappye of die Amerikaanse regering verkoop. Danksy dié mense se dienste, is Irak of Afganistan vandag veiliger plekke as Suid-Afrika, ten spyte van die oorloë wat in daardie lande woed. Geweldmisdaad in ons land is so totaal norm-oorskrydend dat dit met ’n oorlogstoestand vergelyk kan word. Hierin sal enige dagbladleser my gelyk gee. Oor een ding stem al die veiligheidsdeskundiges saam en dit is dat geweldmisdaad in Suid-Afrika eintlik baie maklik hokgeslaan kan word. Dis net: daar is geen politieke wil daartoe nie. Daarom is die enigste rasionele keuse wat oorbly – tensy ons almal die land op die duur gaan verlaat – om self die bul by die horings te pak. As groep beskik Afrikaners oor alles wat nodig is om dit reg te kry: ons het die kundige mense, die geld en organisasievermoë om binne ses maande geweldmisdaad tot Switserse of Skandinawiese vlakke af te bring in daardie gebiede waar ons in groot getalle woon. Hier dink ek aan die PWV-gebied, die Wes-Kaap, Suid-Kaap, dele van Noordwes en Mpumalanga soos die ou Oos-Transvaal deesdae bekend staan. Toevallig verteenwoordig dié gebiede ook die ekonomiese hartland van Suid-Afrika waar omtrent driekwart van ons bruto nasionale produk geproduseer word. My voorstel sou wees dat alle Afrikaanse organisasies, groot en klein, bymekaar kom en onderneem om minstens 5% van hul jaarlikse begroting aan ’n gemeenskapsveiligheidstruktuur oor te dra. Hierdie geld moet gebruik word om toerusting aan te koop en om ’n bestuurspan in elke dorp of voorstad waar ten minste 50% Afrikaners woon te vestig. Elke Afrikaner sal egter ook op sy of haar manier by die gemeenskapsveiligheidsplan betrokke moet raak. Ons kan selfs vra dat skoolverlaters vir ses maande diensplig moet verrig deur opleiding in veiligheid te ondergaan en agterna in die voorstede en op plase diens te doen. Toe ek destyds by Wits gestudeer het, het baie ryk Joodse seuns en meisies uit Johannesburg se noordelike voorstede elkeen vir ’n jaar lank Israel toe gegaan om verniet handearbeid op ’n kibboets te verrig. As mens glo in ’n saak is geen opoffering groot genoeg nie. Óf ons aanvaar die moord op en aanranding van ons mense, óf ons tree op om sulke gebeure te verhoed. Sedert sir Robert Peel in 1829 sy eerste ongewapende bobby op straat geplaas het, is dit oor en oor bewys dat die sigbare patrollering van ’n gebied ’n groot afskrikmiddel vir misdadigers is. Wat Afrikanermeerderheidsgebiede in die land egter betref, moet dit veel verder as patrollies strek. Drentelaars, verspieders en mense uit bepaalde hoërisikogroepe moet op subtiele maniere ontmoedig word om te veel tyd in ons woonbuurte deur te bring. Foto’s van verdagte persone moet as ’n reël geneem word en daar moet ook op identifikasie aangedring word. Die soort reaksiemagte waarvoor die meeste mense tans ’n maandelikse tarief betaal, is slegs die laaste fase van enige gemeenskapsveiligheidstrategie. Indien ’n aanval op mens se perseel plaasvind, beteken dit eintlik dat die voorafgaande misdaadvoorkomingstrategie misluk het. Dit behoort veral nie nodig te wees vir mense om hulself in hul slaapkamers met vuurwapens te moet verdedig nie. Die eerste linie is die straat; as ons die strate beheer pleks van die misdadigers, gaan ons reeds ’n dramatiese afname in geweldmisdaad sien. Wat ons boere betref, het landbou-organisasies reeds heelwat gedoen om veiligheidsplanne in werking te stel, maar almal neem nog nie daaraan deel nie. Boere sal ook moet besef dat die dae van die geïsoleerde plaasopstal getel is. In die Middeleeue toe ons voorouers in Europa deur soortgelyke wanorde geteister is, het hulle hul plase verlaat en in klein – dikwels ommuurde – nedersettings begin woon waaruit die groot aantal klein dorpies in Europa ontstaan het. Agt of tien van ons boeregesinne sal in kampongs of veiligheidsbuurte moet begin saamwoon soos soveel stedelinge reeds doen. Nou is daar seker mense wat beswaar daarteen sal hê dat die Afrikaner in belang van sy eie veiligheid begin optree. Iemand soos mnr. Roelf Meyer byvoorbeeld, wat onlangs verklaar het dat hy die land se miljoene afwykende jeugdiges van beter waardes wil voorsien en die tronkbevolkings wil rehabiliteer om goeie burgers te word. Meyer en ander politiek korrektes sal nie wil sien dat Afrikaners begin saamstaan om mekaar te beskerm nie. Die rimpeleffek van veilige gebiede vir Afrikaners sal egter baie positief vir die land in sy geheel wees. Nie net sal die meeste Afrikaners, pleks van Perth toe te emigreer, mettertyd in sulke gebiede kom woon nie, maar sakeondernemings sal ook daarheen wil trek omdat hulle sodoende verliese weens misdaad sal kan uitskakel. Die geringe maandelikse bydraes wat Afrikaners aan hul organisasies maak, sal oor en oor deur die stygende eiendomswaardes in sulke gebiede vergoed word. Hopelik sal die voorbeeld van die Afrikanergemeenskap wat daadwerklik teen misdaad begin optree, ander gemeenskappe in die land inspireer om dieselfde te begin doen. Ons kan hulle van raad bedien en op die duur kan die hele Suid-Afrika dalk weer veilig raak. Maar eers sal ons voor ons eie deur moet vee. Die Switsers het al 400 jaar vrede, maar hou steeds ’n uitgebreide dienspligstelsel vir hul burgermag in stand. Hoeveel te meer het ons nie nodig om mekaar te beskerm in hierdie geweldgesteisterde land waar bendes misdadigers tans koning kraai oor die wetsgehoorsame burger nie? * Roodt is redakteur van die webtuiste: www.praag.co.za
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|