| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
02/08/2008 12:55 - (SA)
BBI, SAME kortwiek nie-rassigheid in diversiteit Christo van der Rheede
Twee naweke gelede is die Bruin Belange Inisiatief (BBI) in die Kaap gestig. Toe maak mnr. Charles Ash van Johannesburg ’n soortgelyke inisiatief, die South African Movement for Equality (SAME) bekend. Soos die maatskaplike wetenskaplikes sê: Maatskaplike, ekonomiese en politieke onstabiliteit is ’n teelaarde vir die spontane mobilisering op grond van gemeenskaplike belange. Mense voel bedreig en persepsies van marginalisering, miskenning en ondergeskiktheid kry die oorhand. Die spanning tussen “ons” versus “hulle” bou op en die krake in die onderbou van maatskaplike eenheid begin wys. Morele verantwoordbaarheid teenoor landsbelang word vervang deur die morele regverdiging van groepsbelange. En die herverbeelding en herlewing van ons nasionale identiteit is in die spervuur. Dit is makliker om eerder op groepsidentiteit te fokus. Dus is dit ’n vraag of daar deeglik besin is oor die morele, strukturele en politieke implikasies van ’n inisiatief soos die BBI. Of is dit gedryf deur ’n valse etniese geborgenheid? Hoekom het niemand dan onthou van ons koloniale en apartheidsverlede nie? Of is dit bloot omdat ’n paar individue ’n behoefte het om – om watter rede ook al – inhoud te gee aan die waanbeelde van gister? Na my mening strook die BBI en SAME se bestaan nie met die morele verpligting – kragtens die Grondwet ons almal se plig – om nie-rassigheid in ’n diverse konteks na te streef nie. Diversiteit impliseer egter nie die herskepping van bruin, wit of swart denkbeelde nie. Dit verwys eerder na ons verskillende tale, kulturele en godsdienstige praktyke, seksuele voorkeure, geslagsverskille, historiese bevoordeling of uitsluiting, gestremdhede en tradisionele stelsels. Hierdie diverse werklikhede lê die grondslag vir gemeenskapsontwikkeling. Dit is belangrike vertrekpunte vir volgehoue opvoedkundige, ekonomiese, maatskaplike, kulturele en spirituele bemagtiging. Bemagtiging is konteksgedrewe; dit behels onder meer projekte en programme in ons moedertale en van ’n bepaalde kulturele, tradisionele en godsdienstige karakter. Maar ons moet daarteen waak om anderstaliges of ander kultuurgroepe uit te sluit. Die Grondwet lê ons die verantwoordelikheid op om die verdeeldheid van die verlede deur ons bemagtigingsaksies heel te maak. Bemagtigingsaksies moet ook ’n samelewing help skep wat op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte berus. Hoe pak ’n mens die saak aan sonder om rondom die bruin, wit of swart denkbeelde – simbole van ’n erg verdeelde en verskeurde samelewing – te mobiliseer? Ja, ons gemeenskappe is in ’n krisis. Onderwys gaan die kreeftegang, dwelmhandelaars en misdadigers neem die oorhand, die tronke bars uit hul nate en wetteloosheid is aan die orde van die dag. Om anderkant die denkbeelde van die verlede iets nuuts te skep, moet ons in die woorde van Breyten Breytenbach die skisofreniese politieke en historiese gemeenskapsafbakenings oorkom. En sal ons onder meer die begrip “gemeenskaplike belang” moet herdefinieer. ’n Horde organisasies is reeds besig met inisiatiewe wat die BBI en SAME nou beplan. Waarom probeer om die wiel te herontwerp? Wat ons nodig het, is nie nog organisasies nie, maar die vorming van vennootskappe, die versterking van bestaande organisasies en beter koördinering om duplisering en wedywering uit te skakel. Organisasies met ’n etniese karakter moet ernstig besin oor die implikasies vir ons onderlinge verbondenheid. Soos Albert Einstein dit gestel het: “A human being experiences himself as something separated from the rest. Our task must be to free ourselves from this prison by widening our circle of compassion to embrace all living creatures and the whole of nature in its beauty.” * Christo van der Rheede is uitvoerende hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans.
|
||||||||||||||||
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|