Die grootste klas in die land
Dankbaar het sy vir die maalvleis betaal, bly oor die winskopie nadat iemand vir haar gesê het wat die prys is. Maar eers by die huis het een van haar huismense die res van die etiket op die pakkie vir haar gelees: “Pet mince”. Sy kon nie weet dit is kos vir diere en nie mense nie, want sy het nooit leer lees nie.
|
|
Suid-Afrika sal nié soos Zimbabwe word
10/05/2008 15:58
Ons regering se standpunt oor Zimbabwe ontstel baie Suid-Afrikaners. Byvoorbeeld: Hoe kan pres. Thabo Mbeki beweer daar is geen krisis in Zimbabwe nie? Al het hy later gesê hy praat van die Zimbabwiese verkiesings, en nie die maatskaplike en ekonomiese situasie in dié land nie.
|
Kuns wat praat oor Suid-Afrika
09/05/2008 15:00
Die beeldhouer Kevin Brand is vanjaar bekroon met een van die land se mees gesogte kunspryse, die Mercedes-Benz-prys. Cobus van Bosch het met hom gesels.
|
|
 |
| Grafika: Anton Vermeulen
|
|
Geen seks, min kos en engelemusiek
In Efrata, Pennsilvanië, kom Charles Smith af op 'n klooster wat 250 jaar gelede 'n vrome sekte gehuisves het - so vroom dat hulle sonder seks en met min slaap en kos gelewe het. Die sekte is tot niet, maar die buitengewone klank van hul musiek herleef.
Blik na buite: Met die vyand móét onderhandel word
Oudpres. Jimmy Carter van Amerika het die wind behoorlik van voor gekry oor sy onlangse gesprekke met die Islamitiese weerstandsbeweging, beter bekend as Hamas.
Pop en Rock-Perspektief: Laat musikante die wêreld regeer
Oom Bob pleeg deesdae nuwe politieke wandade waarvoor daar nog nie eens terme is nie, petrol is deesdae duurder as ingevoerde whisky, sinlose oorloë woed voort en die lig aan die einde van die tonnel word gereguleer deur beurtkrag.
’n Ode aan Suid-Afrikaanse brandewyn-komponiste
‘Claret is die drankie vir seuns. Port dié vir manne.
Maar hy wat daarna streef om ’n held te wees, drink brandewyn.’ – Samuel Johnson (1709 – 1784).
Boeke: Geheim vir ‘lees, leer en geniet!’
Die Boekeweb-rubrieke wat Rachelle Greeff vir Rapport se boekeblad skryf, vorm deel van haar pasverskene versameling rubrieke, Alles behalwe die geheim van my whiskies. Om dit te lees, meen Louise Viljoen, is byna om opgelei te word in die kuns van rubriek skryf.
Boeke: Die woordvlugte van 15 ingeperkte mans
In die loop van die boekfees wat die komende naweek in Franschhoek in die Boland gehou word, word een van vanjaar se vernaamste Engelse nie-fiksie titels, Fifteen Men, bekend gestel. Dis ’n boek van prosa (fiksie en nie-fiksie) en gedigte van vyftien mansgevangenes van die Groot-Drakenstein- Korrektiewe Inrigting.
Boekeweb: Verskuilde agenda of sommer net twak?
Beste Imraan Coovadia, onthou jy hoe ek laasjaar by ’n boekbekendstelling in Muizenberg na jou gevry het om op Rapport se boekeblad te kom skryf. Want by die Sunday Independent, waar jy gereeld skryf, is jy van die beste resensente. Jou antwoord was te wagte: Afrikaans kan (of wil?) jy nie skryf nie.
Local is lekker kry nuwe betekenis
Aan die oewer van die Touwrivier-strandmeer in die Wildernis- Nasionale Park wil jy nie ophou eet nie. Elke gereg, van die voor- tot die nagereg, is ’n delikate saligheid waarin jy die passie kan proe waarmee dit geskep is.
Tegno-Perspektief: ’n Plan met die jong passasiers
Ná die afgelope lang naweke weet mense weer wat die ellendes van die lang pad is. Naas dinge soos slaggate en padvarke is verveelde kinders op die agtersitplek ’n doring in die vlees. Dit kan die geduldigste ouer tot raserny dryf.
Mei-wynrak: Hiervoor moet ons die smokkelaars bedank
’n Boer maak ’n plan – al moet dit dan ook ’n skelmstreek behels. Sonder ’n skelm – dog vindingryke – sindikaat sou dit waarskynlik langer geduur het voordat Suid-Afrika die wêreldklaswyne van die chardonnay-druif gemaak het as wat tans die geval is. |
|