Kenia: die juweel van Oos-Afrika
14/11/2008 15:08
Kenia verdien met reg sy titel as die juweel van Oos-Afrika. As die gewildste vakansiebestemming in Oos-Afrika, bied dit ’n eindelose verskeidenheid besienswaardighede wat toeriste van oor die hele wêreld bekoor.
|
Bisantynse kuns lok toeriste
14/11/2008 15:08
– ’n Belangrike uitstalling in Londen oor die Bisantynse Ryk bestaan uit meer as 340 onskatbare kunsartikels van oor die hele wêreld, waarvan heelwat so seldsaam en broos is, dat dit na alle waarskynlikheid nooit weer sal reis nie.
|
|
|
New York, New York!
’n Besoek aan die Groot Appel is opwindend te alle tye maar die model Lee-Ann Liebenberg se stoutse verwagtinge is oortref toe haar sanger-kêrel, Danny K, haar tydens hul onlangse reis op die mees romantiese oomblik in Central Park gevra het om te trou.
Glen Afton Country House: Viersterblaaskans
Glen Afton Country House bied ’n viersterblaaskans van die stadsgedruis en het drie foreldamme. Verblyf is in ’n tipiese plaashuis en ontbyt en aandete word bedien op ’n stoep wat oor een van die foreldamme uitkyk.
Midde in die Middellande
Dit lyk soos 'n feëland waar mis om jou vou en reuse-bome naderstap en waar jy op nou kronkelpaaie ry. Die groen heuwels om jou deinop en af soos reuse golwe in ’n grassee. Met name soos Nottingham Road, Balgowan, en Lidgetton kan jy jou dalk misgis en dink: “Natuurlik! Sy praat van die Engelse Middelande, pragtige wêreld!”
Mosambiek: Pasop vir skelms in dié paradys
Mosambiek is ’n gewilde vakansiebestemming in Suider-Afrika. Dis veral Suid-Afikaners wat dié buurland in Desember besoek en dit kan ’n indrukwekkende ervaring wees.
Raad vir oorgrensreise
’n Groot aantal Suid-Afrikaners gaan in die vakansietyd die grense na ons buurlande oorsteek. Die AA raai reisigers aan om hulle te raadpleeg oor die toestand van die paaie, die beskikbaarheid van brandstof, mediese vereistes, asook invoer- en uitvoerregulasies voordat hulle op reis gaan.
Reisflitse
Nuusbrokkies van oraloor.
Land van oggendkalmte
Sê ’n mens vir jou vriende jy gaan Suid-Korea toe, is almal half uit die veld geslaan, want dis nie juis ’n koel of in-bestemming waarheen gesoute reisigers hul begewe nie.
Nederlandse swier en polsende Afrika-ritme
Wanneer jy by die Spier-landgoed instap, betree jy ’n unieke wêreld – ’n samestelling van oorspronklike Nederlandse swier en polsende Afrika-tradisie.
Bly ’n bietjie langer in Hongkong
Dit is ’n verkeerde opvatting dat Hongkong net ’n oornagbestemming op pad na ander stede in die Ooste is. Want dis die moeite werd om tyd hier deur te bring waar reisigers hope pret en interessante dinge kan ondervind.
Kaapstad: 'n Kamer by die Inn oor Kerstyd
Jy het dalk jou vakansieplanne effens laat begin maak, maar daar is goeie nuus want die Inn het nog kamers beskikbaar vir die Kerstyd. Thompsons Holidays het pas aangekondig hulle het ’n sak vol opwindende vakansiepakkette beskikbaar tydens Kerfees en Nuwe Jaar – plaaslik sowel as oorsee.
Londen, Parys oor Kerstyd
Kersbome en Kersliedere, Kerspasteitjies en markte en die lug elektries gelaai met feestelike opwinding. Londen en Parys vertoon ten beste in die Kerstyd wanneer die winkels glansend versier is en selfs die afgestomptes van die wêreld plesier daarin kan vind.
Victoria-val
As jy ’n rustiger vakansie in gedagte het, kan jy in weelde in die bos net buite die Victoria-val bly. Die welbekende Victoria Falls Safari Lodge is op 80 000 ha ongerepte boswêreld geleë en net 10 minute van een van die wonders van die wêreld.
Kitzbuhel-Alpe
Al ooit van ’n wit Nuwe Jaar gedroom? Nou’s jou kans om ’n wonderlike sneeu-vakansie in Oostenryk deur te bring. Westendorf is ’n moderne vakansieoord in die asemrowende Kitzbuhel-Alpe ver weg van die stadsgewoel.
Die Franse sit regop, want die Engelse leer wyn maak
In die suidooste van Engeland vertel iemand my nou die dag ’n storie wat die Franse aan hul sjampanje sal laat stik. Weet jy, vra hy terwyl hy alwetend oor sy glas loer, dat die Franse monnik Dom Pérignon nie die eerste een was wat sjampanje gemaak het nie?
Akkommodasie vir 2010 problematies
Sommige hotelle wag vir eers alvorens hulle hul verbind tot ’n maatskappy wat besprekings vir die 2010 Wêreldbeker hanteer, sê die spesiale adviesraad van die sokkertoernooi. |
|