News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
    Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

10/11/2007 11:40  - (SA)  
Die Deon Maas Blad:
Wat is die verskil tussen Kleurling of Coloured?

    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Vet uitsuig? Ek gebruik boepie eerder as rusplek vir my bier
  • SMSe van ons lesers
  • Lewer kommentaar

  • Daar maak ek toe nou die dag die fout om die woord kleurling te gebruik, net om vinnig vertel te word dat dit nie meer reg is nie. Ek moet glo praat van bruin mense of, ironies genoeg, is coloured ook aanvaarbaar. Net nie kleurling nie.

    Ek is nie wit nie, ek is pienk. As ek ou Afrikaans wil gebruik, is ek ligroos. Ek is ’n ligroos Afrikaan, Afrikaner of Afrikaanse, afhangend van watter definisie van hierdie woorde nou die politiek korrekte term van die week is. Daar is mense wat hul tyd bestee om al hierdie woorde uit te dink en dit ’n identiteit te gee waarmee jy kan assosieer. Dis sodat hulle jou in ’n boksie kan indruk en ’n oordeel oor jou vel sonder om jou rêrig te ken. As iemand rêrig die verskil tussen hierdie woorde logies kan verduidelik, haal ek my hoed vir hulle af. Ek is maar net wie ek is. As jy wil weet wie ek rêrig is, praat met my, dan kan jy self uitvind.

    Nuwe identiteit

    Die afgelope dertien jaar het baie groepe mense hul identiteit gevind in hierdie land. Swart regte, vroueregte, gay-regte, kinderregte. Bruin mense, lyk dit vir my, sukkel nog so ’n bietjie met die hele ding. Is jy kleurling, coloured of bruin? Soos straatnaamveranderinge is dit iets wat verander sonder dat dit rêrig nodig is, maar dit help om ’n nuwe identiteit te skep omdat daar nuwe politiek is. As jy nog nie jou fight gefight het nie, weet jy nie wat jou roots is nie.

    In die ou Suid-Afrika was coloureds te donker. In die nuwe Suid-Afrika is hulle te lig. As jy as coloured in die Kaap grootgeword het, is daar ’n goeie kans dat jy Afrikaans en nie Xhosa praat nie. As jy as coloured in KwaZulu-Natal grootgeword het, is daar ’n goeie kans dat jy Zoeloe praat en nie Afrikaans nie.

    Die Afrikaanse term kleurling het natuurlik ’n politieke konnotasie omdat Afrikaans ’n politieke konnotasie het. Die term coloured word nie meer as ’n Engelse woord beskou nie, maar eerder as ’n etniese beskrywing omdat dit nie ’n politieke konnotasie het nie. Dis ’n taallose woord. Engels is smart, Afrikaans is kommin.

    Ouer mense glo die term kleurling is aanvaarbaar, jonger coloureds sien dit anders. Die plaasjapies dink kleurling is oukei, die city slickers verkies coloured. Kleurling is ’n politiek gelaaide term. Coloured is ’n identiteit. Coloured is ’n term wat jy gebruik om jouself te beskryf. Kleurling is een wat iemand anders gebruik om jou te beskryf.

    As ’n ligroos Afrikaner is ek verward en weet nie meer watter kant toe nie, want my bruin/kleurling/coloured vriende het elkeen ’n ander idee oor die saak.

    Die woord kaffertjie is aanvaarbaar om ’n donker coloured te beskryf en die term Boesman vir ’n lelike geletjie. As die baba gebore word, gaan kyk almal na die nuwe aankomeling en vryf die koppie om te sien. As jy lig van kleur is as ’n bruin man sal jy meer geredelik aanvaar word as ’n potensiële skoonseun. Hoe ligter, hoe beter. Wit was nog altyd meer aanvaarbaar met meer aangename toekomsgeleenthede

    Coloureds voel bedreig deur regstellende aksie en diensbillikheid. Van die coloureds se kant af lyk dit asof dit net swart mense bevoordeel. Daar is ’n groter kans dat ’n swart persoon ’n tersiêre kwalifikasie gaan kry as ’n coloured. In die werkplek kwalifiseer jy dalk as swart in die breër definisie, maar teen die einde van die dag is jy nog steeds coloured. Die grootste kompetisie wat bruin mense in die werkplek het, is nie swart mense nie, maar wit vroue. Dié twee tel dieselfde punte. As dit by die crunch kom en die keuse is tussen ’n bruin man en ’n wit vrou, gaan die wit vrou die werk kry.

    Dis tyd dat die coloureds opstaan as ’n gemeenskap en hul identiteit definieer. Bruin mense het nog baie issues om uit te sort. Jy word grootgemaak om te aanvaar en nie uit te daag nie. Jy maak matriek klaar en jy word nie aangemoedig om verder te gaan swot nie. Werk eerder by Shoprite en help geld inbring in die huis in. Jy kom nooit by die studies uit nie.

    Die groei van die coloured-middelklas wat veronderstel is om die stabiele ruggraat van ons samelewing te wees, is baie stadiger as die groei van die swart middelklas. Die swart ekonomie ontplof, bruin kruip voort met ’n slakkepas. Die swart townships kry groot winkelsentrums, die bruin townships moet nog steeds dorp toe ry vir hul inkopies.

    Bruin mense identifiseer met ’n Amerikaanse kultuur. Hip-hop is deel van die party, solank dit nie Afrikaans is nie. Vra Brasse Vannie Kaap, Jitsvinger of Prophets of da City.

    Die kleurling se identiteit weier om te erken dat hy uit Afrika kom. Hy hou van low riders, robot-to-robot drag racing en die bietjie ligter as donkerder meisies met die lang, reguit, swart hare wat langs die swembad lê soos in ’n MTV-video. Die guns-telingmusiek is Amerikaanse R ’n B eerder as iets Afrikaans. ’n Treffer op Good Hope FM beteken nie noodwendig goeie verkope as dit ’n plaaslike kunstenaar is nie.

    Coloureds maak te veel staat op sogenaamde leiers. In plaas van protes oor die gebrek aan vullisverwydering of die dwelmhandelaars wat openlik handel dryf, wag hulle vir iemand om namens hulle op te staan. Vra tannie Zille. Die mindshift wat gemaak moet word, is die aanvaarding dat jy verantwoordelik vir jouself is en nie die soeke na bruin leiers nie.

    Intelligentsia

    As jy die Afrikaanse koerante lees, gaan hulle vir jou sê die bruin leiers is die intelligentsia soos Jakes Gerwel, Hein Willemse en Henry Jeffreys. Hierdie is mense wat van ’n intelligentsiaanse hoogte met mense praat, maar hulle is nie rêrig die leiers nie. Bruin leiers is die 7de laan- cast of Sandi Schultz van Binnelanders en dalk selfs Mr Fat, veral as jy van Bonteheuwel af kom. ’n Bruin leier is die slim outjie wat nou net by jou werk bevorder is of Heinrich die kelner wat sy pad opgewerk het tot bestuurder van die Dros. Hierdie is die mense wat die leiers word sonder dat hulle die debatte oorheers. Sal die bruin De la Rey asseblief opstaan?

    Om rêrig ’n rol te speel in die nuwe Suid-Afrika moet bruin mense leer om vir hulself op te staan en minder afhanklik te wees van wit en swart mense. Hulle moet ’n sterker identiteit ontwikkel en vrede in hulself kry oor wie hulle rêrig is.

    Of praat ek nou heeltemal uit my beurt uit?



    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Reis en Verblyf
    Direct Axis-Lenings
    Wen tot R1000 verniet
    Motor- & huisversekering
    Werkgeleenthede
    Afrikaanse boeke
    Rapport-foto's
        Stem
    Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
    Mnr. Zuma
    Mnr. Lekota
    Pres. Motlanthe

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo