| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
22/03/2008 14:39 - (SA)
Maretta Bellingan: Afrikaners is plesierig en dan suip hulle so
’n Foto vertel glo duisend stories, en hierdie een verklap sélf ’n hele paar. Dis by ’n sosiale geleentheid iewers in ’n park geneem. Die vyf mans, drie is kaalbolyf, twee het ’n drankie in die hand, lyk lekker gekletter. Dit lyk asof die een met die tatoeëermerk ’n ander ou se kneukels probeer hap, terwyl die ou heel regs agteroor in ’n seilstoel sit-lê en ’n vredesteken vir die fotograaf maak. Sonder ’n onderskrif, sou jy raai dis maar net nog ’n paar dik Afrikaner-mans wat die week se sorge probeer versuip en sit en wag dat die Bulls en die Sharks moet uitdraf. En jy’s nie ver verkeerd nie. Die “vyf grotes” op die foto is almal beamptes wat in daardie stadium verbonde was aan die Ekurhuleni-metropolisie. Die ou heel regs, met heelwat meer om die lyf as in die dae toe hy die Magoo-kroeg in Durban opgeblaas het, is die polisiehoof Robert McBride wat later dieselfde aand sy motor sou afskryf. En wat volgens verskeie getuies op die ongelukstoneel ten minste drie rye spore, indien nie meer nie, geloop het. Die foto is een van verskeie wat as bewysstukke ingedien is by McBride se hofsaak wat tans in die Pretoriase streekhof aangehoor word. Volgens nóg ’n getuie in die saak, het McBride daardie middag amper ’n hele bottel whiskey kafgedraf. McBride se advokaat se reaksie hierop was dat geen mens met soveel drank in sy liggaam kan bestuur nie. Die staat sal waarskynlik nie op hierdie punt van advokaat Penzhorn verskil nie. Enkele kilometer van die geselligheid af het sy kliënt toe wel die pad byster geraak. Die hof moet nou besluit of Jack Daniel’s vir McBride van die wal af in die sloot gehelp het. En of McBride se verweer, dat hy weens lae bloedsuiker beheer oor sy voertuig verloor het, die waarheid is. Dis seker nie onmoontlik nie. Regter Nkola Motata, wat verlede jaar in Pretoria met sy duur Jaguar deur ’n muur gery het, het aangevoer dat hy beslis nie onder die invloed van drank was nie, maar dat hy vroeër die aand saam met ’n vriend tee gedrink het. Die regter wat glo beswaarlik kon regop staan en wat die toegelate alkoholperk vier keer oorskry het, se saak duur voort. Dis nie bekend of hy die verskaffers van die tee gaan dagvaar nie. Die ANC se eks-hoofsweep Tony Yengeni se motor het in November verlede jaar in die vroeë oggendure iewers in Goodwood op ’n middelmannetjie tot stilstand gekom. Volgens Yengeni, wat die afgelope week op aanklagte van dronkbestuur in die hof verskyn het, het hy griepmedisyne gedrink. Intussen het ’n anonieme persoon die sepiester Ashley Callie, wat in ’n motorongeluk dood is, op ’n webwerf van dronkbestuur beskuldig. Die persoon, vermoedelik een van die mense wat in die ander motor was, skryf onder meer: “Jy het nie verdien om dood te gaan nie, want jy moes hier wees om die gevolge van jou dronkbestuur te sien.” Terwyl berigte oor bekendes met groot geskal deur die media uitstal word, kry die storie oor Roseline Majola kwalik ’n paar paragrawe iewers agter in ’n koerant. Die 11-jarige Roseline, ’n onbekende plaaskind van Joubertina se wêreld, is die afgelope week deur ’n groep kinders met klippe doodgegooi. Volgens ’n getuie was daar voor die voorval ’n gestryery oor ’n bottel goedkoop wyn en ’n familielid van Roseline het bevestig dat Roseline ’n geharde drinker was. ’n Verteenwoordiger van Sanra het na die voorval bevestig dat drankmisbruik ’n probleem is wat toenemend onder kinders voorkom. Dis glo veral kinders in die bruin plaasgemeenskap wat al so jonk as sewe begin alkohol gebruik. Die verskynsel van drankmisbruik in Suid-Afrika is nie eksklusief tot een bevolkings- of sosiaal-ekonomiese groep beperk nie. Almal suip saam. Wit, gekleurd, arm en ryk. Dis ’n nasionale probleem wat deur padongelukkesyfers en die voorkoms van fisieke geweld, onderskryf word. Ons drink wanneer ons vrolik is. Ons drink wanneer ons ongelukkig, eensaam, verveeld of gefrustreerd is. Ons drink klaarblyklik vir elke rede onder die son. Jare gelede lê ek op die strand onder ’n Mainstay-sambreel toe ’n ou verbystap, na die sambreel kyk en sê: “As daai bootjie sink, hou ek op met drink.” Ek vermoed as daai bootjie sink, gaan hy éérs begin drink. mbelling@rapport.co.za
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|