| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 4 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
22/03/2008 14:39 - (SA)
Tim du Plessis: Is daar ’n land verby die ANC?
Daar was ’n tyd toe dit my min geskeel het om te lees of te hoor die ANC sal nog lank regeer. Dié stelling had immers ’n sekere dwingende logika. Die aura van die party van bevryding het oral in Afrika ’n lang rakleeftyd aan dié partye besorg. Daarby was die ANC ’n slim party toe hy in 1994 begin regeer het. Etnisiteit onder swart Suid-Afrikaners is vernuftig bestuur. Hy het uit sy pad gegaan om die sakesektor se vertroue te wen en te behou. Só veel dat ons sakesektor smoorverlief geraak het op die ANC. Dankie tog dié kalwerliefde is aan die oorwaai. Met mnr. Nelson Mandela vooraan het die ANC presies geweet watter snare om te tokkel om die minderhede gerus te stel. Die land was stabiel en die ekonomie het gepresteer soos laas in die 1960’s (onder H.F. Verwoerd!). Wat kon so erg daaraan wees dat die ANC nog lank sou regeer? Wel, soos die Yanks sê: That was then. This is now. Die verstandige party wat in 1994 weggespring het, is nie meer nie. Al wat hy nog het, is legitimiteit. En natuurlik staatsmag. Die veelgeprese “oudste bevrydingsbeweging in Afrika” is in sy huidige inkarnasie eerder Afrika se treurigste politieke party. Die party van Eskom. Hoekom moet ons vrede daarmee maak dat dié party wat nou al so lank in ’n staat van intrne beleg verkeer “nog lank sal regeer”? Nou weet ons baie goed wat ’n wit Suid-Afrikaner van die ANC dink, eintlik mos nie tel nie. Maar dit moet tog saak maak wat die meeste swart Suid-Afrikaners van die ANC dink. Of moet ons aanvaar hulle sien kans om die ANC in verkiesing ná verkiesing in te stem terwyl: * hul kinders se opvoeding jaarliks agteruitgaan; * openbare gesondheidsorg al hoe meer beroerd raak; * die polisie hulle nie teen misdaad kan beskerm nie; * hulle ly onder onbekwame munisipale amptenare in hul woonbuurte; en * korrupsie en algehele onbevoegdheid verhinder dat die “beter lewe vir almal” realiseer wat die ANC nou al veertien jaar lank belowe? Die een of ander tyd moet hulle tog besef die dinge wat verkeerd is, het verkeerd geloop terwyl die ANC geregeer het. Dit is die ANC wat nie sy sokkies kan of wil optrek nie. En dat iets daaraan gedoen kan word. Elke vyf jaar is daar ’n geleentheid om nie vir die ANC te stem nie. Of is dit ’n naïewe stukkie logika dié wat nie verstaan hoe politiek in Afrika werk nie? Dat dit meer realisties is om te aanvaar die ANC sal hom oorgee aan blaampolitiek wanneer die kritieke punt bereik word waar genoeg kiesers so keelvol is dat hy die bewind by die stembus kan verloor. Want dis mos wat Bob Mugabe gedoen het. Toe sy stoom teen 1999 finaal opraak, het hy die skuld op die Weste en die wit Zimbabwiërs gepak en die kommersiële boere se plase afgevat. En sy land geruïneer. In sy benepe denkwêreld het die moontlikheid nie bestaan dat ’n ander party in ’n oop en regverdige verkiesing die bewind by Zanu-PF kon afneem nie. Die groot vraag is of die ANC dié denkwêreld deel. Wat dink mnr. Jacob Zuma byvoorbeeld régtig, en wat bedoel hy eintlik wanneer hy sê “die ANC sal regeer tot Jesus weer kom”? Ek dink nie dié somber scenario sal sommer in Suid-Afrika realiseer nie. Maar dan moet daar begin word om ’n land anderkant die ANC te verbeel en te visualiseer. Of dit sál gebeur, kan niemand sê nie. Dis ’n dinamiek wat primêr in die swart gemeenskap en gemoed gevoer sal word, indien wel. Elke verkiesing sedert 1994 het aan die ANC behoort, by wyse van spreke. Aanstaande jaar kan dit anders wees. Veral as ’n breë koalisie van opposisiepartye tot stand kan kom wat die nie-ANC-stem merkbaar verhoog. In so ’n geval kan die ANC steeds die meeste stemme kry, maar hy sal nie weer die uitblinker wees nie. Dalk word die einde van die morbiede cliché “die ANC gaan nog lank regeer” dan ingelui.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|