News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
    Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  4°C  25°C
Kpstd  15°C  24°C
Dbn  17°C  26°C
Jhb  6°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

22/03/2008 14:39  - (SA)  
Jacob Rooi: Gemengde koshuise kan ’n leerskool wees
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Jacob Rooi

Watter opoffering moet wit eerstejaarstudente maak as hulle in dieselfde koshuis as swart studente moet woon?

Sal daar van hulle verwag word om hul kultuur prys te gee? Hul taal, musiek? Hul menswaardigheid? Hul geloof?

’n Briefskrywer sê verlede Sondag in Rapport koshuisintegrasie is onmoontlik weens kultuurverskille. “Hoe gemaak met ’n Afrikaanse student wat na die rugby op televisie wil kyk en ’n Xhosastudent wat na die sokker wil kyk?”

Ander briewe het merendeels dieselfde strekking. Ek haal aan uit Mandi Potgieter se lang brief oor die “gefrustreerde jong men-se” wat gedwing word om te integreer:

“Hulle (die wit jeug) smeek al hoe lank: ‘Asseblief, hou ons koshuise wit.’ Hulle wil nie saans ná klas luister na kwaito en hoenderpote eet nie, hulle wil vleis braai en na Bok van Blerk luister.”

Sjoe, dit klink soos die taal van 20 jaar gelede.

Maar, ek het begrip vir studente wat saam met hul “volksgenote” wil verkeer, braai en na musiek wil luister.

Maar vra ook: wat verhinder hulle om dit tog te doen? Hulle kan steeds vermy wie hulle wil en verkeer saam met wie hulle wil, al woon hulle in ’n gemeng-de koshuis.

Bruin mense se kultuur verskil nie hemelsbreed van dié van wittes nie – en tog moes ons jare gelede as studente koshuise deel met swart studente.

Dit was nie vir ons ’n probleem waar om rugby te kyk nie, ook nie vir die swart studente om ’n televisie te soek waar mede-sokkerliefhebbers verkeer nie.

Ek was byvoorbeeld nie net saam met swart studente in ’n UWK-koshuis nie, ek het een as kamermaat gehad.

Had ek dalk ’n keuse, het ek waarskynlik iemand van my tuisdorp verkies – maar ons het gevat wat ons gekry het.

Ek het van ’n Afrikaanse plattelandse dorp gekom, hy van Johannesburg. Ek was erg Afrikaans en hy Engels. Ek het vir die koshuis rugby gespeel en hy sokker. My musieksmaak was nie syne nie en daarom het hy my radio soms ongenooid sagter gedraai.

Ek onthou enkele gevalle van frustrasie en misverstand, maar dis tog op broederlike wyse opgelos. Uiteindelik hang dit maar van jou gesindheid en benadering af.

Dit het nie ’n greintjie aan my taal, kultuur, geloof of wat ookal verander nie. Inteendeel, ons moes leer om ruimte te maak vir mekaar – soos wanneer een van ons wou studeer en die lig brand terwyl die ander een wou slaap.

En ná die studie? In die verlede het jy na jou apartheidsbuurt gegaan en daar begin werk. Nie meer nie.

In die skool, die kerk, selfs in die gimnasium en sauna beland jy dalk deesdae langs iemand van ’n ander kultuur.

Maandagoggend sit ek in ’n bank en kyk hoe mense van alle rasse daar saamwerk, ongeag hul velkleur en taal. Ek dink toe is dit nie waarvoor ons kinders reeds op skool en koshuise moet voorberei nie – om hul plek in ’n multikulturele samelewing vol te staan.

Nog ’n briefskrywer, A.L. Esterhuyse, sê: Swart studente, nes wittes, is veronderstel om ná hul studie die pasaangeërs in die samelewing te wees.

Die skrywer Phyllis McGinley sê: Kompromieë … is wat nasies groot maak en huwelike gelukkig.

Oor koshuise sal kompromieë aangegaan moet word – en dus sal daar vooraf na alle besware geluister moet word.

Uiteindelik sal die meeste wit studente seker private blyplek gaan soek.

Maar aparte koshuise hou myns insiens die potensiaal van groot konflik en polarisasie in.

Die wyse van die inwerkingstelling van gemengde koshuise kan die sukses of mislukking daarvan bepaal.

Dit behoort geleidelik en sonder dwang te geskied.

Omdat alle studente deur ’n tydperk van onsekerheid gaan as hulle die universiteit betree, moet dié in koshuise begeleiding ontvang.

Streng reëls moet geld en aan die hoof van die koshuise behoort mense te wees met mensekennis en leierseienskappe.

Wat is die prys vir ’n wit student om in dieselfde koshuis as ’n swart student te woon?

Dalk tydelike ongemak.

Maar hulle sal leer om te deel, want hulle moet ’n land deel.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo