News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
    Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  24°C
Kpstd  15°C  24°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  7°C  23°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 11:55  - (SA)  
Koos Kombuis: Die gebed van ’n vrydenker
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Koos Kombuis

Nou die dag nooi iemand my na ’n byeenkoms van ateïste.

Een ná die ander het ateïste opgestaan om te getuig van hul ongeloof.

“Ek was jare lank ’n getroue kerkganger en Christen . . . ek het die vreeslikste dinge gedoen . . . ek het geld geskenk vir sending, ek het my kinders gedwing om te bid . . . toe, eendag, sien ek die lig!”

“Dis soms vir my moeilik om nie in God te glo nie . . . nou en dan wil ek terugval in my ou gewoontes. Maar dan dink ek aan julle ouens hier . . . en dan weet ek! Ek is reg! Weg met godsdiens!”

Hierdie vertelling is natuurlik fiktief. Daar is nie iets soos ’n ondersteuningsgroep vir ateïste nie.

Dis juis een van die dinge wat ateïsme nogal aantreklik maak. Mens kry nie ateïstiese traktaatjie-uitdelers, ateïstiese lekepredikers in treine of ateïstiese selfmoordbomaanvallers nie.

Meestal voel ateïste nie so sterk oor hul gebrek aan geloof as wat gelowiges voel oor hul geloof nie. Hoekom moet hulle? Dis nie asof daar plek vir net 144000 ateïste in die hel is of so iets nie. Ateïste is nie gevul met ’n gevoel van dringende verantwoordelikheid vir die siele van hul medemens nie, want ateïste glo nie in siele nie. So eenvoudig soos dit.

Deesdae is dinge egter besig om te verander.

’n Fenomeen wat ons “militante ateïsme” kan noem, is deesdae besig om kop uit te steek. Of, as dié woord te sterk is, noem dit dan “sekulêre intoleransie”.

Hierdie nuwe tendens kom al ’n rukkie aan, maar dit het eers werklik gevestig begin raak met die publikasie van Richard Dawkins se baie invloedryke boek The God De-lusion.

Dit het ateïste oor die hele wêreld ’n stem gegee, selfvertroue, ’n fokuspunt. Vir die eerste keer kry mens deesdae iets soos fanatiese ateïste. Uitlatings wat deur ateïste gemaak word in die media, soms deur bekende persoonlikhede, is geneig om blatant agressief en selfs beledigend te wees teenoor gelowiges.

Natuurlik is daar ’n fyn lyn tussen iemand anders se geloof in twyfel trek, of selfs satiriseer, en iemand se geloof ongenadig afkraak. Ek het nog geen statement van Steve Hofmeyr gelees wat verder gaan as satire teen ’n skynheilige kerk of die bevraagtekening van mensgemaakte idees oor God nie.

Ek hoop en vertrou dat my eie verskeie skryfsels, hoe subversief hulle ook al soms is, ook nooit daardie lyn oorgesteek het waar die ongelowige Thomas verander in die verraderlike Judas nie.

Want tussen my en julle, ek is besig om deesdae net so bang te word vir ateïste as vir godsdienstige mense. Demmit, hulle wil net eenvoudig nie meer nee vir ’n antwoord vat nie! Hulle is so seker hulle is reg!

Of is hulle?

In die tyd voor Copernicus was die Westerse mens seker dat hy alles geweet het van die sterrekunde. Die son en sterre en alles in die heelal het om die aarde gedraai.

Ons is in sewe dae vervaardig deur ’n persoonlike God, en die mensdom was die middelpunt van die skepping.

Net so was die intelligentsia van Newton se tyd doodseker dat hulle alles verstaan van basiese wiskun-dige en natuurwette, en dat daar nog net ’n paar besonderhede ingevul moes word . . . maar toe kom Einstein. Newwermaaind Einstein, toe kom kwantumfisika!

Ateïste glo deesdae onwrikbaar dat hulle alles weet, en dus kan hulle met onwrikbare gesag die bestaan van God aflag.

Hulle is kompleet soos kinders wat op die ouderdom van agt of nege vir die eerste keer besef daar is nie iets soos Vader Krismis, die tandemuis en kabouters nie en dan hul maatjies met hierdie nuutgevonde insigte martel!

Die hemelskreiende paradoks van hierdie situasie is die feit dat hulle die gevaar loop om net so dweepsugtig te raak soos sommige van die gelowiges wat hulle veroordeel.

Vrydenker sal ek altyd bly, satirikus is ek in my wese. Maar nooit, ooit wil ek my skuldig maak aan die misdaad van fundamentalistiese ongeloof nie. Mag Wie ook al in charge is van die universe my terughou van daardie sonde . . .

Amen. Of hoe sê Breyten dit nou weer? “Aaa mens . . .”

* Ek is baie jammer as ek gerugte oor die doen en late van die metro-polisie verwar het met gerugte oor die doen en late van die Gordonsbaai-polisie. Ek is baie verlig dat die gerugte oor die Gordonsbaai-polisie, soos ek dit uit koerantberigte verstaan het, dat hulle vleis verkoop uit hul aanklagkantoor, nie waar is nie.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Waarheid vs Opinie, 04/05/2008, PierreS
Die probleem is dat die waarheid die dwaas se aartsvyand is. Die waarheid is geheel losstaande van enige opinie. Die dwaas in die kombuis dink hy weet hoe lyk die binnekant van die woonkamer langsaan, en hy bepeins dit, alhoewel hy nog nooit sy voet daarin gesit het nie. Hy grond dus sy kennis van die woonkamer op eie denkbeelde, of die opinie van ander. Hy kan net die onverwronge beeld van die woonkamer ontdek wanneer hy die dag hy uit sy verweerde filosofie-leunstoel opstaan, om self die woonkamer stap vir stap te gaan verken. Soeke na, en kennis van, YHWH, verg baie meer werk as die vlaksinnige, heidense gebrabbel - meermale geklee in 'n christelike gewaad - waarmee die mensdom homself deesdae ophou. Dit vereis, ja, vereis, voortdurende, toegewyde studie en 'n karakterverandering om oor die drumpel die ewige lewe in te tree. Dis nie vir sissies nie: miljoene het oor die eeue heen afskuwelik gesterf vir hierdie voorreg.
ateisme, 04/05/2008, Braam
Richard Dawkins en fundamentalistiese gelowiges en ongelowiges sal baat met die lees van Karen Armstrong en Thomas L Thomas se insigte oor die ontwikkeling van godsdiens en wat en hoe ons behoort te wees. Meer verdraagsaam met wat ook al die geloofs oortuiging. Samelewings het gefloreer in tye wat Muslim, Jood en Christen toegelaat is om hulle eie ding in n inklusiewe samelewing te doen. Een se wonderwerk is n ander se science.
fundamentalisties ateisme, 04/05/2008, Tannie van 60+
Stem met Koos K saam: ons vrydenkers/ongelowiges moet nie tot die vlak van gelowige fundamentaliste daal nie, maar immer soek na nuwe kennis en dit bekend maak, selfs aan diegene wat nie wil hoor nie EN die andersdenkende gelowiges altyd met agting behandel. Die gedrag was nog altyd kenmerkend van vrydenkende ongelowiges, wie dikwels meer eties lewe; die ekologie help bewaar en beroepe beoefen tot voordeel van die ganse mensdom.
"Vrydenkers",en ander ateistiese dwepers, 04/05/2008, Gert Cornelissen
Koos, jy is reg oor die dweepsugtige en militante tendense in baie ateiste soos Dawkins en sy dissipel George! Die wortels van enige(insluitende godsdienstige) dwepery en fanatisme is n gebrek aan oortuiging gemeng met n 'gesonde' mate van arrogansie. jy is ook reg dat ons feilbare ou mensies maar liewers baie nederig moet wees, want so dikwels is dit wat ons dink "lig" is maar nog steeds "duisternis" En dan Koos; 'vry'-denkers(vry van wat?) is diegene wat in nederigheid hulself tot Christus gewend het, want "As die Seun jou vrygemaak het..."
Almal glo 'n storie, 04/05/2008, Piete
Ek het nog nie 'n enkele ateis teengekom wat nie aan een of ander wonderwerk glo nie. Of dit nou die skepping(Big Bang uit niks), die kwantumfisika, Darwin, Dawkins se onbekendes, "IT" of wat ook al is nie. Is daar regtig iets soos 'n ateis?
ateisme, 04/05/2008, ajj
Daar vind hoeveel duisende genesings wondere plaas wat medies bevestig word dog steeds medies onverklaarbaar is - hoe moedswillig kan 'n mens weier om te glo? Vra Rapport lesers vir 'n blits opname! Aanklag teen die kerk: die wereld sien te min van buitengewone omvang wat menslik onmoontlik is maar deur GOD verrig word. Wie soek sal vind!
kk, 04/05/2008, alangaum
waar was jy//? allie aptekres en techs het by Griffs gaankuier....seker mee as twintig..gehoop om jou te sien mooiBly Liefde, Al
Dawkins is nie nuut nie, 03/05/2008, Leendert van Oostrum
Dit is waar - mens merk die onverdraagsame, fundamentalistiese ate?e deesdae meer dikwels. Maar in Maoistiese China was dit staatsbeleid - in navolging van Stalinistiese Rusland, ooreenkomstig die voorskrifte van ene Karl Marx van amper 200 jaar gelede. Maar selfs die Bybel ken dit. Amper 3000 jaar gelede vertel die Psalmdigter van mense wat hierdie standpunt huldig; o.a. Ps 10:4 "Die goddelose, met sy neus in die hoogte, s?Hy ondersoek nie: daar is geen God nie...". Kyk ook Ps 14 en Ps 53. Nee, Dawkins (en sy dissipel, ons eie George Claassen) is niks nuuts nie.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo