News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
    Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  24°C
Kpstd  15°C  24°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  7°C  23°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 11:55  - (SA)  
Pollux: Thabo Mbeki en sy vader Mugabe
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

In ’n artikel oor Zimbabwe in die jongste Newsweek word verwys na die “diep persoonlike konneksie” tussen pres. Thabo Mbeki en Nare Bob Mugabe waaroor Mark Gevisser in sy biografie oor Mbeki skryf.

Luidens die artikel skryf Gevisser dié innige gevoel het ontstaan in die jare toe albei wit oorheersing met hand en tand beveg het – jare nadat die meeste Afrikalande reeds hul onafhanklikheid verkry het.

Gevisser sê Mbeki het hom vertel dat hy (19 jaar jonger as Mugabe) die ouer man as ’n “vaderfiguur” beskou.

Eisj! Met só ’n “vaderfiguur” wonder Pollux wat sou die uiteinde van onse prez – en ons! – gewees het as die ANC-kaders nie so wyslik by Polokwane ingegryp het nie . . .

Zuma die invloedryke

Pres. Thabo Mbeki bel die afgelope week sy ou kameraad en nuwe leier Jacob Zuma nadat hy verneem het Zuma is as een van die tydskrif Time se invloedrykstes vir 2008 aangewys.

Mbeki, ná die gelukwensing, en die gewone uitvra oor hoe dit met die vroue gaan: “Nou, mmm . . . kameraad, ek wil nog ’n paar ander sakies bespreek, maar sê my, waaroor het jy die toekenning gekry?”

Zuma: “Kameraad, laat ek my brille kry . . . sien . . . ek het self nog nie gelees nie, maar hulle sê hier: Zuma het iets reggekry wat ongewoon is in Afrika . . . om ’n magtige ampsbekleder vreedsaam tot ’n val te bring.”

Zuma hoor ’n klikgeluid. “Hallo? Hallo, kameraad, is jy daar?”

So ’n geliefde ou Steve!

Pollux sien die sanger-politikus Steve Hofmeyr maak soos die ou bang boelie Karel Nel altyd op skool gemaak het: Hy som op met wie hy skoor moet soek.

Steve was weer in ’n onderonsie met ’n joernalis toe hy Gavin Prins van Rapport Woensdagaand by ’n musiekkarnaval op Loftus Versfeld aan die keel beetgekry het.

Hy het die skralerige en lig gestremde joernalis Jan-Jan Joubert ’n paar jaar gelede by die KKNK ook so hardhandig bygekom.

Pollux wonder net: Wanneer vat ou Steve ’n slag iemand van sy eie portuur of selfs ’n bie-tjie groter?

Is dit lekker om ’n vrou te slaan?

Van slanery gepraat. ’n Londense polisielid wat sy vroulike kollega oor die skoot getrek en haar op die outydse manier gewiks het, het in die hof verskyn.

Sy was glo “stout”, was sy verweer toe hy op aanklag van seksuele aanranding verskyn.

As Pollux hom gratis regsadvies kan gee: Sê dit was vertroeteling – die hand was meer op die sitvlak was as in die lug . . .

Mugabe gaan Bulls afrig

Die Bulls-kamp is ná hul talle Super-14-nederlae nog glad nie in sak en as nie. Hul nuwe plan is om die afrigter te vervang.

Deur niemand anders nie as ene Robert Gabriel Mugabe.

Verloor hulle, hoef hulle nie die telling ná die wedstryd bekend te maak nie . . .

Plattelands en Ingels

Dit is die Engels-juffrou is eerste oggend in die klas in Porterville en sy sê: “Good morning, class”.

Net een outjie spring op en sê: “Good morning, miss”.

Juffrou vra hom hoekom dan net hy geantwoord het.

Seg hy: “Because I is the only one whose name are Klaas, miss.”

Hulp om huis toe te gaan

Twee van daardie bedelaars wat met hul bordjies by besige straatkruisings staan, vergelyk eendag hul inkomste. Die een ou sê hy leef baie gerieflik, het sy eie huis en motor en sy kinders is in goeie skole.

Die ander ou kan dit skaars glo. Hy maak op sy beste dae skaars R50.

“Wys my jou bordjie,” sê die suksesvolle bedelaar. Daarop staan: Geen werk, geen geld, 5 kinders om kos te gee. Help asseblief. God bless.

Die suksesvoller een wys toe vir die sukkelaar sy bordjie. Daarop staan:

Ek is ’n Zimbabwiër. Ek wil graag huis toe gaan, maar ek kort net R10.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo