News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
    Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  24°C
Kpstd  15°C  24°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  7°C  23°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 11:55  - (SA)  
Maretta Bellingan: Meeste mense is ver annerkant gatvol verby
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Maretta Bellingan

Verskoon my as ek nie die riel dans en vir me. Susan Shabangu ’n gerf aronskelke bestel nie. Ons is almal siek en sat vir die misdaad. Onskuldige mense word daagliks wreed vermoor, verkrag en beroof. Maar die adjunkminister van veiligheid en sekuriteit se omstrede uitlatings ’n week of twee gelede laat my nekhare rys.

Haar woorde, skiet om dood te skiet, was skaars koud of metropolisielede in twee ongemerkte motors brand los op ’n 20-jarige muurbalafrigter van Benoni. James-Thomas Geldart is ernstig gewond tydens die woeste jaagtog en is volgens ’n woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie agtervolg omdat hy ’n rooi verkeerslig veronagsaam het.

Hierdie oorywerige wetstoepassers se voormalige hoof Robert McBride is al hoe lank met spe-siale verlof terwyl verskeie aanklagte van ongerymdhede teen hom ondersoek word. En die voormalige kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Jackie Selebi, is geskors weens sy beweerde betrokkenheid by misdadige aktiwiteite.

Verlede naweek is ’n jong meisie in Mitchells Plain in hegtenis geneem omdat sy ’n bietjie dagga in haar beursie gehad het. In die tronkselle is sy deur ’n polisieman verkrag.

En vir hulle wil die geagte adjunkminister ’n licence to kill gee? Daar is gewis baie eerbare en hardwerkende mense in die polisie en ’n paar vrot appels beteken nie die hele oes is sleg nie. Maar as jy my vra, me. Shabangu, trek eers die onkruid uit jou eie agterplaas uit voordat jy die hillbillies op die crooks loslaat.

’n Week gelede vaar 39 polisiemanne die strate van Somerset-Wes in en neem 30 onwettige immigrante in hegtenis wat as straatsmouse ’n lewe probeer maak. Volgende dag is daar pragtige foto’s van die klopjag in die koerant.

Ek wil vir kapt. Paul Killian, wat die polisie se optrede verduidelik deur te sê mense word gereeld by verkeersligte beroof, uitdaag. Kaptein, staan jy bietjie twaalf uur lank op jou voete met ’n metaalskoenlapper of twee in elke hand. Probeer jy dag in en dag uit klerehangers en vullissakke aan ongeduldige motoriste verkoop.

I bet my bottom dollar dat die meeste gevaarlike misdadigers (veral in die stede) bedags lê en slaap of iewers sit en dagga rook tot die son sak. Die res breek by huise in terwyl die inwoners by die werk is.

Die meeste straatsmouse probeer op ’n eerlike en uiters ondankbare manier ’n paar rand verdien. Dit skeel my min as hulle onwettig in ons land is. As ons president murg in sy pype gehad het, was dit nie vir hierdie mense nodig om uit hul land te vlug nie. Wat, wonder jy, is mnr. Mbeki se definisie van ’n krisis?

’n Mens kan net met afgryse sit en toekyk hoe ’n karikatuur van ’n Mugabe soos ’n uitgevrete kat die karige oorblyfsels van sy land soos ’n halfdooie muis tussen sy pote rondgooi. Terwyl ons geagte president hom oor sy kop streel.

En verskoon my as ek nie die riel dans en vir mnr. Jacob Zuma ’n sak vergulde kondome stuur nie. Dis alte maklik om beloftes te maak wat jy nie nou hoef na te kom nie. Hy kan dalk eendag ons stoutste verwagtinge oortref, maar daar moet nog baie water in die see loop voordat wolf kan aansoek doen om die pos van skaapwagter.

Ag nee wat. Verskoon my as ek glad nie lus voel vir dans nie. Soos baie ander is ek ver annerkant gatvol verby.

En as ek vir iémand blomme moet stuur, sal dit vir ’n man genaamd Hippy wees.

Dertig jaar gelede het ’n jong arbeider wat ’n ruk lank vir Piet Trautman van Tokai in die Kaap gewerk het, R100 by sy werkgewer geleen. ’n Paar maande gelede klop ene Hippy aan Trautman se dogter se voordeur. Die gesin het intussen verhuis en hulle weet nie hoe Hippy die nuwe adres opgespoor het nie, maar hy wou weet of dit meneer Trautman se huis is en het ’n koevert in sy dogter se hand gestop.

In die koevert was R100 en ’n handgeskrewe briefie.

Liewe Mineer Trautmann, ek is bai jammer dat ek nou eerst mineer se honderd rand kon bring. Baie dankie dat mineer so geduldig gewag het. Ek hoop dit gaan nog goed met mineer and family.

Dankie Hippy dankie. As dit nie vir mense soos jy was nie, het ek handdoek ingegooi. Of vreeslik begin drink. En glo my, ek kan nie een van die twee bekostig nie.

mbelling@rapport.co.za



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo