News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
    Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  24°C
Kpstd  15°C  24°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  7°C  23°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 11:55  - (SA)  
Johann Maarman: Zuma-kliek spin tevrede oor buit
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Johann Maarman

As ek adv. Dali Mpofu, groephoof van daai ANC-gekontamineerde openbare uitsaaier was, het ek nie net my hoed oor my oë getrek nie, maar sou sommer my hoed, baadjie én aktetas met toebroodjies en al gevat en geloop het.

Ek sou nie Woensdagoggend gebodder het om nog my retoer-kaartjie van Johannesburg na Kaapstad by die ontvangstoonbank te loop afhaal nie. Die skrif was reeds aan die muur vir Mpofu, maar hy het gereageer soos ou koning Belsasar toe hy die skrywende (ANC)-vinger teen die muur gesien het.

Iets tussenin soos “sy knieë het teen mekaar geslaan en hy het hardop uitgeroep …”

Mpofu is die afgelope week in die Praathuis in die Kaap gekasty deur daai spul Jacob Zuma-patterjots in die parlementêre komitee oor kommunikasie. Natuurlik het die “nuwe” Zuma-bekeerlinge in dié portefeulje-komitee skielik nou hul stem teruggekry ná die Groot Uitskud in Polokwane.

Onder die Mbeki-bewind was hulle alte veel broekspyp-dansers terwyl dr. Essop Pahad lustig die viool gespeel het.

Die eerste aanduiding dat Mpofu en die SABC-raad rooi tapyt sou eet was toe mev. Lumka Yengeni, vrou van die piere-waaier-bedrieër Tony Yengeni, vroeg reeds rooi gesien en versoek het dat die hele SABC- uitvoerende raad na die Kaap opgekommandeer word.

En ons weet waar Mevrou se lojaliteit lê – en dis beslis nie by Mbeki en Pahad nie.

In Luthuli-huis spin die Zuma-kliek seker tevrede, want die buit is binne bereik. Laai die openbare uitsaaier (dit is veronderstel om dít te wees) se raad met soveel Zumaniete en kry die beheer oor een van die belangrikste hefbome in die land.

Vandaar die oproepe op Mei-dag van Cosatu, die SAKP, asook dié se jeugliga, dat die hele boksemdais van die SABC-raad moet bedank.

Dit maak ’n mens skaam, want aan die een kant word tog so mooi gevra dat pres. Robert Mugabe sy greep op die staatsbeheerde televisie en koerante moet verslap, maar aan die ander kant woel ons lustig voort met presies dit waarteen ons ander waarsku.

Die portefeuljekomitee oor kommunikasie het geen ruggraat nie. G’n haan onder hulle kraai toe Mbeki die nuwe SABC-raad onder hul neuse stoot nie. Hulle het dit sonder teenspraak gekondoneer, want die chief het sus en so gesê.

Hierdie manne en vroue maak ’n mens moedeloos.

Dit is maklik om die portefeuljekomitee oor kommunikasie met baie vloekwoorde te kenskets – lafhartigheid, papbroekigheid, verraad en so meer.

Maar wat die ergste grief en die meeste skaam maak, is dat hulle sulke politieke onvolwassenheid aan die dag lê.

Baie van ons politici se gebrek aan ’n intellektuele houding is werklik ’n groot verleentheid. Dit het niks te make met geleerdheid nie. Dit is eerder nugterheid en objektiewe berekening.

Ons soek by die ANC en al sy politieke soldate ’n politieke rypheid pleks van ontroue bangbroeke en manteldraaiers (soos die portefeuljekomitee).

Niemand het respek vir mee-lopers en napraters nie. Onder die Mbeki-bewind was Mpofu albei en veel meer.

As Mpofu en die SABC-raad gedink het hulle was hierdie week in ’n mini-oorlog met die portefeuljekomitee oor kommunikasie betrokke, het ek nuus vir hulle. Dit was maar net ’n lentereëntjie, die storm kom nog. John Donne se gedig is gepas vir Mpofu en die SABC-raad: “Ask not for whom the bells tolls; it tolls for thee.”

Gehoor, adv. Dali?


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo