| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 11:55 - (SA)
Flip Buys: Suid-Afrika verdien iets beters as blaamkultuur
Waarom wil die regering nie erken dat geweldmisdaad die hoofprobleem in die land is, en dit met mag en mening pak en uitroei nie? Pres. Thabo Mbeki het vroeër hierdie week weer onthul dat wit rassisme die eintlike probleem is. Hy sal eerder die produserende breinkrag van die land sien emigreer as om hulle genoegsaam teen geweld te beskerm. Uit sy magskliek se uitlatings lei mens af dat hulle regtig glo dat wit mense wat kla oor geweld, maar net rassiste is wat nie ’n swart regering wil aanvaar nie. Die antwoord op hierdie raaisel lê waarskynlik in die sosialistiese wortels van die ANC. Natuurlik is hulle nie meer die Marxiste van vroeër nie. Saam met ander sosialistiese partye ter wêreld het hulle in die 1990’s verander van revolusio-nêre Marxiste in demokratiese sosialiste. Hulle sien sosialisme nie meer as alternatief vir kapitalisme nie. Kapitalisme word teësinnig aanvaar omdat dit bewys is as die enigste stelsel wat genoeg welvaart vir almal kan skep – mits sosialisme dit “gelyker” kan verdeel. Kapitalisme moet die ekonomie laat groei sodat daar met dié welvaart ’n sosialistiese welsyn-stelsel gefinansier kan word. Marx het geglo dat ongelykheid en armoede die grootste krisis ter wêreld is en verontregting deur die stelsel die oorsaak. Die probleem is dat “Die Stelsel” die mense verdruk, en die oplossing is om dit omver te werp. Vir Afrika se vryheidsvegters was die probleem kapitalistiese koloniale uitbuiting, en die oplossing onafhanklikheid en Afrika-sosialisme. Die ANC se doel was nooit net om politieke geregtigheid te bewerk deur die afskaffing van apartheid nie, maar tegelykertyd “ekonomiese geregtigheid” deur die instelling van sosialisme. Die demokratiese sosialiste sien die probleem en die oplossing nie meer so dramaties soos Marx nie. Die revolusionêres het hervormers geword. Die kapitalisme hoef nie omvergewerp te word nie, net hervorm word. Maar die ideologiese DNS is nog daar. Ongelykheid is steeds gelyk aan onreg. Armoede spruit uit verontregting deur die “stelsel” en die oplossing is nog om dit deur staatsingryping en herverdeling “reg te stel”. Hierdie hervormers sien die oplossing vir armoede nie eerstens deur die verhoging van die armes se produksievermoë deur beter opleiding nie, maar deur die verhoging van hul verbruik deur welsynstoelaes. Die vraag ná ekonomiese mislukking is steeds nie “wat doen ons verkeerd en hoe moet ons dit regstel?” nie, maar “wie het dit aan ons gedoen en wat moet ons nou aan hulle doen?”. Daarom kan transformasie nie werk nie. Dit ontmagtig “reggestelde” produsente en laat munisipale dienste platval en verhoog verbruik omdat die Land Bank se nuwe bestuur net salarisse verbruik en nie produseer nie. Die sosialistiese DNS sê nie soos die Christelike naastediens “wat myne is, is joune” nie, maar “wat joune is, is myne”. Dit is nie “ek is arm en jy is ryk” nie, maar “ek is arm, wánt jy is ryk”. Dit is die mees ontmagtigende ideologie tot nog toe omdat dit verskonings vir mislukking bied, maar nie verantwoordelikheid aanvaar vir oplossings nie. Dit verkies die gelykop verspreiding van armoede bo die ongelyke verdeling van rykdom. Demokratiese sosialiste gebruik die hardeware van kapitalisme, maar wil met die sagteware van sosialisme hul doelwitte bereik. En misdaad? Dis in wese nie die oortreder se skuld nie, maar spruit uit die ongelyke stelsel wat die slagoffers geskep het. “Hulle” is onregmatig bevoordeel deur “ons” voorheen te benadeel. Die oplossing is nie om misdaad te beveg nie, maar om die armes te bemagtig. Die doel van die owerheid is nie om veiligheid te verseker nie, maar om gelykheid te bewerkstellig. Dis noodsaaklik om die ekonomie te laat groei, meer werk te skep, die armes in die voorspoed te laat deel en ongelykhede te verklein. Maar die voorwaarde hiervoor is ’n regering wat die lewe en belange van die breinkrag wat dit moet laat gebeur, net so toegewyd dien en beskerm as dié van die armes. Maar dan moet hulle afskeid neem van oupa en ouma se sosialistiese blaamkultuur. Suid-Afrika verdien iets beters.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|