News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
    Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 14:27  - (SA)  
Andries Bezuidenhout: Die stilte se ewige repliek
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Ons ry deur Springfontein, op soek na die konsentrasiekamp se kerkhof. Dit sal nie help om te stop om aanwysings te vra nie, want dis ’n openbare vakansiedag en al die winkels is toe.

’n Koue wind waai oor die Suid-Vrystaatse vlaktes. ’n Rukwind klits ’n stofwolk die lug in. Plastieksakke sit soos gespande seile teen die draadheinings. Op ’n stasiegebou se sinkdak sit mans in die flou lig van die son, waarskynlik besig om roes af te skraap of om skroewe vas te draai.

Ek sien iets wat soos ’n monument lyk en ry nader. Die stofstraat kronkel verby die vervalle winkel van ’n algemene handelaar. Die deure is toe en die hekke is met ’n slot en ’n ketting gegrendel. Teen die heining patrolleer drie groot honde op en af. Hulle blaf nie, hulle staar net.

Ons stop by ’n hek. Letters is uit metaal gesny en bo-op die hek aangebring: “Vroue konsentrasiekamp wasklip en klok.”

Die ysterpale van ’n stukkende heining staan en roes. Ons neem aan die sementblad, wat eenmaal hier omhein was, is die wasklip waarna verwys word. Daar is ook ’n metaalpyp met ’n haak wat in ’n stapel klippe staan. Die klok was seker daaraan vas.

Ek trek die klitsgrasse van my broekspype af en klim weer in die kar. Ons soek verder, vind ’n verroeste bord wat vaagweg die rigting van die kerkhof uitwys. Ons ry met ’n brug oor die treinspoor en volg nog ’n paar verweerde kennisgewings. Die grondpad ry eers langs die spoorlyn af en swenk dan van die dorp af weg.

By iets wat soos ’n rioolplaas lyk, moet ons links draai. Dit lyk nie of baie mense nog hierlangs ry nie. Uiteindelik spoor ons die kerkhof op. ’n Ingang is van bakstene aanmekaargemessel. Ons wikkel ’n stuk draad los om die hek oop te maak.

Reg langs die hek is ’n herinneringstuin. ’n Kennisgewing sê dis opgerig ter nagedagtenis aan die vroue en kinders wat hier gesterf het. Van die tuin is daar nou min oor. Die grasveld en bossies het weer oorgeneem. Die name van die kamp se slagoffers kan ’n mens darem nog op ’n granietgedenksteen lees.

Daar is baie name; kinders en volwassenes apart. Die kinders is verreweg in die meerderheid. Dis meestal Doppervanne – Van der Walt, Coetzee, Venter, Du Plessis.

Ons stap deur die gras om na die grafte te kyk. Eers kom ons ’n groot aantal grafte van ons eertydse vyand teë; gesneuwelde Britse soldate. Die grafstene het Engelse en Skotse vanne, asook die name van eenhede waarin hulle baklei het. Daar is baie van hierdie reghoekige granietstene met slegs die woorde “Unknown British soldier.”

Aan die agterkant van die kerkhof is die Boeregrafte. Iemand het jare gelede reghoekige konstruksies van baksteen en sement bo-op elke graf aangebring. Die sementblaaie, wat seker eenmaal in die son geblink het, verslyt nou in die wind en weer. Op plekke is daar meerkatgate wat tot onder die blaaie loop.

Die meeste grafte is naamloos. Hier en daar het families – jare later – gedenkstene met name aangebring. Maar selfs van hierdie gedenkstene lyk nou gehawend.

Wat sou ’n mens oor hierdie hartseerplek kon sê? Dekades gelede het mense seker toesprake hier gemaak. Hulle het die dooies se swye met manifeste en traktate beantwoord. Hier het vlae gewapper en tuine is aangelê.

Ek kyk vir Irma waar sy tussen die stukkende grafte stap. Die wind pluk aan haar groen jas en waai haar hare deurmekaar. Haar pa het ’n gedig geskryf oor die stilte se ewige repliek.

Nou is hier net stilte; dít, die hoë lug en die vlaktes. En dis dalk die beste repliek op die mensdom se voortvarendheid en oorlogsugtigheid.

Wat sê jy nou vir Jacomina Venter, twee maande oud? Jy weet nie eens in watter een van die honderde grafte sy begrawe is nie.

Miskien is dit nou tyd dat ons hierdie volksgenote met rus laat. Miskien is die verval en verweer van die tuine en strukture wat hier opgerig is die enigste sinvolle antwoord wat ons die geskiedenis kan gee.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Konsentrasiekampe , 12/05/2008, Ronel Oberholzer
Die propaganda en arrogansie van die Britse oorlogsmasjienerie het `n eeu na die Boereoorlog nog glad nie vervaag nie. In 1999 skryf die koerant The Independant : South African ultraright-wingers reacted with fury yesterday to the Queen's failure to apologise for Britain's role in the death of 28,000 white women and children in concentration camps during the Boer War. Met ander woorde elke Afrikaner wie sy mond oopmaak is outomaties verregs, word vereenselwig met die AWB, en so gediskwalifiseer as ?n mens met menseregte. Is dit ?n toeval dat BBC world gedurig dokumentaarfilme oor die verregses uitsaai om ?n skewe beeld aan die wereld te bevestig? Dit klink baie soos die karikature van die vuil agterlike boere wat as gevolg van hulle eie luise in die wonderlike konsentrasiekampe gesterf het. O ja, volgens wikipedia was die konsentrasiekampe nie so erg nie, want die vrouens en kinders was nie gedwing om te werk nie. Dat baie name nie eers op lyste verskyn nie, is net verdere bewyse van die ignoransie van die agterlike Afrikaners, nie waar nie?
Springfontein se begraafplaas, 11/05/2008, Jan Lubbe
Dankie vir 'n goeie artikel oor hulle wat in die vergetelheid vervaag het; jou mymering roep 'n waarheid oor onsself, die mensdom en ons saamleef in herinnering: oor die voortvarendheid van magsbeheptheid, en hoe dit altyd weer ingehaal word, jare en dekades en 'n eeu later, en hoe die stilte dan bly weerklink as 'n vermaning. Gaan lees gerus die artikel van Prof. Dolf Britz (Universiteit van die Vrystaat) oor die godsdienstige verwerking van dit wat in die Bethulie-kamp langsaan gebeur het - aangrypend en veelseggend tegelyk (besonderhede by my beskikbaar).
Springfontein se begraafplaas, 11/05/2008, Cecil Barnard
weereens een van Roof se uitmuntende artikels. Dankie dat ons hier in die verte steeds die mooi en hartseer kan lees in Afrikaans. Groetnis Cecil Barnard
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo