| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 13 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 14:27 - (SA)
Maretta Bellingan: Jy het nie gedink jy is die kat se snor nie
Verlede Saterdag was Wêreld-persvryheidsdag en die vorige dag verskyn daar ’n rubriek deur ’n Stellenbosse dosent in joernalistiek, Simphiwe Sesanti, in die Cape Times. In sy rubriek bespreek hy die doel van die joernalis in die hedendaagse samelewing en verwys na die vloedgolf negatiewe nuus wat die media die afgelope maande oorheers het. Sesanti beklemtoon die feit dat ons in ’n moeilike tyd leef en dat ’n mens nie die donker, die hartseer en die mismoedige storie mag ignoreer nie. Dis inderdaad so dat daar baie selfsugtige, selfgesentreerde, selfs kwaadwillige mense onder ons is, sê hy. Daar is ook te veel mense in magtige posisies wat nie werklik almal se belange op die hart dra nie. Oor hulle moet daar geskryf word. Die publiek het die reg om te weet. Al dink die betrokke mense nie altyd so nie. Maar Sesanti vra met groot erns dat Suid-Afrikaanse joernaliste steeds moet bly soek na goeie, opbouende, mooi stories. Stories wat mense sal inspireer en bemoedig. Stories wat hulle hoop sal gee. ’n Mens doen maar wat jy doen omdat jy dit nog altyd gedoen het. Of jy nou tamaties plant of met woorde woeker. En jy dink nie veel daarvan of daaroor nie. Maar dan lees jy so iets en dit bring introspeksie. Ek dink nie die hedendaagse joernalis besef aldag hoeveel invloed hy het nie. Hoeveel goed hy kan verrig, maar ook hoeveel skade hy kan aanrig. Ek dink nie joernaliste besef aldag hoe bevoorreg hulle is en met hoeveel ontsag hulle eintlik hul beroep moet bejeën nie. Ek dink óók nie joernaliste besef aldag hoe belangrik hulle en hoe ónbelangrik hulle terselfdertyd is nie. My eerste jare as joernalis, en dit was darem nie só lank, lank gelede nie, was sekerlik van die bevredigendste in my loopbaan. Die opwinding daarvan om iets voor enigiemand anders te sien, beleef of hoor, is die dwelm waaraan ’n jong verslaggewer baie vinnig verslaaf raak. (Dis ook die enigste dwelm wat hy gewoonlik kan bekostig.) As jong joernalis het jy behoorlik in jou spoor getrap. Jy het gewerk tot jy omval en dan gevra wat’s volgende? Jy het nié gedink jy’s die kat se snor nie en iemand met ’n ego se tjank is vinnig afgetrap. Dit was natuurlik nog die goeie dae waarin koerante nie moes meeding met die afleidings van moderne tegnologie en met ingehoue asem sit en kyk hoe die verkoopsyfers daal en daal en daal nie. Dit was ook die dae toe joernaliste nog joernaliste was en celebs die mense oor wié hulle geskryf het. Joernaliste het diep en hard gegrawe om hul stories te kry, maar ek vermoed hulle was minder desperaat om die koerant se voorblad te haal met stories wat nóg vis nóg vlees is. Of met stories wat soms so deurtrek is van die skrywer se eie vooroordeel dat hy die leser subtiel, maar doelgerig saamsleep. Jy sou dit ook nie waag om ’n storie saam te flans uit die berigte wat reeds in ander publikasies verskyn het nie. Of so vermetel wees om berigte onder jou eie naam te skryf wat jy uit ’n persverklaring oorgeskryf het nie. Net om te probeer voorgee dat jy vreeslik hand om die blaas is met ’n bekende. Want j? weet daar is altyd iémand wat weet. As jy jou nuusredakteur kon flous en jou leser ’n rat voor die oë draai, het jy nog nie die persoon wat die persverklaring saamgestel het, geflous nie. En ’n ding het maar altyd ’n manier om ’n ou in te haal. Ons het jare gelede lekker gelag omdat ons redakteur se sekretaresse nie kon tik nie. Maar deesdae is daar ’n merkwaardige hoeveelheid joernaliste wat nie regtig kan skryf nie. (Seker nie snaaks dat ’n noemenswaardige hoeveelheid subs hulle tot drank wend nie.) En dit blyk dat behoorlike ervaring nie meer ’n voorvereiste is nie; veral as jy ’n “naam” het, word jy sommer woerts-warts ’n rubriekskrywer en kitsjoernalis van faam. Die wêreld het verander. Joernalistiek het verander. En joernaliste het verander. Hoe dit ook al sy, die pen ís magtiger as die swaard. En daar rus ’n groot verantwoordelikheid op ’n joernalis se skouers. Simpiwhe Sesanti sluit sy rubriek af met ’n Xhosa-aanhaling: Uzulibambe lingatshoni! – moenie die son laat ondergaan nie. Met meer positiewe stories, meen Sesanti, kan joernaliste help dat die son altyd oor ons land bly skyn.
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|