News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
    Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 14:27  - (SA)  
Jakes Gerwel: ANC kan dit bekostig om ruim van gees te wees
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

’n Mens se verbystering oor die verwarring wat in regerings- en ANC-kringe heers, groei net by die dag. Hoe het dit gekom dat ’n party wat so sterk staan en een waarin dissipline en eenheid altyd veronderstel was om rigtinggewend te wees tot sulke vlakke van disorganisasie kon sink?

Gedurende die Mandela-bewindstyd moes ons dikwels bewerings aanhoor oor ’n gebrek aan koördinasie tussen die verskillende staatsdepartemente, vlakke van regering, die kabinet en die party en dies meer.

In die tyd van daardie eerste regering is daar selfs ’n sogenaamde presidensiële kommissie aangestel om die staatsdiens te hersien, en mense met hul ore in die kantoor van die destydse adjunkpresident het baie gemaak van die behoefte aan groter koördinering.

Ons, die senior lede in die kantoor van die president, het destyds nog ’n besinnende voorlegging gemaak oor die kompleksiteit van koördinering en die gevare daaraan verbonde om gekoördineerdheid met die bestaan van uitgebreide strukture te verwar.

Die morele gesag van Mandela, byvoorbeeld, was ’n kragtiger en meer effektiewe meganisme vir samewerking en dissipline as al die organisasiestrukture wat bedink kon word.

Kyk mens terug oor die afgelope paar jaar en sien jy wat tans aan die gang is, verlang jy amper terug na daardie vroeë periode van ongekoördineerdheid.

Die verhouding tussen partyleiding en regering is nie net troebel en onduidelik nie, maar hou potensiële gevare in vir voortgesette goeie bestuur en regering.

Ten spyte van die te verwelkome belofte van groter onafhanklike oorsig aan die kant van die parlement, is daar in die huidige verhouding tussen die wetgewer en die uitvoerende gesag genoeg kommerwekkende tekens van verwarrende en verwarde onduidelikheid.

Hoewel ek nie alarmisties daaroor voel nie, is daar ook senuweeagtigheid oor die amptelike houdings oor die onafhanklikheid van die regstelsel en verbintenis tot nie-inmenging in die regsprosesse.

Die nuus word oorheers deur die byna lagwekkende warboel in en om die openbare uitsaaier.

Wie aan wie se kant is, skyn belangriker te wees as respek vir regmatige prosesse en die beskerming van die integriteit van prosesse.

Dis al so dikwels gesê: in ’n komplekse samelewing soos ons s’n sal daar, en moet daar, amper altyd verskille oor uitkomste wees; dit is ons gemeenskaplike respek vir ooreengekome prosesse en prosedures wat meebring dat ons bymekaar kan bly en verskil sonder destruktiewe sosiale gevolge.

Die onverklaarbare duisterheid oor die Skerpioene, en in die besonder die Khampepe-verslag, laat mens net jou kop skud oor die gebrek aan deursigtigheid wat die standaard gaan word het in ons openbare lewe.

Hoekom is daardie verslag nie lankal openbaar gemaak nie, wonder almal. Wat het aangegaan oor Pikoli? En hopelik sal ons eendag die ware en volle storie oor Selebi hoor?

En wat onderlê al die openbare bakleiery en stoeiery tussen mense en instansies in die intelligensiedienste?

Mens dink nou weer terug aan die begin van die openbare twis tussen die nasionale vervolgingsgesag en die destydse adjunkpresident, Jacob Zuma. Ek het toe al in hierdie rubriek geskryf dat Nelson Mandela onmiddellik sou ingegryp het om toe te sien dat daardie saak beter bestuur en bedryf word.

Wat is dit in die gene van die ANC – om ’n begrip van Jan-Jan Joubert in verband met die DA uit ’n rubriek vandeesweek te steel – waarna mens sou wou reik om ons weer op koers te plaas?

Ek sou wou voorstel: daardie ou verbintenis tot insluitendheid, oor groeps- en ideologiese grense heen, en die vooropstelling van nasionale eenheid.

Daar sal besin moet word oor hoe daardie verbintenis uitdrukking vind in elke aspek van partygedrag en regeringsoptrede. ’n Party wat so sterk staan wat verkiesingsuitslae betref, kan dit bekostig om ruim en groot van gees te wees, en het inderdaad die nasionale verpligting om sodanig te wees en op te tree.

’n Eerste stap sou wees, dink ek, om deursigtigheid weer voorop te stel in ons openbare lewe.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
ANC kan dit bekostig om ruim van gees te wees, 11/05/2008, Adam Tas - Eerste Vryburger vannie Kaap
Die ANC het nie dissipline nie en sy beleid is ook uit die oude doos... Laat ek sien, die ANC "lakeie" in die SABC raad bring die ANC in verleentheid, die "sirkus" het te lekker geraak vir die "kamerade".Die Kampepe verslag en die Skerpioene saga, lyk my die "nuwe kamerade"(nuwe leiers) in die ANC gaan die Skerpioene laat onbind. Laat ons nou maar eerlik wees,die Skerpioene het hulle werk te goed gedoen, die nuwe leiers in die ANC wil die geraamtes binne die kaste hou nie uitlaat nie,is mos so, nie waar nie ? Die ANC se dag sal ook kom, waar hy uitgestem gaan word.Dit mag dalk 'n "tydjie" vat , maar daardie dag sal ook aanbreek. Wat jy saai , sal jy maai , nie waar nie? Elke regime het maar sy lakeie en politieke "spinners".Nee die ANC is nie ruim van gees nie...
ANC dissipline, 11/05/2008, Cathy Kotz?r> Ek wonder hoeveel Suid-Afrikaners deel prof Gerwel se mening dat die ANC ooit gedissiplineerd was. 'n Baie klein gedeelte van die ANC se topbestuur kon hulle dalk as gedissiplineerd ag, maar hulle aksies en hulle volgelinge se modus operandi het weinig verskil van die optrede van die ANC Jeugliga tydens hulle onlangse kongres. Die ANC het oor baie jare 'n kultuur van wetteloosheid gekweek en hierdie "chicken has come back to roost big time." Hulle grootste suksesverhaal was om Suid-Afrika onregeerbaar te maak en hierop kan hulle beslis roem. Hulle het hieraan baie goed geslaag. Hulle is direk vir die vernietigende gedrag van jongmense verantwoordelik vanwe?ulle gebruik van skoolkinders as voertuie vir hulle revolusie. Hulle het 'n boikotkultuur geskep wat aanvanklik munipaliteite se diensverskaffing aan bande gel?et. Die voortsetting daarvan is tans verantwoordelik vir die chaos in feitlik al die land se munispaliteite. Nee, prof Gerwel, die ANC het weinig om op te roem, en vele verskrikkinge waarvoor hulle alleen die verantwoordelikheid moet dra.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo