News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Rapport-blogs
Dié wat weet sê dis die beste stry-plek in die kuberruim. Kom maak jóú stem dik!
Sondag 6 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
    Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  0°C  17°C
Kpstd  12°C  14°C
Dbn  10°C  25°C
Jhb  1°C  15°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 14:27  - (SA)  
Tim du Plessis: Red instellings voor hulle sterf!
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

’n Paar van Suid-Afrika se kritiek belangrike demokratiese instellings het MIV. Die politieke variasie daarvan.

Instellings wat die fondamente en mure van die demokrasie moet vorm, is besmet met ’n dodelike virus. As dit nie in remissie gedwing word nie, sal die liggaam van Suid-Afrika se demokrasie uitteer en sterf.

Die virus se lang naam is “politisering en transformasie van openbare en statutêre instellings”. Kort titel: ANC-kaderbeleid.

Die afgelope week het die land en die wêreld gesien hoe die virus reeds die SABC en die nasionale vervolgingsgesag (NV) besmet en siek gemaak het.

Dali Mpofu, SABC-grootbaas, skors vir Snuki Zikalala, nuushoof. Voor Zikalala by die deur uit is, skors die SABC-raad vir Mpofu.

Maar dié raad het reeds die swaard van afdanking oor sy kop ná die ANC se mosie van wantroue in hom voorverlede week.

Wanneer die treklorrie met mnr. Jacob Zuma se huisraad aanstaande jaar voor Tuynhuys stilhou, is hulle weg.

Watwou Radioteater; dis teater van die absurde.

En alles net oor die siniese manipulasie van die SABC vir politieke gewin – deur die Zuma-kamp én die Mbeki-kamp.

Die besmetting van die NV wat die afgelope week in die Vusi Pikoli-ondersoek oopgedek is, is om van siek te word. En maak mens depressief.

Want nou weet ons: Thabo Mbeki het uit sy pad gegaan om die vervolging van komm. Jackie Selebi te verhinder, nie omdat daar iets mee geskort het nie, maar omdat Selebi ’n Mbeki-lojalis was/is.

Mbeki het dit nie vir Zuma gedoen nie want Zuma is sy aartsvyand. Die vervolging van Zuma het Mbeki soos ’n handskoen gepas.

Mbeki se bemoeienis met die Selebi-vervolging kom baie naby aan ’n skending van die grondwetlik heilige beginsel dat die staatshoof nie inmeng in die reg nie.

Dit stroop Mbeki van sy laaste bietjie demokratiese integriteit. Net ’n leë dop is nou nog oor.

Oudergewoonte het hy weer landuit gevlieg terwyl sy verbouereerde troepe moet lieg (Frank Chikane) en spartel (Frene Ginwala) om sy politieke knoeiery te verdoesel.

Die NV en die SABC is geen geïsoleerde gevalle van besmette instellings nie. Dis deel van ’n toestand wat bes moontlik reeds in die Mandela-jare ontkiem het en nou in alle felheid toeslaan.

Alles onder die dekmantel van die ANC se kaderbeleid – daardie sinistere doktrine opgestel deur Joel Netshitenzhe, Mbeki se nou vergete beleidshoof.

Wat bepaal het dat “ANC-kaders” in elke instelling, in elke uithoek van die SA bestel “ontplooi” moet word – nie om die instellings beter te maak nie. Of om die mense te dien nie.

Nee, om die hele land te onderwerp aan die dwingelandy van ’n magsbehepte, bemoeisieke ANC.

Die Land Bank, die openbare beskermer en Eskom is reeds op die kritieklys van instellings met MIV. Die howe en die media kan volgende wees.

Die SA Inkomstediens en die Reserwebank is genadiglik “MIV-negatief”. Is dit toevallig dat hulle nog goed funksioneer?

Wanneer die Zuma-groep volgende jaar oorneem, is daar presies een kans om die virus met massiewe dosisse anti-retrovirale middels te bestry.

Mbeki-kaders moet vervang word deur kundige kaders wat die land dien, nie die ANC en Zuma nie. Want As Zuma-kaders bloot oorneem by Mbeki-kaders en dis sake soos gewoonlik, gaan ons demokratiese staat vergaan.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Huidige politieke bestel, 12/05/2008, Carl
Oudergewoonte is Tim se artikel die hoogtepunt van die week se media artikels. Kan egter nie help om in my mou te lag nie. Ons almal aanvaar Apartheid is van die bose, maar wat vandag gebeur het die ou "regse" mense al toentertyd voorspel. Dit is egter nou te laat en die land `n gemors! David Bullard was die ander hoogtepunt. As Tim op hou om die korrupte spul in die bek te ruk, kan ons net sowel maar ons self klaar maak vir Anargie want dan het hulle vrye teuels. Geen ANC ondersteuner sal sy eie party kritiseer nie. Dit is eenvoudig nie hoe Afrika Demokrasie funksioneer nie.
Red die Instellings, 11/05/2008, Johan
Tim, jy se Die Land Bank, die Openbare Beskermer en Eskom is reeds op die kritieklys en dat die Howe en die Media volgende kan wees. Jy't vergeet van onderwys....dis reeds daar....by skole EN universiteite. Die negatiewe gevolge is nie so onmiddellik en oogloped as by Eskom nie....maar dis DAAR.
Demokrasie in Afrika is dromekrasie, 11/05/2008, Henk
Waar in Afrika het ons demokrasie? Die sanger Roger Whittaker het jare gelede op een van sy konserte gese dat "Politicians are like a bunch of bananas, they all hang together, they are all yellow and they are all crooked." Dit sien ons duidelik in baie Afrika lande soos in Zimbekiland. Ons sien dit egter ook in die VSA. Daar moet jy egter ryk wees om die withuis te kan koop. Hier kom hulle arm in die withuis en verlaat hom ryk. Ek is bevrees die virus word nie behandel nie en dit beteken die einde. Gesonde manne soos Trevor gaan loop en die Gear gaan Hop soos 'n rubber tjek.
Konserwatief of vision?/span>, 11/05/2008, Pieter
Ek en Tim du Plessis kom uit dieselfde geslag Suid-Afrikaners en het al die politiekery deur die dekades saam beleef. Ek het nog altyd intrapersoonlike konflik ervaar oor my politieke uitkyk. Ek is waaragtig nie polities konserwatief nie. Dit weet ek. Tog het ek in die verlede dikwels gehuiwer en teenkanting getoon oor die politieke veranderinge in ons land. Depressief, Tim? ? dikwels. Moet dit noodwendig as politieke konserwatisme beskou word? Miskien moet ek die antwoord probeer soek deur die situasie vir van buite die politieke omgewing te beskou. Kom ons wees vir ?n oomblik bloot realisties! Ek weet dat ek oor goeie vision? vermo? beskik. Teen hierdie agtergrond is ek bewus van die skrikwekkende agteruitgang in die meeste openbare dienste. Dit vereis nie ?n buitengewoon begaafde persoon om dit raak te sien nie. Ook is dit nie moeilik om te besef dat dit nie op die -medium of selfs langtermyn omgekeer sal kan word nie. Feite. Terug tot die politiek. Politieke magsbeheptheid en onbevoegdheid gee tot hierdie soort agteruitgang aanleiding en kan alles tot nadeel van die mense vernietig. Historiese feite. Die Zimbabwe sirkus en Burma se milit? junta wat buitelandse hulp vir sy burgers weier is resente voorbeelde hiervan. Wat en wie is ek dan? ?n Vision? realis wat my nie deur die politiekery van my land sal laat etiketeer nie. Gaan dus voort met julle onbenydeniswaardige taak om oor die politiek te berig. Ek lees maar neem tans min waar wat positiewe scenario?s tot gevolg het.
Red demokratiese instellings voor hulle sterf, 11/05/2008, Jacob Mouw
'n Huis wat verdeeld is kan nie staande bly nie. Nie eers God kan ons, bedoelende Tim-hulle, se demokratiese staat red nie. Die reg volg die mag, van meneer Mbeki na meneer Zuma. Hierdie politieke magsoordrag binne die ANC is meer staatsvernietigend as die magsoordrag van 'n heel staat vanaf die NP na die ANC. Binne 10 jaar is die ANC staat stukkend, ons demokratiese staat vergaan, tensy Tim se raad gevolg word. Maar wat is die kans dat kundige kaders die land se bestuur gaan oorneem? 1000 teen 1?
ANC Regering, 11/05/2008, Fanie Brink
Weereens 'n uitstekende artikel Tim! Wat anders kan 'n mens van die ANC = All Now Corrupt regering verwag. Die haglike toestande by die Landbank en die Departement van Landbou sal veroorsaak dat die land nog van humanit? hulp afhanklik raak veral omdat die regering dink opkomende boere sal onder die huidige omstandigehede in die landbou genoeg voedsel kan produseer. Wat 'n belaglikheid!
Kaders?, 11/05/2008, Cathy Kotze
"Mbeki-kaders moet vervang word deur kundige kaders wat die land dien, nie die ANC en Zuma nie." En waarom juis kaders? Waarom nie plein, gewone Suid-Afrikaners wat 'n bewese reputasie van kundigheid. integriteit en kennis het nie? Veral integriteit!! Die ANC is besig om die hele land te besmet met hulle wraak/- en hebsug. Hulle eien alles net vir hulleself toe en beskou die belastingbetalers se swaarverdiende belastinggeld as maar net nog 'n bydrae om hulle eie beursies mee te vul. Mnr du Plessis het tot baie onlangs bitter min verkeerd gesien in die ANC, hulle beleid of hulle gedrag. Ons kan almal dankbaar wees dat die o?n Suid-Afrika se Afrikaanse media uiteindelik oopgaan. Koerante soos die Sunday Times en die se (swart) redakteur skroom nie om die ANC se swakhede te ontbloot nie. Ongelukkig is daar steeds t?eel wat - soos mnr Zuma - glo dat God die ANC aangestel het om vir ewig te regeer. Dit sluit klaarblyklik ook die stroop van openbare instansies soos die Landbank in. Die land, sy geld, en alles wat daarin is, behoort aan die ANC!
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Is die regering te vertrou met 'n nasionale aftreefonds?
Ja
Nee
Nee, maar ek steun die idee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo