| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 14:26 - (SA)
Pollux: Kleurryke Rabie hét reguit gepraat
’n Oudkollega van wyle mnr. Jac Rabie, die kleurryke politikus wat gister begrawe is, vertel Rabie was lief vir Afrikaans – en ’n groot voorstander van die wonderskone Taal. Rabie het glo ’n paar keer die staaltjie vertel van die dag toe hy by die poskantoor in Upington vir ’n telegram gewag het. Dit was in stoere apartheidsdae. Toe hy daaroor navraag doen, vra die posmeester: “Kry ’n aap soos jy dan ook ’n telegram?” Waarop Rabie hom antwoord: Ja, maar wie het ’n bobbejaan soos jy posmeester gemaak? Vermy Mugabe se hande! Pollux verneem van onbetroubare bronne onse prez, wat weer Vrydag in Zim gaan draai het om sy waardevolle wyshede aan pres. Robert Mugabe te verkwansel, het self ook kundige raad ontvang: Na sy vergadering met Mugabe moet hy, as hulle voor die media verskyn, seker maak die spasie tussen hulle is so ’n meter wyd – en hy moet sy hande in sy sakke hou! Dit het absoluut niks gehelp nie, want daar gebeur dieselfde ding: slinkse Mugabe gryp Mbeki se handjies weer .. . en onse prez moes maar weer net saamspeel en breed glimlag... Nuwe party Die enigste oplossing vir al die gemors waarin die land verkeer, meen die menseregte-aktivis Rhoda Kadalie, is ’n nuwe politieke party. So ’n party “moet ons terugneem na die Grondwet en met ’n skoon lei begin”. “Ons behoort te vergeet dat net die ANC ons kan red,” meen sy verder in haar weeklikse rubriek in Business Day. Dalk ’n HANC – Herstigte African National Congress, maar een wat SA eerste stel? Regeer vir altyd Maar die eerwaarde-profeet Jacob Zuma, wat in volgende jaar se verkiesing die prez – en koppige Mugabiet – as president kan vervang, bly sing sy deuntjie dat die ANC gaan regeer totdat Jesus kom. Hy het verlede week in Khayelitsha gesê die ANC is selfs in die die hemel geseënd. Overgesetsynde en desnieteenstaande hoor Pollux al ’n Kaapse Vlakte-man vra: Nou, met al daai blessings, hoekom govern hulle dan so k*k sleg? “Christelike” rowers “Ons sal julle nie seermaak nie, ons is Christene.” Dié versekering was die woorde van ’n bende van drie mans wat hul slagoffers van die O.R. Tambo-lughawe huis toe agtervolg en tuis beroof het. Pollux is bly die nare goed weet minstens Christene behoort nie ander mense seer te maak nie. Maar Christene behoort darem ook nie te steel nie ... Waar’s die skoene? Pollux se Snoekstadse verteenwoordiger sê so twee jaar gelede het mnr. Cameron Dugmore, onderwysminister in die Wes-Kaap, skoene aan kinders van die Suid-Kaap beloof. In groot opwinding is daar voetmates geneem – en betyds aan die onderwysdepartement verskaf. Pollux se bronne laat weet die kinders wag steeds op die skoene. Maar intussen het hul voete al ’n paar mates gegroei ... Wanneer kom die fietse? Maar wag. So drie weke gelede maak Dugmore weer beloftes, dié keer namens sy kollega min. Leonard Ramatlakane, wat vir plaaskinders fietse gaan kry om skool toe mee te ry. Die kinders moet net bid die fietse kom voor volgende jaar se verkiesing – anders sien hulle dit nooit! Goeie nuus Goeie nuus vir bierdrinkers is dat dié lafenis sedert Woensdag amptelik goedkoper is as petrol. So drink; moenie bestuur nie. Riemtelegram ’n Ander naam vir ’n G-string: ’n Riemtelegram tussen Holland en Paraguay.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|