| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 24 Augustus 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
28/06/2008 15:52 - (SA)
Anne-Marie Mischke: Eer Mandela, maar moenie sy naam misbruik
Daar is nie nog so ’n 90-jarige in die omtrek nie. Wie anders as oudpres. Nelson Mandela kan in feitlik dieselfde asem vir koningin Elizabeth vertel sy lyk elke keer jonger as hy haar sien en Naomi Campbell laat weet sy is nie welkom by vanjaar se 46664-konsert nie omdat sy haar al weer sleg gedra het? Dis klein voorbeelde van die kombinasie van sjarme en morele gesag wat die wêreld al amper twee dekades aan Mandela se voete het. Dus doen almal mee aan ’n jaar lange verjaardagparty vir dié simbool van versoening en verdraagsaamheid, van martelaarskap in die bevrydingstryd, van leierskap in die oorgangstyd ná sy vrylating uit die tronk. Met dié verering kan ’n mens jou vereenselwig, maar na ’n ander aspek van die Mandela-fenomeen moet skerper gekyk word: die opvatting wat telkens hier en in die buiteland kop uitsteek dat die oudpresident maar net die woord kan sê en wat krom is, sal reguit word. Die jongste voorbeeld is druk op hom uit Londen oor Zimbabwe. In daardie stad het The Times geskryf Mandela moet net ’n paar sinne oor Zimbabwe sê en die res van Afrika se houding oor Mugabe sal verander. Duisende lewens sal gespaar word. Kom nou! Uit die vlugtelingkampe ná die xenofobiese aanvalle is geroep Mandela moet iets aan die haglike omstandighede doen. Die versugting is welbekend in die daaglikse omgang: As Mandela tog maar nog geregeer het . . . Natuurlik maak ’n leier saak, baie saak. maar dis ’n oorvereenvoudiging om te reken ons lotgevalle was, en is steeds, van Mandela afhanklik. Eendag sal daar hopelik nog ’n behoorlike kliniese ontleding van sy vier bewindsjare gedoen word. Die kredietkant sal indrukwekkend wees. Dit was die tyd waarin die finale Grondwet geskryf is en belangrike grondwetlike instellings hul beslag gekry het; waarin die eerste regstellende wetgewing die lig gesien het en die ekonomiese beleid, so anders as die eng sosialisme wat baie gevrees het onder die leiding van die destydse adjunk-president, Thabo Mbeki, beslag gekry het. Dit alles te midde van ’n gees van welwillendheid ná die euforie van die 1994-verkiesing en die 1995-Wêreldbeker-oorwinning. Maar selfs toe was daar al slange in die paradys. Mandela het later self erken hy het hopeloos te min aandag aan vigs gegee, etlike provinsies het nie op dreef gekom nie, daar was voortdurend haakplekke met behuising, en onderwys en gesondheid het gou op gruispaaie beland. Een leier kan nie alles regsien nie. Net soos alles wat sedert Mandela verkeerd geloop het onmoontlik net op Mbeki se brood gesmeer kan word nie. Nou is Mbeki se termyn amper verby en nie die mees ongeneeslike optimiste onder ons kan enige teken van ’n politieke reïnkarnasie van Mandela op die horison sien nie. Ook nie onder die jeug nie, waar die ANC-jeugliga se stomme Julius Malema uitkomkans uit sy “moor vir Zuma”-dilemma probeer kry het met ’n variasie van die Mandela-tema: hy volg daarmee maar net in die spore van dié leier wat hom in gans ander omstandig-hede ná baie wroeging tot die gewapende stryd gewend het. Maar dis die komende jare se nagmerrie wat ons nou al laat sleg slaap. Wanneer ons dan verskrik in die nag regop sit kan ons aan maniere begin dink om die nagmerrie te besweer. Dis ’n lamlendige ontkenning van ons eie verantwoordelikheid om dadeloos te sit en terughunker na die Mandela-tyd of op nog ’n Mandela te hoop. Daar is ’n hele spektrum waaroor ons, die mense van Suid-Afrika van alle gemeenskappe, kan werk om die land ’n beter plek te maak: van die bloot persoon-like werk aan verhoudings tot betrokkenheid by nie-regeringsorganisasies, waarvan daar ’n oorvloed is. Moet ook nie die waarde van georganiseerde aktivisme (van nie-gewelddadige aard) onderskat nie. Die private sektor hoef nieingelig te word oor al die moontlikhede vir die beoefening van maatskaplike verantwoordelikheid en die totstandkoming van vennootskappe met die openbare sektor nie. Dis in ons hande om ’n burgerlike gemeenskap te skep waarop Nelson Mandela trots sal wees.
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|