News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Minki vonkel...
Minki Visser vonkel behoorlik wanneer sy praat oor 'n nuwe verbintenis...
Komedie met plaaslike talent
Wat het Catriona Andrew, Barry Hilton en Mark Fish in gemeen?
Sondag 12 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
    Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  10°C  31°C
Kpstd  13°C  20°C
Dbn  17°C  30°C
Jhb  11°C  29°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

28/06/2008 15:52  - (SA)  
Maretta Bellingan: Daar’s iets twyfelagtigs omtrent sop
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Sy het haar voorkeure en afkere en sy’s nie skaam daaroor nie. So byvoorbeeld vind sy selde aanklank by iemand wat ’n BMW ry en meen vroue wat uit vrye keuse poliëster dra, steek iets weg. Sy vermoed ook ’n man met ’n kopdoek is bes moontlik ’n gefrustreerde transvestiet. Of iets in dier voege.

Altyd oop vir oortuiging, selde nog verkeerd bewys, sê sy komkommerkoel aan diegene wat haar probeer uitdaag. En jy kry hulle, die sensitiewe, onbevooroordeelde, politiek korrekte koffiekroeg-kannetjies. Banger vir ’n opinie as ’n straatbrak vir die DBV.

Dis hoekom ons is wie ons is, sug sy. Mense se onvermoë en onwilligheid om hul stem dik te maak. Vreet alles op vir soetkoek. Of erger nog. Vreet alles.

En waar anders as by die Wimpy. Jy kry haar nie náby een nie. Sy kry sooibrand terwyl sy die spyskaart lees. Nee, siesa, gril sy fyntjies. Sê nou iemand sit op jou. Nádat hy ’n dubbelkaasburger met tjips, ’n wafel met room en ’n melkskommel of twee kafgedraf het.

Die reuk van klein kindertjies geval haar ook nie. En sy praat nie van ’n ou vars babatjie wat pas gebad en vrot gepoeier is nie. Op ’n veilige afstand is die goedjies nogal fraai.

Sy maak vir seker nie ’n gewoonte daarvan om aan kinders te ruik nie, benadruk sy, mense sal dit vreemd vind, maar kinders ruik aardig. En as jy haar nie wil glo nie, gaan ruik self.

Sy steur haar ook nie veel aan sop nie. As sy haar kos wil drink, bestel sy liewer ’n glas shiraz. Dink ’n bietjie, hoekom sê iemand jy’s in die sop as jy in die dinges is. Daar is iets baie twyfelagtigs omtrent sop, mymer sy, sy kan nie haar vinger daarop lê nie. Of miskien is dit juis hoekom.

Sy’s versot op die see, voel amper heilig oor die klank van reën en kan ure lank in die bad lê. Maar sy drink nie graag water nie, want, vra sy met ’n giggel en ’n grynslag, het jy geweet as jy een liter water per dag drink, verorber jy een kilogram Escherichia coli per jaar. Dit is die bakterie wat in poef voorkom. Gesuiwerde water? Sy is selde dors genoeg.

En hierdie Facebook-besigheid laat haar absoluut koud. Hoekom sal sy tyd wat sy nie het nie wil afstaan aan mense wat sy nie ken nie. Ag nee wat, snork sy, sy’s alleen, maar nie desperaat nie.

In werklikheid is sy ’n gebore en geswore romantikus. Sy besef ’n vuurwarm kus bevat tot 40 000 parasiete, 250 soorte bakterieë en tot 0,45 gram vet, maar dis ten minste ’n aange-name manier om vergiftig te word.

Sy glo ook onvoorwaardelik aan die waarde van oefening. Sy beweer dis wat verhoed dat haar kop nie helemal uithaak nie. En sy glo as meer mense hul gatte lig, sal minder mense hul gatte so wip.

Dit slaan haar egter dronk dat duisende mense dit nodig ag om almal gelyk van Pietermaritzburg af Durban toe te hardloop. Of met fietse reg rondom die Kaap te jaag. Sy wonder of hierdie behoefte om saam te kloek iets te doen het met ’n gevoel van aanvaarding. Ja wel, sug sy, party van ons het gelukkige kinderdae gehad.

En party van ons het nog gróter probleme. Sy lees juis gister van ’n 19-jarige Britse meisie, Emma Pelling, wat haar troue moes uitstel omdat sy ’n onredelike vrees het om naar te word. Die toestand staan glo bekend as emetofobie.

Stomme kind kan bly wees sy sukkel nie met arachibutyrofobie ook nie, spot sy. Dis nou die vrees dat grondboontjiebotter aan jou verhemelte vassit. Of erger nog, aichmofobie, die vrees vir gepunte voorwerpe. Met dié dat Emma op trou staan, sê sy met ’n knipoog.

Háár grootste vrees, verklap sy effe teësinnig, is dat sy eendag tussen Javier Bardem en Benicio Del Toro moet kies. Haar tweede grootste vrees, sê sy, is dat sy deur ’n wilde dier verskeur word. En dat dit nié Bardem of Del Toro is nie.

Dan vee sy die aspris-trek van haar gesig af en sê julle hoef nie bekommerd te wees nie. Solank sy haar pille drink en genoeg slaap, is alles wel. Sy kan dalk selfs eendag vir haar ’n Toyota Corolla koop, ’n man met ’n snor soen en vir haar ’n malteserhond aanskaf.

Vreemder dinge het al gebeur. Sy weet net nie wat nie.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Me and my pantophobia (fear of everything), 30/06/2008, Ruane Bester
Dear diary I realise this morning, as I am lying awake, but with my eyes closed, because of my optophobia (fear of opening my eyes), that my ponophobia (fear of overworking or of pain) may cause be to be late again at work. I cannot even try and improve on this matter of being late, because of the chronophobia (fear of time) and rather just not think about it also because of the phronemophobia (fear of thinking). I don?t know why, but I seem to struggle with my hygiene routine every morning. Despite the ablutophobia (fear of washing or bathing), I luckily also have autodysomophobia (fear that one has a vile odour) as well as bromidrophobia (fear of body smells) which eventually does necessitate me to at least put on some deodorant because of my hyperhidrosis (condition characterized by abnormally increased perspiration). When I?m off to work eventually, I do not take the car nor walk (amaxophobia - fear of riding in a car and stasibasiphobia - fear of standing or walking respectively), but rather ride my bicycle. Upon my arrival at work, I notify my boss as usual that I will be working in the cafeteria for the day. This is mainly because our offices are on the 11th floor (batophobia - fear of heights or being close to high buildings) and the cafeteria being on the ground floor. Also, my boss is not the best looking person in the world and because I have cacophobia (fear of ugliness), I rather just avoid him. A normal day at work is rather stressful. Whilst sitting in the cafeteria, I try and do some filing (I can never do something on computer because of my technophobia - fear of technology) without utilising the latest techniques we learned at a seminar just last week, once again because of the epistemphobia (fear of knowledge). Just as I want to start getting frantic about not meeting my deadlines, due to the atychiphobia (fear of failure) I hurry up to finish my work on time, but suddenly stop to take it easy because of my tachophobia (fear of speed). Therefore, I?m currently sitting in the sun (remember the achluophobia - fear of darkness) and reading a magazine only on the right hand side, because of the sinistrophobia (fear of things to the left, left-handed). I read this pitiful story of a newlywed husband finding out only recently of his pentheraphobia (fear of mother-in-law) and realise that I will luckily never have this problem. This is possible, because I will never get married (due to the gynephobia - fear of women). I have to stop writing this diary entry now, because of the hippopotomonstrosesquippedaliophobia (fear of long words/ paragraphs).
hoogtepunt, 29/06/2008, peet
Briljant! Viva Seepunt!
Klitsgras, 29/06/2008, A.D. Botha
Maretta, jy is classic, maak my dag (elke Sondag)... doet so voort!
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Sal jy jou steun toesê aan mnr. Lekota se wegbreek-poging?
Ja
Nee
Dit sal nooit realiseer nie.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo