News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Minki vonkel...
Minki Visser vonkel behoorlik wanneer sy praat oor 'n nuwe verbintenis...
Komedie met plaaslike talent
Wat het Catriona Andrew, Barry Hilton en Mark Fish in gemeen?
Sondag 12 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
    Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  10°C  31°C
Kpstd  13°C  20°C
Dbn  16°C  30°C
Jhb  11°C  32°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

19/07/2008 15:31  - (SA)  
Andries Bezuidenhout: Dís dalk wat Afrikaners & Afrikane bind
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Besoek aan Tjeni, Oos-Kaap.

’n Snerpende wind suis deur die kleinhuisie se plankmure. Repe koerantpapier wapper aan ’n spyker langs die deur. Hier is darem ’n rol toiletpapier op die put se houtdeksel, waarskynlik spesiaal vir die besoekers uit Johannesburg. Hierdie een gebruik sy selfoon as flits.

Dit laat my nou aan oergeslagte Afrikaners dink. Snags, as die nood hoog was, moes hulle ook na buite gaan. My oupa en ouma het nog ’n pot onder die bed gehad, al was daar al ’n spoeltoilet in die huis. Ou gewoontes skop en spartel voor hulle sterf.

Dis vyfuur in die oggend, nog pikdonker. Ek het onder die komberse uitgekruip en die rondawel se deur saggies oopgemaak. Die koue het my aan die keel beetgekry en buitentoe gesleep. Die werfhonde het eers geblaf, maar toe aan my hande kom lek. Hulle het verbasend vinnig aan my gewoond geraak.

Busisiwe het gister gesê vroue word gereeld aangeval. Hulle is meestal alleen, omdat soveel mans op die myne werk. Nie een van die geboue op die werf het egter diefwering nie. Ek wonder of die honde werklik beskerming teen die tsotsi’s bied.

Daar is drie rondawels op die werf. Die een is ’n kombuis, die ander dien as slaapkamers. Dan is daar ’n reghoekige huis met ’n sitkamer en nog slaapkamers. Die seuns slaap in ’n geboutjie naby die kraal.

Die kraal is van takke aanmekaargeflans, met kampe vir beeste, skape en bokke. Daar is ’n lappie grond vir mielies en ’n groentetuin. Daar is ook hoenders op die werf. Een is vir aandete geslag en ons het aartappels, wortels en spinasie uit die tuin geëet. Alles is free range en organic, maar sonder die politieke korrekte verpakking van kettingwinkels.

Hierdie huishouding is inderdaad baie meer omgewingsvriendelik as ons stedelinge s’n! Die dorpie het dekades al water, wat in ’n reservoir teen die berg opgegaar word. Elke werf het ’n kraan. Elektrisiteit het eers onlangs gekom. Dit word slegs vir lig gebruik. O ja, en vir die TV. Daar is paraffien vir hitte en hout en gedroogte beesmis om kos mee gaar te maak, of om water mee te kook.

Die dorpie se naam is Tjeni. Dis naby Tsolo, in die ou Transkei-gedeelte van die Oos-Kaap. Ons het ’n draai kom maak by ’n vriend en kollega se tuisdorp. Sy familie het aangebied dat ons oorslaap.

Wat is dit met toilette dat ’n mens so sit en nadink?

Ek dink oor hoe die trekarbeidstelsel mense se gesinne verwring en verwoes het. Ek dink oor gedwonge verskuiwings en hoe Verwoerd die sendingskole in die omgewing toegemaak het – Healdtown, Lovedale College – alles nou net bouvalle. Die nuwe regering se twyfelmoedige pogings tot herstel is ’n nietige bolwerk teen verval en korrupsie.

Maar ondanks die vernederings van die verlede en die ontberings van die hede is hier ’n innerlike trots. Ons is gasvry en sonder verskonings ontvang.

Ek dink aan Pretoria, waar ek grootgeword het, en aan my voorstedelike skool. Dis so anders as hier waar die Drakensberge se pieke en skeure in heuwels en dale verander.

Tog, al verstaan ek nie Xhosa nie, is daar soveel wat bekend voel, wat resoneer met wie ek is en waar ek vandaan kom. Ek dink aan my grootouers se groentetuine en die hoenderhok in Pretoria-Noord. Ek dink aan my oom se plaas.

Miskien is dit wat Afrikaners en Afrikane saambind. Iewers is ’n gedeelde verbintenis met grond. Ons herken onsself in mekaar. Dis dalk ook wat ons sulke wrede vyande gemaak het. Dis iets wat Engelssprekendes en ander buitestanders moeilik sal begryp.

Dis juis die verstrengeling met mekaar wat gemaak het dat ons voorouers so sterk oor grense en afsondering gevoel het.

Ou oorloë skop en spartel egter voor hulle sterf. As ons in Afrika wil aanbly, sal ons veel meer moet gee as wat ons kan vat. Om reg te maak is in elk geval beter as die aanbied van leë verskonings. Maar hoe?

Ek stap terug na die rondawel. Die winterlug skroei my longe skoon. Ek ruik ’n vuur. Iemand het vir my ’n skottel warm water op die vloer neergesit om mee te was.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Wat Afrikaners & Afrikane bind, 22/07/2008, marita
Ek kom van die Oos-Kaap en ken daardie dele. Het grootgeword in die dae toe daar nog gepraat is van die Transkei en die Ciskei. Ons skaapskeerders en draadmakers vir die plaas het uit daardie dele gekom en was baie harwerkend. Het tydens Kunstefees gaan kyk na Wyk 14 wat geskryf is deur Dana - Daar was toneel waar Pottie s?at die grond hom herinner aan sy voorgeslagte. Hy is 'n Afrikaan! Of ons dit wil herken of nie, ons is deel van hierdie aarde!
Gee meer as ons kan vat, 21/07/2008, John
Dis net nie altyd lekker as dit in jou gesig terug geklap word nie.
Droom heerlik voort., 21/07/2008, JVR
Andries, as jy werklik glo dat "As ons in Afrika wil aanbly, sal ons veel meer moet gee as wat ons kan vat." Droom dan heerlik voort. Maar in Engels asseblief. Die ANC eis jou taal en niks minder as jou identiteit nie.
Die Boere Wilbur, 20/07/2008, Ryan
"Ou gewoontes skop en spartel voor hulle sterf"; "ou oorlo?kop en spartel egter voor hulle sterf" Pasop vir herhaling. En die crux van wat jy wil se is onduidelik - Is dit ons verbintenis met grond, of die herkenning in mekaar?
Dis dalk wat ons bind, 20/07/2008, Liezl
Groot waarheid, dat as ons hier wil aanbly, dat ons veel meer moet gee as wat ons kan vat. En was dit nie nog altyd moeilik vir die mens nie. Nice stuk.
D?dalk wat Afrikaners & Afrikane bind, 20/07/2008, koos
Dankie Andries. Dit is mooi gestel.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Sal jy jou steun toesê aan mnr. Lekota se wegbreek-poging?
Ja
Nee
Dit sal nooit realiseer nie.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo