| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 5 Oktober 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
19/07/2008 15:31 - (SA)
Maretta Bellingan: Tussen haar vriende voel sy goed genoeg
So lank as wat sy kan onthou, was sy nog altyd iemand se vriendin. En as sy nou regtig eerlik moet wees, beskou sy dit as haar behoud in die lewe. Nie eens die suiwerheid van ouerliefde of die warm opwinding van ’n liefdesverhouding gee jou heeltemal dieselfde bevrediging nie. Tussen haar vriende voel sy veilig. Tussen haar vriende voel sy gelief. Tussen haar vriende voel sy snaaks, sexy en slim. Tussen haar vriende voel sy goed genoeg. Sy was nog nooit uitermate gewild nie, maar daar was tog altyd iemand onder wie se vlerk sy kon wegkruip. Iemand wat haar aanvaar het net soos sy is. Warts en all, soos hulle sê. En sy heg groot waarde daaraan. Sy’s nie die sentimentele soort nie, maar voel oor vriendskap soos Emsie Schoeman oor goeie maniere. Dis onontbeerlik vir oorlewing. Sy vee liewer haar neus met haar mou af, maar sonder haar vriende kan sy die pad nie loop nie. Modegiere kom en gaan. Romanses kom en gaan. Hoe skaars ware liefde ook al mag wees, ware vriendskap is nóg skaarser, aldus hertog Fran?s de la Rochefoucauld. As sy kan wens, is dit dat haar vriende so kosbaar voel as wat hulle vir haar is. Sy’t haar verkneukel in die vriendskap van die vier vroue in Sex and the City. Maak nie saak dat Carrie op veertig steeds hunker na ’n stabiele en gelukkige verhouding nie, haar vriendinne is altyd daar. En al kritiseer hulle die sletagtige Samantha, veroordeel hulle haar nooit. So oppervlakkig as wat die program/rolprent sekerlik is, dit gooi ook die kollig op ’n vrou se belangrikste besitting. En dis nié ’n Louis Vuitton-handsak of ’n paar Jimmy Choo’s nie. Dis die iemand wat ’n telefoon sal antwoord as jy drie-uur in die oggend alleen, gatvol en miskien selfs ’n bietjie getrek is. Dis die iemand wat presies weet hoe en wanneer om ’n pleister op jou hart te plak. Dis die iemand wat nooit moeg word van jou geween of geteem nie. Dis die iemand wat nooit telling hou nie en onvoorwaardelik aanvaar, al kan hy miskien nie altyd lekker begryp nie. Ware vriend praat vrylik, adviseer regverdig, onderskraag geredelik, onderneem onverskrokke, verdedig dapper, is geduldig en verander nie. En in die woorde van Plautus die Romeinse dramaturg vind sy aanklank by die wysheid: Waar daar vriendskap is, is daar weelde. Maar ongelukkig ook hartseer en teleurstelling. En dikwels omdat nie almal dieselfde beskouing van vriendskap het nie. Vir sommige is dit ’n tydelike afleiding sonder enige verpligtinge, vir ander is dit ’n middel tot ’n doel en as die doel bereik is, vervaag die middel. Met sommige vriende stap jy al van kleintyd af ’n pad. Daar is ’n verlede, meer as ’n hede, maar dis ook uniek en kosbaar. En dit maak nie die seer minder seer as die deur eendag onverklaarbaar in jou gesig toeklap nie. Vir sommige is vriendskap op die lang duur eenvoudig net te veel moeite. Want vriendskap verg ook introspeksie en waagmoed. En vir sommige is dit eenvoudig makliker om weg te stap as om dapper te wees. ’n Opregte vriendskap stap die pad sonder voorbehoud. Dis onselfsugtig en onbaatsugtig. Dit gee sonder verwagting en dit ontvang in ootmoed. Dit is soos ’n warmwatersak op ’n wintersaand, dis soos ’n skadukol op ’n hete somersdag. Uit stories van helde en groothartigheid put sy groot vreugde, maar dis die verhale van innige vriendskap wat haar regtig weer geloof gee in die mensdom. Sy lees in die koerant ’n artikel oor die aangrypende vriendskap tussen drie ultra-atlete, twee Afrikaanse mans en die eerste swart atleet wat negentien jaar gelede die Comrades gewen het. En sy huil snot en trane. Sy wil afdrukke daarvan maak en vir elke mens in haar gekneusde land stuur. En sy wil mense uitdaag om hul eie stories van ’n unieke vriendskap of kosbare kameraadskap oor te vertel. Tussen al die seer, glo sy, is daar soveel meer omgee. Daar is ’n Vadersdag en ’n Moedersdag en ’n Valentynsdag en ’n Vrouedag en ’n Werkersdags en ’n Versoeningsdag en elke dag onder die son. Dis jammer daar is nie ’n dag van vriendskap nie. Haar vriende verdien dit.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|