News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
'Hy ly aan geheueverlies'
"Hy ly aan ernstige geheueverlies", sê Steve Hofmeyr se voormalige minnares, Janine van der Vyver.
Kate Moss in goud verewig
Sy is een van dié supermodelle van die wêreld - en superomstrede.
Sondag 5 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
    Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  10°C  31°C
Kpstd  11°C  25°C
Dbn  14°C  26°C
Jhb  6°C  26°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

19/07/2008 15:31  - (SA)  
Jakes gerwel: Mandela glo mense is wesenlik goed
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

’n Onbeheerbare 2½-jarige woelwater, my jongste kleinseun op ’n besige lughawe, kom uiteindelik ’n wyle tot ruste toe hy ’n foto in een van die winkeltjies herken: “Daar’s onse Madiba. Hy glimlag nog weer.” Die grammatika nog nie so heeltemal korrek nie, maar die sentimente en gevoelens is dié wat miljoene dwarsoor die wêreld sal herken en deel.

Onse Madiba; hy wat nog glimlag en weer glimlag. Wat ’n glimlag in ons harte bring, ’n glimlag in die wêreld verteenwoordig. Hy wat vir ons in ’n onstuimige wêreld ’n gevoel van rus en gerusstelling bring.

Terwyl ek hierdie rubriek sit en skryf, lê hy nog en rus of slaap in Qunu, waar hy vandag sy 90ste verjaardag sal vier. Ek wag vir die boodskap dat hy op is en gereed vir ’n verjaardagoproep. En ek weet al by voorbaat dat hy my nie veel kans gaan gee om aan hom te vertel wat hy vir my, vir ons, vir die wêreld beteken nie; daardie gesprek sal gou-gou omgekeer word om my te laat verstaan wat ander vir hom beteken en doen. En daar is geen geveinsdheid daaraan nie; dis soos die man is.

Ek het die uitsonderlike en heeltemal onverdiende voorreg gekry om nou al 14 jaar baie na aan Nelson Mandela te werk en te leef. Ek is heel onverwags gevra om in 1994 sy direkteur-generaal en sekretaris van sy kabinet te word, en ná sy aftrede die Nelson Mandela-stigting te bestuur. Oor die jare het dit gegroei van ’n werkverhouding tot ’n baie besonderse persoonlike een.

Daar is soveel wat ek geleer en waaruit ek baat gevind het in dié jare; dis moeilik om die cliché-vraag oor wat uitstaan in mens se omgang met hom te beantwoord. Want eindelik is die antwoord: niks, omdat alles so uitsonderlik is. Die laaste paar jaar sou ons meermale maar net saam sit, elkeen miskien met ’n koerant, so nou en dan mekaar se stilte onderbreek met ’n relaas, ’n herinnering aan iets uit die verlede, ’n terloopse opmerking oor wat in die wêreld aan die gang is. Ook dit, miskien juis dit, is momente vol betekenis en waarde, net sulke kosbare herinneringe as enige ander “groot gebeure” waarin gedeel is.

As ek werklik gedruk sou word om iets essensieels te moet formuleer in verband met Nelson Mandela sou dit waarskynlik wees oor sy mens-siening, sy antropologie. Hy het ’n onwrikbare geloof in die wesenlike goedheid van mense, en hy tree konsekwent op volgens daardie opvatting.

Madiba het amper iets van ’n 19de-eeuse positivistiese geloof in empiriese wetenskap; ook sy aanvaarding van die basiese goedheid van mense baseer hy daarop.

Hy het ’n keer opgemerk dat as mense se daaglikse lewe van opstaan- tot slaaptyd gemonitor kon word, mens empiries sou bevind dat die meeste mense goed doen en slegs by uitsondering iets opsetlik verkeerd doen. Waarom dan jou menslike interaksie op ’n verwagting van die uitsondering laat geskied, vra hy.

En dan natuurlik ook, veral vir hierdie rubriek in hierdie koerant, sy gevoel vir en oor Afrikaans. ’n Taal wat hy eers in sy jare op Robbeneiland geleer het. Ydelheid is nie juis een van die kenmerke van Nelson Mandela nie, maar hy is uitsonderlik trots op sy Afrikaans. Ek het al voorheen vertel hoe hy eendag in die middel van ’n Engelse gesprek na Ferdi Hartzenberg langs hom gedraai en in skoolboek Afrikaans vir hom gesê het: “Ja, dis net die regte persoon, Ferdi. Hy is die spil waarom alles draai.” Wie gebruik nog sulke idiome in gewone gesprekke? En in onderhandelinge in Tripoli, Bujumbura, Londen of New York daardie skielike oorslaan na Afrikaans om gou-gou te raadpleeg sonder dat die ander partye verstaan.

Onse Madiba. Mag die dag vir hom net glimlagte inhou. En vir sy oorblywende jare goeie gesondheid, goeie vriende, baie rus. En ’n land wat sy waardes gestand doen.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Selfs 'n kind word gemeet aan sy optrede, 20/07/2008, Jan van Niekerk
Die heilige Mandela se bewind het vir ons aborsie gebring - die massa dood van die wat wesenlik goed is (volgens die opskrif). Dit is g'n teken van wesenlike goedheid nie. Hy self is in sonde gebore.
Afrikaans, 20/07/2008, JVR
Prof Gerwel: U is baie naief oor Mandela se so-genaamde liefde vir Afrikaans. Onder sy leierskap het Suid Afrika 'n konstitutionele orde betree wat die noodwendige uitwissing van Afrikaans op die lang termyn vereis. Dit is Mandela se nalatingskap sover dit Arikaans aangaan. Glo u werklik dat daar enige Afrikaans in die besigheidswereld in 2030 in Suid Afrika sal wees? Of dat klasse in Afrikaans gedoseer word aan enige universiteit? Of dat daar meer as net 'n handjievol krimpende Afrikaanse skole sal wees? Dit is Mandela se nalatenskap jeens Afrikaans - hy het die kondisies geskep om die taal finaal en vir goed te ondermyn en te laat uitsterf - die konstitusie immers onder sy leierskap onderhandel, is dit nie? Dat u, soos baie ander kommentators, dit alles skynbaar nie besef nie, spreek boekdele oor Mandela se vermoe om sy vyande te ontwapen deur hulle te verlei. Onder sy leierskap het Suid Afrika 'n swart Afrikastaat geword, en wittes en bruines het 'n keuse: word Afrikane, of emigreer. Daar is nie 'n middelweg nie.
Glo in die goedheid van mense..Was dit Voltaire?, 20/07/2008, Richard
Goed gese prof.Gerwel. Van 'n ou student uit die jare van UWK se literatuur dep. Groete uit Uganda
Mandela glo mense is wesenlik goed, 20/07/2008, koos
Mooiloop Oom Mandela. Dankie dat jy jy is.
Madiba, 20/07/2008, Colin
Viva Madiba!
Die ware Nelson Mandela, 19/07/2008, Cathy
Ek sal graag die ware mnr Nelson Mandela wil leer ken. Vele vertel van sy uitsonderlike deugde, en daarom sal 'n paar gebeure altyd aan my bly krap. Een daarvan is sy destydse weiering om finansi? hulp aan die Rooikruis Kinderhospitaal te bewillig want "julle het nie vir ons (die ANC) in die algemene verkiesing gestem nie." Dan was daar die berig in hierdie einste koerant oor "Die dag toe Mandela se stralekrans gekantel het." Die spesifieke joernalis het kort na mnr Mandela se vrylating sy mening gevra oor halssnoermoorde. Volgens daardie rubriek was mnr Mandela se antwoord: "Well, as you know, the Boers shot collaborators!" Ek onthou ook hoe ek ineen gekrimp het van skaamte toe ons splinternuwe en ge?e nuwe staatshoof destyds op sy eerste staatsbesoek aan die VSA was. Hy is na die Withuis uitgenooi maar die leier van die w?ld se grootste moondheid moes meer as 'n uur lank vir hom wag. Miskien kan hierdie, en nog so 'n paar ander klippies in die skoen, deur prof Gerwel verklaar word.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Wie dink jy praat die waarheid, Steve of Janine?
Steve
Janine
Mens sal nooit weet nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo