News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
    Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

19/07/2008 15:30  - (SA)  
Pollux: Madiba: bang, maar Man van Staal
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

In 1994, op pad na KwaZulu-Natal om Zoeloe-ondersteuners voor die verkiesing toe te spreek, ontwikkel die ligte vliegtuig met oudpres. Nelson Mandela en sy geselskap so 20 minute van die bestemming af enjinprobleme.

Richard Stengel, medeskrywer van Mandela se outobiografie Long Walk to Freedom, vertel in die nuustydskrif Time van sy en die ander se paniek. Een kyk na Madiba, wat rustig sit en koerant lees het, het almal gekalmeer.

Kort daarna het die vliegtuig veilig geland.

Toe Stengel en Madiba in die koeëlvaste BMW se agtersitplek inskuif, draai Mandela na hom en sê:

Man, was ek vir jou bang daar bo!

Hy wou ’n les leer

Die les? Madiba wou deur sy rustigheid toon dat om moed te hê nie beteken dat jy sonder vrees is nie, maar dat jy vrees moet oorwin om ander te inspireer.

Pollux sê saam met die wêreld aan Madiba: Geluk met die 90 n.u.n., Grootste Seun van Afrika ...

Boesak van ouds

Dit was die afgelope week byna of Pollux weer die apartheidstryder dr. Allan Boesak van ouds hoor. Op ’n kerklike spitsberaad oor Zimbabwe het Boesak gesê nare Bob Mugabe is ’n moorddadige skurk – en ’n leier wat nie die verskil tussen reg en verkeerd ken nie. SA moet bid vir sy val, het die geestelike gesê.

Oor Mugabe se uitsprake dat net God hom uit die kussings kan lig, bid Boesak toe net daar:

“God, u het hom gehoor. Verwyder hom nou, asseblief.”

Pollux is maar bly hy’s nie in Bob se skoene nie ...

Mbeki wél in voeling met mense

Een van ons prez se getrouste fêns, min. Aziz Pahad, was erg onthuts oor die uitspraak van mnr. Zalmay Khalilzad, Amerika se VN-ambassadeur, dat sy baas uit voeling is met die mense van Suid-Afrika.

Tog was dit nie die eerste keer dat dié waarheid oor onse prez verkondig is nie.

In watter land woon Pahad? Sien en hoor hy nie wat SA se mense van die “PIB”, die president in ballingskap, sê nie?

Barack se inspirasie

Die Amerikaanse presidentskandidaat sen. Barack Obama het so twee jaar gelede hulde gebring aan Suid-Afrikaanse leiers se vryheidstryd. Dié leiers het aan die wêreld ’n paar lesse bewys – en ook sy eie politieke loopbaan geïnspireer, seg hy. Hy het selfs destyds sanksies teen SA help bepleit.

“As dit nie vir sommige politieke aktiwiteite hier was nie, was ek dalk nie by die politiek betrokke nie en sou ek nie gedoen het wat ek in Amerika doen nie.”

Pollux hoop Obama leer net so deeglik by die leiers wat sedertdien in Suid-Afrika oorgeneem het.

Bepaald ’n paar lesse in hoe dinge nié gedoen moet word nie.

Verander Leeuwenhof se naam

Wie ook al as die nuwe Wes-Kaapse premier in mnr. Ebrahim Rasool se plek aangewys gaan word, moet weet dit is slegs vir sowat agt maande.

Pollux beveel dus aan dat dié kandidaat, soos in oudpremier Peter Marais se geval, nie haastig moet wees met gordynmates vir Leeuwenhof nie.

Ander premiers wat dié premierswoning nie ’n volle termyn kon bewoon nie, was mnre. Gerald Morkel en Marthinus van Schalkwyk – en nou Rasool.

Buitendien gaan Leeuwenhof se naam mos verander word.

Na die House of Pain.

Braaivleis, drank en rugby

Die Bok-skrumskakel Ricky Januarie (’n held, veral ná verlede Saterdag) kan nou sy kop omhoog hou ná sy wendrie teen die All Blacks. Pollux meen sy lei is skoon – almal moet hom nou vergewe dat hy so vyf doppe of wat te veel gedrink het kort voor die eerste toets teen Wallis.

Pollux stem saam met ’n SMS-skrywer aan die Kaapse Son: koop vir Ricky ’n papsak …



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo