News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Tinarie gooi balle in die lug
Sy is gebore om op die verhoog te wees, meen Tinarie van Wyk Loots wat tans in kykNET se Transito te sien is.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 4 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
    Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  25°C
Kpstd  14°C  18°C
Dbn  13°C  25°C
Jhb  7°C  25°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

22/03/2008 12:22  - (SA)  
Subprima-krisis knou Investec steeds

David van Rooyen    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Investec, die enigste Suid-Afrikaanse bankgroep wat blootstelling aan die Amerikaanse huisleningskrisis het, sal waarskynlik nog sowat R150 miljoen in die tweede helfte van die boekjaar tot einde Maart moet afskryf.

Dit is egter aansienlik minder as die bykans R540 miljoen wat die bankgroep in die eerste helfte van die jaar afgeskryf het, het die groep Donderdag in ’n winswaarskuwing gesê.

Om dié rede voorspel die groep dat sy verdienste in die tweede helfte van die boekjaar beter sal wees as in die eerste helfte.

Investec het die blootstelling bekom toe hy in Augustus verlede jaar die Britse Kensington Group plc gekoop het om sy blootstelling aan sekuriteite wat uit bondels huislenings bestaan en wat toe baie gewild was te verhoog.

Die mark vir sulke sekuriteite het in duie gestort omdat die meeste huislenings waarop die sekuriteite gegrond is, toegeken is aan mense met twyfelagtige krediet?rekords. Baie van hulle het opgehou betaal, wat die sekuriteite se waarde laat daal het.

Investec se blootstelling aan sulke huislenings, bekend as die subprima-mark, is nog nie heeltemal uitgewis nie.

Kensington het aan die einde van Februarie beleggings ter waarde van ?83 miljoen in Amerika gehad, waarvan ?27 miljoen nog blootgestel was aan die subprima-mark. Aan die einde van die eerste ses maande van die huidige boekjaar het Kensington se blootstelling aan die mark ?33 miljoen beloop.

Investec se aandeelprys het die afgelope jaar as gevolg van dié blootstelling met 50% gedaal.

Mnr. Stephen Koseff, Investec se uitvoerende hoof, sê die maatskappy se Suid-Afrikaanse bedrywighede, wat sowat 60% van die bedrywighede uitmaak, het goed presteer en dit sal die groep se wins ’n hupstoot gee.

Die Suid-Afrikaanse bedrywighede het veral baat gevind by ’n toename in aandeleverhandeling en ’n styging in beleggingsbanktransaksies.

Die groep se Australiese bedrywighede vaar ook goed, maar sal nie weer die groeikoers in verdienste van 61% herhaal nie.

Mnr. Derrick Msibi, ’n uitvoerende direkteur van Omigsa, sê die nuwe ontwikkeling sal onder meer voorsiening maak vir skole, sportvelde, parke, biblioteke, gemeenskapsentrums en ander gemeenskapsgeriewe.

Daarby word daar in die ontwikkeling voorsiening gemaak vir fabrieke, kantore en winkels.

Die ontwikkeling word beplan op ’n stuk landbougrond van 1 462 hektaar wat reeds gekoop is.

Die proses om die grond te hersoneer, asook ’n omgewingsimpakstudie is reeds aan die gang.

Die reguleringsproses sal na verwagting twee jaar duur voordat daar hopelik in 2009 met die ontwikkeling begin sal kan word. Die vennote het egter reeds begin met die ontwerp van die infrastruktuur wat nodig is.

Dit sal na raming sowat sewe jaar duur om die projek te voltooi, nadat daar met die bouwerk begin is.

Omigsa sal ook finansiering aan voornemende huiskopers verskaf, asook ondernemers wat besighede in die gebied wil begin.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is die "afskaffing" van beurtkrag te goed om waar te wees?
Ja
Nee
Eskom is nie te vertrou nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo