| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
22/03/2008 12:21 - (SA)
Sake in perspektief: Goeie kans dat rentekoerse weer styg Johann van Tonder
Rentekoerse kan aanstaande maand verder styg, maar dit gaan nie die verwagte groot styging in die inflasiekoers keer nie. Syfers uit die jongste kwartaalblad van die Suid-Afrikaanse Reserwebank toon dat verbruiksbesteding steeds vinnig genoeg toeneem om nog stygings in rentekoerse te regverdig. Maar die VPIX word tans na die kerf van 10% aangevuur deur stygings in die pryse van produkte wat nie sensitief vir rentekoerse is nie – soos hoër internasionale pryse van landbouprodukte en olie. En indien die voorgenome styging van 57% in elektrisiteitstariewe wel realiseer, gaan dit inflasie verder verhoog en hoog hou. Daarby word die prysstygings vererger deur die randwisselkoers wat weer op ’n afwaartse pad is – en stygings in rentekoerse gaan nie die risiko’s verwyder nie, maar eerder vererger. Dié faktore het tot verdeeldheid onder ekonome gelei oor of die Reserwebank wel in April sy proses van rentekoersstygings moet hervat. Die verdeeldheid het toegeneem nadat mnr. Tito Mboweni, president van die Reserwebank, Woensdag gesê het rentekoerse kan verder styg indien tweede?ronde-prysstygings voortspruitend uit ’n swakker rand en hoë olieprys die VPIX-koers verder sou opdruk en vir langer bo die teikenband van 3% tot 6% hou. Hoewel die Reserwebank se kwartaalblad, wat die afgelope Woensdag uitgereik is, toon dat winsmarges groot genoeg is om die kostestygings te absorbeer, is Mboweni bekommerd dat vraag steeds sterk genoeg is dat kleinhandelaars die kostestygings tog aan verbruikers kan deurgee. Dit blyk uit die kwartaalblad dat Mboweni wel rede tot kommer het. Hoewel huishoudings se besteding stadiger styg weens onder meer die impak van die agt stygings in rentekoerse die afgelope twee jaar, styg dit steeds stewig genoeg om handelaars in staat te stel om die kostedruk aan huishoudings deur te gee. Volgens die kwartaalblad het huishoudings se besteding verlede jaar met 7% gestyg – heelwat meer as die ekonomiese groeikoers van 5,1%. En dit het tot gevolg gehad dat huishoudings steeds ontspaar het. Ontsparing deur huishoudings het verlede jaar met 28,5% gestyg tot R6,64 miljard en sodoende bygedra tot die styging in die tekort op die lopende rekening van die betalingsbalans – een van die faktore wat vir die swakker randwisselkoers verantwoordelik is. Die tekort op die lopende rekening het verlede jaar met 29% gestyg tot R145 miljard. En huishoudings se besteding, wat tot hoër invoer lei, was volgens die Reserwebank vir bykans 20% van die tekort verantwoordelik. En tensy die besteding genoeg afplat om ruimte te skep vir die grootskeepse kapitaalinvoere, kan die tekort op die lopende rekening sterker styg om nog groter afwaartse druk op die rand te plaas. Maar dit blyk dat huishoudings se besteding wel stadiger groei. Die groeitempo het in die vierde kwartaal van 2007 tot 3,8% afgeplat. Dit is heelwat stadiger in vergelyking met die groeitempo van 9,5% in die vierde kwartaal van 2006. En die groei in besteding aan duursame goedere, wat sensitief is vir veranderings in rentekoerse (omdat dit meestal op skuld gekoop word), het ook skerp afgeplat. Die groeitempo het tot 2,5% in die vierde kwartaal verlangsaam teenoor die groeitempo van 14,5% in die vierde kwartaal van die vorige jaar. Nog ’n aanduiding van die stadiger tempo waarteen huishoudings bestee, spruit uit kleinhandelverkope wat volgens Statistieke Suid-Afrika in Januarie net 0,2% meer was as ’n jaar tevore. Die verlangsamende huishoudingsbesteding is een van die redes waarom Rand Aksepbank se ekonomiese afdeling meen dat rentekoerse onveranderd gelaat moet word, selfs al is die verwagting dat die VPIX in Maart tot bykans 10% gaan styg. Die VPIX kan later selfs hoër styg indien elektrisiteitstariewe wel met 57% verhoog sou word, die rand aanhou verswak en olie- en landboupryse hoog bly. * Johann van Tonder is ’n ekonoom by Dynamic Wealth.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|