| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
22/03/2008 12:21 - (SA)
Buitelanders wil ‘wag en kyk’ Adri van Zyl
Een van die grootste ondersteuners van beleggingsmoontlikhede in Suid-Afrika het nou ’n houding ingeneem van “kyk wat gebeur” voordat hy groter beleggings in die land gaan doen. Dr. Mark Mobius, wat gereken word as die ghoeroe oor beleggings in ontluikende lande, sê die huidige toestande in Suid-Afrika is nie bevorderlik vir beleggings nie. Mobius, uitvoerende voorsitter van Templeton Asset Management, het in die laaste tyd sy belegging in Suid-Afrika verminder tot 7% van sy totale belegging van $43 miljard in ontluikende lande. Dit was voorheen 16%, en Mobius en sy beleggingspan wil nou liewer wag en kyk wat in Suid-Afrika gebeur. Tog is hy optimisties dat die regte besluite geneem sal word om die land op die regte pad te plaas om die verlangde ekonomiese groeikoers van tussen 7% en 8% te behaal. “Ekonomiese groei van tussen 3% en 4% is nie goed genoeg nie en die regering sal radikale stappe moet doen om beleggers te lok. Anders sal hy as beleggingsbestemming veld verloor teen ander ontluikende lande waar ’n hoër groeikoers behaal word. Kyk maar na China; almal belê in China,” sê Mobius. Voordat Suid-Afrika weer in Mobius se oë een van die voorkeurbestemmings vir sy beleggings word, is ’n paar dinge nodig. “Uitdagings vir die land,” noem hy dit. Een daarvan is om op groot skaal staatsbates en -dienste te privatiseer. Daarsonder sal Suid-Afrika nie die nodige buitelandse beleggings lok wat ekonomiese groei aanwakker nie. “Buitelandse beleggings in onder meer die spoorweë is die enigste manier om nuwe geld die land in te bring en sodoende produksie en groei te bevorder.” Ook die hoë belastinglas wat ondernemings in Suid-Afrika dra, skrik buitelandse – en trouens ook plaaslike – beleggers af. “Die hoë belasting dra nie by tot ’n gunstige beleggingsomgewing nie. “Laer belasting sal groter beleggings van Suid-Afrikaanse en buitelandse ondernemings lok,” sê hy. En dan is daar nog die probleme van vaardigheidstekorte, misdaad en die onsekerheid oor die politieke omgewing. Trouens, Mobius sê die onsekerheid oor die politiek speel tans ’n groter rol as die feit dat mnr. Jacob Zuma dalk die volgende president gaan wees. Dit is volgens hom heeltemal te vroeg om te sê wat die uitwerking daarvan op beleggingstemming sal wees, maar in dieselfde asem noem hy die voorbeeld van Brasilië. Hy het vinnig van sy beleggings in dié land ontslae geraak ná die verkiesing van die linkse Luis Inacio da Silva in 2002, maar hy het toe verras met sy gunstige sakebeleid. Naas die beleggings in China, is die grootste deel van Mobius se portefeulje tans in Brasilië. Dit verteenwoordig ’n belegging van $6 miljard, terwyl hy net $1 miljard in Suid-Afrika het. Mobius is oortuig daarvan dat die regte omgewing geskep kan word om beleggings na Suid-Afrika te lok, maar in hierdie stadium twyfel hy of die “land tans gereed is om die regte besluite te neem”. “Die regeringsbeleid is nie daarop gemik om vorentoe te beweeg nie. ’n Verandering sal ’n nuwe visie en ’n onversetlike houding ter bereiking van die doelwit verg.” Die voordeel waaruit Suid-Afrika kan munt slaan, en volgens Mobius behoort te, is die groei in Afrika suid van die Sahara. Op die oomblik stel hy net belang in Suid-Afrikaanse maatskappye wat reeds bedrywighede in ander lande in Afrika het. “Omdat Afrika ryk is aan hulpbronne tel alles nou in die guns van die kontinent en Suid-Afrika behoort die geleenthede te benut.” Mobius se oplossing vir die verlammende vaardigheidstekort is eenvoudig: “Bring die turbines vir kragopwekking in en die ingenieurs sal volg.” * Lees ook die berig op bl. 9 van Sake-Rapport.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|