| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 14:22 - (SA)
Te veel werkers sterf steeds in SA myne David van Biljon
Anglo American maak vordering met die verbetering van veiligheid by sy myne, maar die ongevallesyfer op sy myne is steeds “skokkend”. Só het me. Cynthia Carroll, uitvoerende hoof, die afgelope week tydens ’n spitsberaad oor mynveiligheid in Johannesburg gesê. Sy het ook ’n onderneming onderteken waarin die maatskappy hom daartoe verbind om nouer saam te werk met die regering en vakbonde ten einde veiligheid op Suid-Afrika se myne te verbeter. Sy het bekend gemaak dat daar sedert begin vanjaar nege sterftes op Anglo se myne was – agt daarvan in Suid-Afrika – teenoor 17 in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Die groep se filiaal, Anglo American Platinum, se Union-myn het vir die eerste keer in die 53 jaar van sy bestaan ’n miljoen skofte sonder enige sterftes voltooi. Nog ’n filiaal, Kumba Iron Ore, het in Februarie en Maart geen produksietyd as gevolg van beserings verloor nie. Mynveiligheid was die afgelope week in die kollig nadat 14 mynwerkers van die Gold Fields-groep die afgelope week in mynongelukke gesterf het. Gold Fields het Vrydag alle mynboubedrywighede by sy South Deep-, Driefontein- en Kloof-myn gestaak nadat nege werkers op Werkersdag dood is toe ’n mynhysbak in ’n skag afgestort het. Mnr. Andrew Davidson, woordvoerder van Gold Fields, sê bedrywighede is gestaak sodat alle mynhysbakkabels ondersoek kan word. Die ondersoek sou teen gister afgehandel gewees het. Agt van die werkers was kontrakwerkers van Murray & Roberts se filiaal Cementation Limited wat gehelp het met verdere ontwikkeling van die myn. Carroll het ook gesê die meeste van Anglo se mineraleregte – met die uitsondering van Anglo Platinum se gesamentlike ondernemings met die swart ekonomiese bemagtigingsmaatskappye Royal Bafokeng Resources en African Rainbow Minerals – voldoen nou aan die regering se nuwe vereistes en is weer aan die groep toegeken.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|