News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
    Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  3°C  23°C
Kpstd  14°C  16°C
Dbn  16°C  28°C
Jhb  6°C  21°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 14:22  - (SA)  
Daar’s ’n paar weë uit skuldmoeras
Nico van Gijsen    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Wat doen jy noudat rentekoerse styg, inflasiekoerse styg, kospryse styg en almal kla oor die besteebare geld wat minder raak?

Ek dink die beste is om niks te doen nie. Wees rustig, laat die storm hom uitwoed.

Net jammer dat hierdie raad net van toepassing sal wees op daardie klein groepie wat verantwoordelik was met skuld en wat wyslik finansiële beplanning gedoen het.

Maar verantwoordelikheid en beplanning is mos nie iets waaraan die meeste mense dink as dit goed gaan nie.

Nou goed, jy het nie verantwoordelik opgetree nie, jy het nie beplan nie, en jy is vrot van die skuld. Wat nou?

Wees eerstens eerlik met jouself. Skryf jou inkomste neer teenoor jou maandelikse verpligtinge.

Skryf alle ander uitgawes neer, selfs die bier en die rookdingetjie.

Dan besnoei jy. Besnoei asof jy moet oorleef, nie om jou lewenstyl te behou nie.

Ek is nie ’n voorstander daarvan om skuldprobleme met nog skuld te probeer regmaak nie, maar as jou huisverband laag is en jou kredietkaartskuld hoog, betaal die skuld op die kredietkaart, al moet jy jou verband verhoog. Jou verbandrente is goedkoper as kredietkaartskuldrente.

As jou probleem verder strek, stel ek voor jy gaan gesels met jou bankbestuurder en probeer ’n ooreenkoms bereik om vir ’n tyd lank ’n sekere bedrag te betaal totdat dinge weer beter gaan.

Jy kan ook bates begin verkoop, en ek bedoel daardie “speelgoed” waarmee jy vir jou ’n “rykmenslewe” geskep het.

Wat jy verder kan doen, maar eers nadat jy daaroor besin het, is om beleggings te kapitaliseer om skuld te betaal.

My huiwering hieroor het te doen met my ondervinding dat mense skuld afbetaal met spaargeld, maar dan, pleks van daardie afbetalingsbedrag weer te spaar, gaan maak hulle nuwe skuld met daardie nuwe beskikbare geldjies.

Wat jy nie moet doen nie, is om jou lewenspolisse te kanselleer. Dis finansiering vir môre.

Ek het die afgelope week te doen gehad met ’n geval waar iemand sy lewenspolisse onlangs gekanselleer het in ’n poging om finansieel te oorleef – maar sonder om sy vrou te vertel. Toe sterf hy in ’n motorongeluk.

Sy en die drie kinders het nou niks. En hulle sit met dieselfde hoë huisverband en die skuld op die motor en die skuld op die klererekening.

Pasop vir paniekbesluite. Maak liewer jou foute reg as om nuwes te gaan skep.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo