| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 14:22 - (SA)
Ondersoek teen bank en likwidateurs wat spogerwe teen R750 opraap David van Rooyen
’n Hofuitspraak in Pretoria die afgelope week gaan waarskynlik daartoe lei dat die likwidasiebedryf in Suid-Afrika binnekort weer ernstig onder die soeklig geplaas word. ’n Regter in die Pretoriase hooggeregshof het in ’n saak teen ’n groep likwidateurs en Nedbank beslis dat daar oorweldigende getuienis van bedrog en samespanning tussen dié bank en die likwidateurs bestaan en dat dié bewerings verder ondersoek moet word. Die beweerde samespanning hou verband met 137 erwe in Waterkloof Boulevard, ’n spogontwikkeling in een van Pretoria se rykmansbuurte, wat deur BoE op ’n likwidasieveiling vir net R100 000 (of R750 per erf) gekoop is, en wat daarna vir meer as R27 miljoen herverkoop is. Die markwaarde van die erwe beloop sowat R100 000 elk. Omdat BoE sedertdien deur Nedbank oorgeneem is, is laasgenoemde bank nou die verweerder. Die klaers in die saak het beweer dat die bank en die likwidateurs saamgespan het om die erwe so goedkoop op die veiling te bekom, tot nadeel van die gelikwideerde. Die geskil spruit uit die likwidasie van Waterkloofspruit Projects, die ontwikkelaars van die Waterkloof Boulevard-ontwikkeling, wat BoE sowat R29 miljoen geskuld het. Waterkloofspruit Projects is sedertdien deur BoE ontbind. Volgens die klaers was die veiling onwettig omdat dit nie, soos deur die wet vereis word, vooraf in die Staatskoerant geadverteer is nie. Daarby is daar bewerings dat BoE se optrede tydens die veiling strydig was met die voorwaardes wat die meester van die hooggeregshof vir die hou van die veiling gestel het. Dit het naamlik vereis dat die erwe afsonderlik verkoop moes word. Die klaer in die saak is Hillcrest Village, ’n filiaal van die Gilboa-eiendomsgroep. Waterkloofspruit Projects was ’n volfiliaal van Gilboa. Die klaers beweer dat BoE die 137 onverkoopte erwe in die ontwikkeling op 20 Maart 2001 op ’n likwidasieveiling te koop aangebied het. Na bewering het BoE op die veiling laat blyk dat hy al die erwe saam wil verkoop en dat hy geen aanbod van minder as R25 miljoen sal oorweeg nie, al was daar ’n aanbod van R20 miljoen vir die erwe. BoE se vereiste het daartoe gelei dat daar geen aanbiedings op die veiling was nie en BoE het al die erwe vir net R100 000, of R750 per erf, ingekoop. Sedertdien is meer as 100 van die erwe regstreeks uit die gelikwideerde maatskappy vir R27,5 miljoen verkoop. Feitlik al die erwe het reeds huise op. Regter NM Mavundla het bevind dat een van die likwidateurs, mnr. Pierre Cronje, by implikasie erken het dat die veiling nie in die Staatskoerant geadverteer is nie. Hy het ook bevind dat daar getuienis van moontlike samespanning is en dat dit verdere ondersoek regverdig. Hy het dus gehoor gegee aan die klaers se aansoek dat die ontbinding van Waterkloofspruit Projects tersyde gestel word, dat ’n nuwe onafhanklike likwidateur aangestel word en dat likwidasie-en-distribusierekening weer heropen word. As die likwidasieproses hervat word, kan dit lei tot moontlike eise teen Nedbank en die likwidateurs. Die klaer het verdere bates van R10 miljoen van Hillcrest Village aan die bank oorbetaal omdat die bank destyds gesê het dat hy nie sy verbandskuld van R29 miljoen uit die verkoop van die onverkoopte erwe sou kon verhaal nie. Dit blyk egter nou dat die bates dalk onnodig aan BoE oorgedra is omdat die bank meer wins uit die erwe gemaak het as die bedrag wat aan hom verskuldig was.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|