| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 14:22 - (SA)
Medihelp presteer ten spyte van Gems Letitia Watson
Medihelp kon ten spyte van ledeverliese aan die nuwe staatsfonds, Gems, stewige syfers vir die boekjaar tot einde Desember behaal. Die groei in private lede van die groep, wat die afgelope week sy resultate bekend gemaak het, het sedert 2003 met 46% tot 36 074 lede in 2007 toegeneem. “Hierdie groei in lede wat nie in die staatsdiens is nie, is baie positief vir Medihelp omdat ons ledetal in die verlede hoofsaaklik uit staatsamptenare bestaan het,” sê mnr. Anton Rijnen, uitvoerende hoof van die mediese fonds. Volgens Rijnen het die koms van Gems verlede jaar ’n beduidende uitwerking op die medieseskemabedryf gehad omdat dit soveel lede van ander mediese skemas weglok. “Die regering wil na verneem word hê al sy werknemers moet binne die afsienbare toekoms Gems-lede word. Gems se nuwe lede word gelok met hoë mediese subsidies wat die staat as werkgewer betaal. “Die meeste ander werkgewers kan nie sulke subsidies betaal nie. Inteendeel, werkgewers wentel dié verpligting asook dié om afgetrede werknemers te subsidieer, toenemend af na die werknemer, sodat dit deel van die totale vergoedingspakket uitmaak.” Rijnen sê ’n ander uitdaging vir die regering wat die medieseskemabedryf ook regstreeks raak, is die departement van gesondheid se oogmerk om aan meer mense groter toegang tot gehaltegesondheidsorg te gee. Dit hou die moontlikheid van groter ledetalle vir oop skemas in. “Die departement is besig om ’n maatskaplike gesondheidsorgversekeringstelsel (SHI) in werking te stel. Groter toegang tot gehaltegesondheidsorg beteken dan dat meer mense tot mediese skemas moet behoort. “Die SHI se oogmerk is om almal wat formeel in diens is of wat vir hulself werk, te oorreed om by mediese skemas aan te sluit. Dit sal na raming nog sowat 8 miljoen by die 7 miljoen mense voeg wat tans medieseskemadekking het.” Rijnen reken dit sal waarskynlik makliker vir die regering wees om wetgewing in te stel wat alle werknemers wat formeel in diens is, verplig om tot ’n mediese skema te behoort. Dit sal volgens hom ook die poel van versekerde lewens vergroot. Daar is nog heelwat ruimte vir mense wat medieseskemadekking benodig. “Navorsing toon 93% van swart mense, 83% van bruin mense, 70% van Indiërs en 50% van wit mense in stede behoort nie tot mediese skemas nie. Dit beteken slegs 14% van die metropolitaanse bevolking het medieseskemadekking,” sê hy. Medihelp het sy finansiële jaar afgesluit met ’n netto surplus van R178,2 miljoen en ’n solvensievlak van 29,9%. Die styging in ledegeld per lid vir sy 2008-opsies was 9,2%. Die groep is in die oorsigjaar deur Ask Africa se Orange Index as die voorste mediese skema in die land aangewys. Medihelp het ook vir die tiende agtereenvolgende jaar ’n A+-gradering van Global Credit Rating vir sy administrasie- en eisebetalingsvermoë ontvang.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|