News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
    Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  8°C  26°C
Kpstd  14°C  24°C
Dbn  16°C  23°C
Jhb  8°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 14:22  - (SA)  
Hoër rente moet help om tekort te finansier
Johann van Tonder    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Suid-Afrikaners kan hulself voorberei op nóg verhogings in rentekoerse – nie soseer om die huidige inflasiespiraal te demp nie, maar eerder om die tekort op die lopende rekening van die betalingsbalans te help finansier en sodoende ’n inflasieskok te verhinder.

Ekonomiese statistieke wat die afgelope week bekend gemaak is, toon dat die tekort op die lopende rekening al meer gedryf word deur die invoer van spesifieke goedere vir die finansiering van die infrastruktuur- en vervoerprogram asook die wêreldbeker-sokkertoernooi.

Suid-Afrika het dus buitelandse kapitaal nodig om die uitvloei te finansier, terwyl die tradisionele bronne van kapitaalinvloei kwyn.

In die afwesigheid van regeringsbeleid wat Suid-Afrika in staat stel om op gelyke voet met ander lande mee te ding om kapitaal vir vaste investering te lok, sal rentekoerse gevolglik in tye van onsekerheid moet styg om korttermyngeld te lok.

Wanneer rentekoerse styg, lok dit beleggers uit ander lande waar rentekoerse laag is, wat die verskil in rentekoerse gebruik om ’n opbrengs te verdien.

Dít is presies die situasie waarin Suid-Afrika nou is.

Kredietverlening- en handelsyfers vir Maart toon met die eerste oogopslag dat verbruikersvraag voortstoom ondanks die nege stygings van 50 basispunte elk in rentekoerse die afgelope 21 maande.

Dieper ontledings toon dat verbruiksbesteding vinnig afplat.

Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Sars) het invoer in die eerste kwartaal uitvoer met R21,6 miljard oorskry. Dié handelsverlies is 43% hoër as in die eerste kwartaal van verlede jaar.

Al was die invoer van verbruiksgoedere soos kos, klere en skoene teen R4,2 miljard in Maart sowat 11% hoër as die R3,8 miljard ’n jaar tevore, was die hoeveelheid wat ingevoer is inderdaad 7% minder as toe.

Nog ’n teken dat verbruikersvraag kwyn, is die kredietverleningsyfers vir Maart. Kredietverlening was in Maart R49 miljard hoër, maar mnr. Johan Rossouw, hoofekonoom van Vunani Sekuriteite, wys daarop dat R36 miljard daarvan in die kategorie vir ander lenings en voorskotte is.

Hy sê die styging in dié kategorie kan toegeskryf word aan desperaatheid. Desperaatheid-skuld word aangegaan as huishoudings met te veel skuld hulself wend tot oortrokke rekenings en kredietkaartskuld in ’n poging om hul finansiële probleme op te los.

Rossouw sê dié skuld is nie volhoubaar nie en behoort vinnig af te plat. Hy sê dit is ook ’n duidelike teken dat hoër rentekoerse verbruikersvraag laat afplat.

Die probleem is egter dat dit nie vinnig genoeg daal om ruimte te skep vir invoer om te voorsien in infrastruktuur-, wêreldbeker-sokkertoernooi- en vervoerbehoeftes nie.

Volgens Sars het die invoer van swaar masjinerie, vervoertoerusting (soos vragmotors en stootskrapers), olie en chemiese produkte teen R38,9 miljard in Maart 69% van totale invoer beslaan teenoor 64% in Februarie. Dit gaan na verwagting nog verder styg, wat die handelsverlies nog groter kan maak.

Indien die invoer van verbruiksgoedere nie verder afplat nie, kan die tekort op die lopende rekening verder styg.

Suid-Afrika kan dít nie bekostig nie omdat die land nie meer sy kwota van buitelandse kapitaal uit beleggings in aandele en effekte ontvang nie.

Daar was in Maart ’n mate van ’n ommekeer, maar buitelanders was in die eerste kwartaal netto verkopers van aandele en effekte van R22 miljard.

Saam met die handelsverlies van sowat R13 miljard (aangepas vir Reserwebankterme), beteken dit dat kapitaalinvloei van minstens R35 miljard in die eerste kwartaal uit ander bronne moes kom om die tekort te finansier.

En dit is waarom rentekoerse waarskynlik nog ’n ruk lank hoog gaan bly, tensy die regering iets daadwerkliks doen om vaste investering aan te moedig.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo