| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 14:22 - (SA)
Hoër rente moet help om tekort te finansier Johann van Tonder
Suid-Afrikaners kan hulself voorberei op nóg verhogings in rentekoerse – nie soseer om die huidige inflasiespiraal te demp nie, maar eerder om die tekort op die lopende rekening van die betalingsbalans te help finansier en sodoende ’n inflasieskok te verhinder. Ekonomiese statistieke wat die afgelope week bekend gemaak is, toon dat die tekort op die lopende rekening al meer gedryf word deur die invoer van spesifieke goedere vir die finansiering van die infrastruktuur- en vervoerprogram asook die wêreldbeker-sokkertoernooi. Suid-Afrika het dus buitelandse kapitaal nodig om die uitvloei te finansier, terwyl die tradisionele bronne van kapitaalinvloei kwyn. In die afwesigheid van regeringsbeleid wat Suid-Afrika in staat stel om op gelyke voet met ander lande mee te ding om kapitaal vir vaste investering te lok, sal rentekoerse gevolglik in tye van onsekerheid moet styg om korttermyngeld te lok. Wanneer rentekoerse styg, lok dit beleggers uit ander lande waar rentekoerse laag is, wat die verskil in rentekoerse gebruik om ’n opbrengs te verdien. Dít is presies die situasie waarin Suid-Afrika nou is. Kredietverlening- en handelsyfers vir Maart toon met die eerste oogopslag dat verbruikersvraag voortstoom ondanks die nege stygings van 50 basispunte elk in rentekoerse die afgelope 21 maande. Dieper ontledings toon dat verbruiksbesteding vinnig afplat. Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Sars) het invoer in die eerste kwartaal uitvoer met R21,6 miljard oorskry. Dié handelsverlies is 43% hoër as in die eerste kwartaal van verlede jaar. Al was die invoer van verbruiksgoedere soos kos, klere en skoene teen R4,2 miljard in Maart sowat 11% hoër as die R3,8 miljard ’n jaar tevore, was die hoeveelheid wat ingevoer is inderdaad 7% minder as toe. Nog ’n teken dat verbruikersvraag kwyn, is die kredietverleningsyfers vir Maart. Kredietverlening was in Maart R49 miljard hoër, maar mnr. Johan Rossouw, hoofekonoom van Vunani Sekuriteite, wys daarop dat R36 miljard daarvan in die kategorie vir ander lenings en voorskotte is. Hy sê die styging in dié kategorie kan toegeskryf word aan desperaatheid. Desperaatheid-skuld word aangegaan as huishoudings met te veel skuld hulself wend tot oortrokke rekenings en kredietkaartskuld in ’n poging om hul finansiële probleme op te los. Rossouw sê dié skuld is nie volhoubaar nie en behoort vinnig af te plat. Hy sê dit is ook ’n duidelike teken dat hoër rentekoerse verbruikersvraag laat afplat. Die probleem is egter dat dit nie vinnig genoeg daal om ruimte te skep vir invoer om te voorsien in infrastruktuur-, wêreldbeker-sokkertoernooi- en vervoerbehoeftes nie. Volgens Sars het die invoer van swaar masjinerie, vervoertoerusting (soos vragmotors en stootskrapers), olie en chemiese produkte teen R38,9 miljard in Maart 69% van totale invoer beslaan teenoor 64% in Februarie. Dit gaan na verwagting nog verder styg, wat die handelsverlies nog groter kan maak. Indien die invoer van verbruiksgoedere nie verder afplat nie, kan die tekort op die lopende rekening verder styg. Suid-Afrika kan dít nie bekostig nie omdat die land nie meer sy kwota van buitelandse kapitaal uit beleggings in aandele en effekte ontvang nie. Daar was in Maart ’n mate van ’n ommekeer, maar buitelanders was in die eerste kwartaal netto verkopers van aandele en effekte van R22 miljard. Saam met die handelsverlies van sowat R13 miljard (aangepas vir Reserwebankterme), beteken dit dat kapitaalinvloei van minstens R35 miljard in die eerste kwartaal uit ander bronne moes kom om die tekort te finansier. En dit is waarom rentekoerse waarskynlik nog ’n ruk lank hoog gaan bly, tensy die regering iets daadwerkliks doen om vaste investering aan te moedig.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|