| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 14:22 - (SA)
Bereken verhogings op glyskaal, sê ouditeur Hennie Duvenhage
Eskom verkoop die grootste deel van die elektrisiteit wat opgewek word teen kosprys aan munisipaliteite, groot nywerhede en myne terwyl dit huishoudings, landelike ondernemings en trekkrag aan Transnet is wat Eskom se winskoffers moet vul. In ’n ondersoek deur die forensiese ouditeurs Forensies.com is bevind dat grootmaatgebruikers 88,4% van Eskom se elektrisiteit koop, maar net R230 miljoen tot Eskom se bruto wins van R4,29 miljard, oftewel 5,4% van die bruto wins, bydra. Die res van Eskom se kliënte, huishoudings wat regstreeks krag van Eskom verkry, landelike ondernemings en trekkrag wat aan Spoornet gelewer word, koop slegs 11,6% van Eskom se krag, maar hul bydrae tot Eskom se bruto wins beloop R4,06 miljard, oftewel 94,6% van Eskom se totale bruto wins. Dr. Philip Theunissen van Forensies.com sê Eskom verkoop die grootste deel van die elektrisiteit wat opgewek word (39,8%) aan herverspreiders (hoofsaaklik munisipaliteite), terwyl nywerhede en myne saam ongeveer 42% van die land se krag aankoop. Die ondersoekspan het bevind dat nywerhede en internasionale kliënte elektrisiteit teen minder as kosprys by Eskom kry, terwyl die bruto winsgrens op verkope aan munisipaliteite minder as 5% beloop. Die span ouditeurs het tot hierdie gevolgtrekking gekom deur die hoeveelheid elektrisiteit wat Eskom aan dié verbruikers verkoop het, te deel deur die inkomste wat van die groepe verdien is. Al die syfers is in die finansiële state. En die verkoopprys is toe vergelyk met die 16,09c per kW, wat Eskom in sy state as die produksiekoste van elektrisiteit aangee. Dit blyk dat huishoudings wat elektrisiteit van munisipaliteite verkry bykans dieselfde tariewe betaal as die huishoudings wat elektrisiteit regstreeks van Eskom verkry. Munisipaliteite steek die wins (na raming tussen 150% en 200%) wat hulle maak uit die verkoop van elektrisiteit in hul eie sakke. In ’n voorlegging aan die elektrisiteitsreguleerder Nersa beveel Forensies.com aan dat Eskom se voorgestelde tariefverhoging van 60% nie eweredig op alle kliënte van toepassing gemaak moet word nie, maar op ’n glyskaal bereken moet word om kliënte wat tans goedkoop krag kry, meer te laat betaal.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|