| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 14:22 - (SA)
Uitbreikoors loop hoog by Dis-Chem en ander groepe Letitia Watson
Dis-Chem is ’n apteek met ’n winkel en nie ’n winkel met ’n apteek nie. Daarin lê die sukses van die snelgroeiende groep en ook die onderskeid met ander kleinhandelaars, sê mnr. Niall Hegarty, ’n direkteur van Dis-Chem. Dis-Chem het aanvanklik in 1978 as ’n klein aptekie in Mondeor in die suide van Johannesburg begin sake doen, maar het veral die afgelope ses jaar ontplof en apteke oor die hele Suid-Afrika begin open. Volgens Hegarty beplan die groep om sy nasionale voetspoor teen die einde van vanjaar uit te brei met 40 winkels wat oor Suid-Afrika versprei is. Dis-Chem het pas die deure van die jongste aankomeling in sy stal, ’n winkel in Woodmead, Sandton, oopgemaak en beplan vanjaar nog verdere uitbreidings in Bloemfontein, Westville, Oos-Londen en ’n verdere twee winkels in Pretoria. Hegarty sê Dis-Chem is steeds op die uitkyk vir verdere groeigeleenthede. “Gesonde groei is belangrik en ons sal ook kleiner apteekwinkels oorweeg om verder uit te brei.” Volgens hom is dit vir die groep van belang dat sy apteke landwyd groter verteenwoordiging het om só groter blootstelling aan mediesefonds-eise te kry. Hy sê egter die groep se groei lê nie oorwegend in die apteeksake nie, hoewel dit juis hier is waar Dis-Chem se gewildheid onder verbruikers lê vanweë die groep se goeie reputasie vir lae pryse van medisyne en voorskrifmedisyne. “Ons is volgens wet baie beperk wat resepteringstariewe betref en kan slegs 26% of ’n minimum van R26 by die pryse voeg. Die groep se sterk groei in omset lê eintlik in die gesondheidsorg- en skoonheidsprodukte,” sê hy. Mnr. Ivan Saltzman, Dis-Chem se besturende direkteur, skryf die groep se groei toe aan goeie bemarking en ook ’n omvattende produkreeks wat uit farmaseutiese, gesondheidsorg- en skoonheidsprodukte bestaan. Die groep was die eerste in die farmaseutiese bedryf wat ’n lojaliteitsprogram aan kliënte gebied het. Volgens Saltzman is dié stap gedoen in ’n poging om die groep ’n mededingende voordeel te gee. Die ongenoteerde maatskappy is steeds in die besit van die aanvanklike stigters. Volgens Hegarty is daar nie tans planne om op die JSE te noteer nie, maar die maatskappy oorweeg wel alle moontlikhede. Ten spyte daarvan dat Dis-Chem aansienlik minder winkels het, word sy belang in die voorskrifmark op sowat 10% geskat, wat na raming gelykstaande is aan dié van New Clicks Holdings. Clicks is tans die groot indoena onder die genoteerde kleinhandelaars wat apteeksake doen en is ’n groeiende teenwoordigheid in die gesondheidsorgbedryf. Die omset van dié groep se grootmaat- farmaseutiese verspreider, New United Pharmaceutical Distributors, het in die ses maande tot einde Februarie vanjaar met 13,6% gegroei. Clicks het net in die genoemde ses maande 24 apteke gevestig en die groep beplan om teen die einde van die jaar tussen 150 en 160 apteke te hê. Die ander spelers is Shoprite en Pick n Pay. Shoprite het sowat 52 MediRite-takke. Volgens Shoprite vervul die MediRites toenemend ’n rol om medisyne toegankliker te maak vir mense in die ontwikkelende mark, asook diegene wat hul inkopiebesluite op gerief grond. Shoprite sê ondanks onsekerheid in die farmaseutiese bedryf is hy steeds optimisties oor gesondheidsorg in Suid-Afrika en sal hy voortgaan om nuwe apteke in sy supermarkte te open. “Die vestiging van nuwe apteke is wel afhanklik van die toekenning van nuwe lisensies, asook die beskikbaarheid van geskikte aptekers. Suid-Afrika ondervind tans ’n kritieke tekort aan aptekers, wat ook die vestiging van nuwe MediRites kniehalter,” lui die groep se jongste jaarverslag. Pick n Pay is ’n kleiner speler en hoop om sy 14 apteke teen 2009 tot 18 uit te brei. Die gerief om inkopies te doen en terselfdertyd jou voorskrifmedisyne te kry of medisynekassie aan te vul, is ’n belangrike lokmiddel vir kliënte van kleinhandelaars wat apteekdienste bied. Mnr. Rob Forsyth, ontleder van Investec Asset Man?agement, sê die groot aantrekkingskrag van apteke vir kleinhandelaars lê weer in die groot aantal klante wat dit lok. “Natuurlik moet die apteekdeel winsgewend wees, maar dit sal nie dieselfde opbrengs behaal as byvoorbeeld voedselprodukte vir kleinhandelaars soos Shoprite nie. Hoe meer klante die apteekdeel egter trek, hoe meer blootstelling kry die winkel se ander produkte.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|