| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 14:22 - (SA)
Rabatte: Só word Amerika se ‘toekoms verpand’ Curt von Keyserlingk
Die Amerikaanse regering het die afgelope week begin om $110 miljard aan 130 miljoen Amerikaners uit te deel in ’n poging om die land se ekonomie te stimuleer. Kenners twyfel egter of dit genoeg sal wees. Dié reuse-uitbetaling word amptelik deur die regering as ’n belastingrabat beskryf, maar miljoene gesinne wat geen belasting betaal nie, kry ook geld terug. Na raming sal alle betalings teen 11 Julie afgehandel word. Getroude belastingbetalers wat minder as $150 000 per jaar verdien, kry tot $1 200 terug. Enkel belastingbetalers wat minder as $75 000 verdien, kry tot $600. Daar is ook $300 vir elke kind. Gesinne wat geen belasting betaal nie, kry ook $300. Die doelwit van dié uitbetalings is om die ekonomie deur middel van verhoogde verbruiksbesteding te stimuleer. Sowat 71% van Amerika se bruto binnelandse produk is tans aan verbruiksbesteding te danke. Die ironie is egter dat die geskenk uitbetaal word terwyl die regering met ’n geraamde begrotingstekort van $410 miljard vir vanjaar sit – die hoogste nog. Die geraamde tekort is gegrond op die optimistiese aanname van ekonomiese groei van 2,7%. Die jongste syfer is 0,6%. Die geskenk aan belastingbetalers word dus met geleende geld gedoen, eerder as belastingbetalersgeld, wat die geval sou gewees as ’n begrotingoorskot bestaan het. Die regering en politici van albei partye hoop dus dat verbruikers die geld gebruik om met vakansie te gaan of iets te koop wat hulle nie andersins sou gekoop het nie. Winkelgroepe soos Sears, Kroger, Supervalu, Kmart en ander kleinhandelaars bied nou aan om verbruikers se rabattjeks te wissel en 10% van die sigwaarde daarvan by te voeg as dit vir aankope in hul winkels gebruik word. Walmart het ook ’n tjekwisselveldtog. Reisagente en hotelle bied afslagpakkette van om en by $600. Pres. George W. Bush het in Januarie gesê die rabat sal tot hoër verbruiksbesteding en verhoogde sake-investering lei. Maar hy het Maandag gesê die bykomende geld sal help om verbruikers te vergoed vir hoër pryse by die petrolpomp en kruidenierswinkel. Die klem van sy boodskap het verander omdat ekonomiese toestande sedert Januarie versleg het. Altesame 232 000 werkgeleenthede het in die eerste kwartaal verlore gegaan, waaronder 80 000 in Maart. Verbruikersvertroue is nou op sy laagste in 26 jaar. Huispryse val al hoe vinniger en die aantal huislenings wat in Maart deur die banke opgeskort is, was 57% meer as in Maart verlede jaar. In ’n peiling deur Associated Press-Ipsos is bevind dat slegs 19% van verbruikers beplan om hul rabatte te bestee. ’n Groot gedeelte daarvan sal aan brandstof en kos gaan. Altesame 45% sal die rabat gebruik om skuld af te los en 32% sal dit spaar. In ’n peiling deur MarketWatch is bevind dat nege uit tien verbruikers glo Amerika beleef tans ’n resessie. The Wall Street Journal berig die jaarlikse besteding aan petrol vir ’n gemiddelde motoris het die afgelope jaar met $600 gestyg. “Dit is jammer dat die rabattjeks in die sakke van die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) sal beland,” het die Demokratiese senator mnr. Charles Schumer volgens Associated Press gesê. “Tensy die Bush-regering Opul kan oorreed om die toevoer van olie te verhoog, staar ’n petrolprys van $4 per gelling ons in die gesig, sonder verligting as vooruitsig.” Die speaker in die huis van verteenwoordigers, me. Nancy Pelosi, sê dit lyk asof ’n tweede stimuleringspakket nodig sal wees. Bloomberg berig vorige rabatte (in 1975, 2001 en 2003) het op kort termyn tot ’n matige stimulus vir verbruik en groei gelei. Tussen een en twee derdes van die rabatte is bestee. Ramings oor die uitwerking van die huidige rabat wissel tussen bykomende ekonomiese groei van tot drie persentasiepunte in ’n tydperk van tien weke wat “vrese oor ’n resessie sal beëindig”, tot “geen uitwerking”. Die tyd sal leer of die rabat gewerk het of nie. Maar die idee dat ’n skuldbelaaide land – met ’n skuldbelaaide regering en skuldbelaaide verbruikers – die ekonomie van resessie probeer red deur meer skuld aan te gaan, steek sommige waarnemers dwars in die krop. Prof. Ben Bernanke, voorsitter van die Federale Reserweraad, Amerika se sentrale bank, het die bynaam “Helikopter Ben” gekry nadat hy in 2002 gesê het die Fed kan nuwe banknote druk en dit uit helikopters gooi om sakgeld onder verbruikers te versprei. Hy het gesê dit sou die geldvoorraad verhoog, inflasie aanjaag en sodoende die reële waarde van die regering se skuld verlaag. Die rabatte is ’n verfynde en geteikende weergawe van die helikopteridee. “Ons nasie se finansiële en ekonomiese probleme is te diepliggend om te genees met ’n vloedgolf van miljarde dollars, wat in die eerste plek nie eens ons s’n is nie,” skryf mnr. Jay Bookman van The Atlanta Constitu-tion. “Ons verpand ons nasie se toekoms deur geld van ons kinders en kleinkinders sonder hul toestemming te leen. Wanneer jou tjek kom, sê dankie vir die glimlaggende kleinkind op die foto op jou lessenaar, en die ander wat nog nie eens gebore is nie.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|