News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
    Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  3°C  23°C
Kpstd  14°C  16°C
Dbn  16°C  28°C
Jhb  6°C  21°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 14:22  - (SA)  
Mark onseker oor Altech se Afrika-planne
Jana Marais    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Craig Venter, Altech se uitvoerende hoof. Foto: Samantha Simons

Beleggers in Altech sit op hete kole om te sien of die maatskappy se verkryging vir R650 miljoen van ’n meerderheidsbelang in die Sameer-groep, ’n bekende maatskappy met belange in Oos-Afrika, die groep in ’n beduidende telekommunikasiespeler in Afrika gaan omskep.

Die aandeelprys van Altech, wat verlede week ’n stewige stel resultate vir die jaar tot einde Februarie bekend gemaak het, begin behoorlik kop optel nadat dit in Maart by ’n laagtepunt van R43,75 gedraai het.

Daar is egter weinig tekens dat beleggers so opgewonde soos bestuur is oor die vooruitsigte wat die Sameer-transaksie inhou.

“Die mark verteer nog die Sameer-oorname. Sodra die eerste ses maande se syfers vir die nuwe boekjaar beskikbaar is, sal daar meer duidelikheid wees oor die oorname,” sê mnr. Morné Edas, ontleder by Cadiz African Harvest.

Die transaksie het in Maart plaasgevind, die eerste maand van Altech se nuwe boekjaar.

Op papier lyk die potensiaal uitstekend, veral vir Sameer se Kenya Data Networks (KDN), ’n gevestigde en gere-spekteerde datagroep in Kenia. Die streek is uitgehonger vir beleggings in telekommunikasie-infrastruktuur en daar is ’n reusevraag na veral bekostigbare internetdienste.

Dit lyk ook asof die Keniaanse regering ernstig daaroor is om internet-vriendelik te raak, wat tot minder regulatoriese hindernisse vir operateurs kan lei as wat in Suid-Afrika die geval is. Hy het byvoorbeeld besluit om self geld te bewillig en beleggers uit te nooi vir die bou van ’n kabel van Mombasa na die Verenigde Arabiese Emirate wat teen die middel van 2009 in bedryf behoort te wees. KDN besit 10% van dié kabel.

Die mark wag egter vir tussentydse resultate, wat sal toon in watter mate dié potensiaal in rand en sent omgeskakel kan word, en of dit die risiko van so ’n groot oorname in ’n politiek riskante mark soos Kenia die moeite werd maak.

Ontleders is veral skrikkerig omdat Altech se vorige groot Afrika-dobbelspel met ’n belang in die Zimbabwiese selfoongroep Econet Wireless misluk het.

Mnr. Johan Snyman, ontleder by JP Morgan, sê: “Sameer lyk na ’n baie goeie maatskappy. Die volgende groot vraag in Afrika ná selfone gaan na draadlose data wees. Dus is dit ’n uitstekende mark om in te wees. Die probleem is dat dit ook die volgende groot golf van belegging gaan wees vir selfoonoperateurs met sterk balansstate en wat reeds kliënte het.

“Ja, Altech het kontant en het ’n stewige bankstaat, maar hy het nie MTN en Vodacom se hulpbronne nie,” sê hy.

MTN is reeds bedrywig in Rwanda en Uganda, terwyl Vodacom groot bedrywighede in Tanzanië het. Die Britse selfoongroep Vodafone, wat ook die helfte van Vodacom besit, het belange in Kenia.

Altech bou self ’n draadlose WiMAX-netwerk vir breëbandinternet in Rwanda, terwyl die Sameer-groep naas Kenia ook in Tanzanië en Uganda sake doen.

Mnr. Craig Venter, Altech se uitvoerende hoof, sê die groep wil ’n groot speler word in die breëbandmark in Afrika wat teen sowat 70% per jaar groei.

Ander bedrywighede in die res van Afrika sluit in NamiTech in Nigerië wat onder meer voorafbetaalde lugtydkoeponne en simkaarte vervaardig. Verkope van lugtydkoeponne het van 10 miljoen per maand in 2006 tot meer as 100 miljoen tans toegeneem, met heelwat verdere groei wat voorspel word.

“Sy bedrywighede in Nigerië bied taamlike groot opwaartse potensiaal, maar ’n mens weet nie hoe lank dit gaan hou nie. Die risiko is dat ’n maatskappy kan oorbelê in infrastruktuur om voorafbetaalde koepons te vervaardig, en dan beweeg die mark na elektroniese koepons,” sê Snyman.

So ’n skuif het tot probleme by NamiTech se Suid-Afrikaanse bedrywighede gelei, wat tot ’n groot herstrukturering aanleiding gegee het.

Edas sê die mark in Nigerië is nog nie op die punt dat ’n groot skuif na elektroniese koepons sal plaasvind nie. “ ’n Mens kan nie die infrastruktuur in Nigerië met dié in Suid-Afrika vergelyk nie.”

Faktore wat in Altech se guns tel, sluit in dat verreweg die grootste deel van sy inkomstestroom van intekenare kom wat kontraktuele verbindings met Altech se filiale Altech Netstar en Autopage Cellular in Suid-Afrika het.

Die annuïteitsaard van sy inkomstestroom maak hom daarom minder vatbaar vir byvoorbeeld ’n afplatting in ekonomiese toestande.

Ook sy bedrywighede in Indië, waar hy dekodeerders vervaardig, toon groei en gaan binnekort sy verkoopsvolumes vir dekodeerders in die hele Afrika oorskry.

Die groep het ook planne vir verdere uitbreidings in die buiteland om uiteindelik meer as 40% van sy inkomste buite Suid-Afrika te verdien.

Sy aandeelprys verhandel nou teen rondom R53,20 met ’n relatiewe goedkoop prysverdiensteverhouding van 10,2. Hy het in November 2007 by ’n hoogtepunt van R80 gedraai danksy ’n bod van sy beherende aandeelhouer, Altron, om minderhede uit te koop.

Ontleders meen Altron sal weer ’n oornamebod – teen ’n vet premie – maak, maar dit mag eers ’n jaar ná die vorige een gebeur.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo