| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 14:10 - (SA)
Nuwe speler in skema-administrasie kan voordelig wees Letitia Watson
’n Nuwe reus gaan tot stand kom in die plaaslike bedryf vir medieseskema-administrasie. Die swartbemagtigingsgroep Lethimvula Investments is besig om die gesondheidsadministrasiesake van Old Mutual Suid-Afrika (Omsa) te verkry. Die transaksie is nog in sy kinderskoene en die twee maatskappye het die afgelope week aangekondig dat ’n memorandum van verstandhouding onderteken is om die administrasiesake van Medscheme en Rowan Angel, wat in Lethimvula se besit is, en Old Mutual Healthcare saam te voeg. So ’n onderneming sal dan mediese skemas administreer wat dekking aan sowat 2,3 miljoen mense verskaf, tenoor die 2,5 miljoen van Discovery, tans die grootste verskaffer. Na bewering gaan Lethimvula gevolglik ’n belang van 70% in Old Mutual Healthcare verkry. Omsa sal die minderheidsbelang behou. Die memorandum is die eerste stap in die transaksieproses. Dit sal gevolg word deur kontroleringsondersoeke, waarna finale onderhandelings gedoen sal word. Daarna moet regulatoriese goedkeuring van die Mededingingskommissie verkry word. Mnr. Paul Hanratty, besturende direkteur van Omsa, het in kommentaar op die moontlike samesmelting gesê die stap word gedoen omdat Omsa reken ’n maatskappy wat die voldoende kritieke massa, gevorderde IT-stelsel en prosesse gereed het, sal die uitdagings om gehalte- en bekostigbare administrasie te bied die beste hanteer. “Ons glo hierdie potensiële transaksie sal aan ons vereistes voldoen om gehalte en waarde vir geld aan die mark te bied.” Volgens ontleders is dit egter geen verrassing dat Omsa van sy sukkelende gesondheidsorgsake ontslae wil raak nie. Hoewel die nuwe skema volgens ontleders dus wel die mededinging in die bedryf sal opskerp, sal dit nie ’n bedreiging vir Discovery wees wat steeds die grootste oop mediese skema in die plaaslike bedryf is nie. Indien omstandighede gunstig is, bestaan die moontlikheid egter wel dat die nuwe maatskappy met sy sterk swartbemagtigingskomponent ’n hap uit die administrasie van die staat se geslote fonds, Gems, kan kry. Gems groei steeds met rasse skrede en word tans deur Metropolitan geadministreer. Old Mutual Healthcare administreer nege skemas, waaronder die Clicks-groep se mediese skema, die Poskantoor se MediPos, die Nedgroup se mediese skema, BHP Billiton SA se mediese skema, Old Mutual se mediese skema vir personeel en die oop skemas Oxygen en Medshield. Lethimvula het in September 2006 die meerderheidsbelang in Suid-Afrika se tweede grootste medieseskema-administreerder, Med-scheme, verkry wat onder meer die Bonitas- mediese fonds, Fedhealth en Liberty Health administreer. Rowan Angel administreer Spectramed. Die swartbemagtigingsgroep is sterk op uitbreiding gefokus en volgens dr. Anna Mokgokong, voorsitter van Lethimvula, is die groep aktief op die uitkyk vir groeigeleenthede. “Lethimvula wil sy sake deur gepaste samesmeltings en verkrygings asook organiese groei uitbrei en diversifiseer,” sê sy. Werknemers van Old Mutual Healthcare vrees egter dat ’n samesmelting met Medscheme en Rowan Angel daartoe kan lei dat verskeie mense hul poste verloor. ’n Woordvoerder van Omsa het aan SakeRapport gesê dis nog heeltemal te vroeg in die onderhandelingsproses om daarop kommentaar te lewer. “Die verwagting is egter dat ’n nuwe, groter, saamgestelde maatskappy heelwat nuwe geleenthede sal bied.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|