News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
    Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 14:10  - (SA)  
Saamstaan kan klerebedryf red
Letitia Watson     

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Ebrahim Patel, algemene sekretaris van Sactwu. Foto: Halden Krog

Indien alle rolspelers saamstaan, is daar hoop vir Suid-Afrika se beleërde klerebedryf, was die eenvormige boodskap by die Fashion Imbizo wat die afgelope week in Kaapstad plaasgevind het.

Die imbizo, waar die knelpunte van die bedryf bespreek is, was deel van die jaarlikse Kaapstadse modefees wat ses jaar gelede deur die Suid-Afrikaanse klere-en-tekstielwerkersvakbond (Sactwu) in die lewe geroep is.

Die modefees het onder meer ten doel om verbruikersbewustheid te verhoog van al die geleenthede wat daar is om plaaslik vervaardigde klerasie te koop.

Die prentjie van Suid-Afrika se klerebedryf het die laaste paar jaar drasties verander. Tot die vroeë negentigerjare was die plaaslike klere-, leer-, skoeisel- en tekstielbedryf, wat jaarliks op R41 miljard geraam word, grotendeels beskerm.

Die afgelope 12 jaar, waarin dié bedryf groter blootstelling aan die globale ekonomie, liberalisering van handel en die opkoms van China gehad het, het dit egter die verlies van sowat 130 000 werkgeleenthede beleef.

Veral invoer uit China het die laaste paar jaar ongekende groei beleef, sodat dit teen 2006 bykans 80% van alle tekstiel-en-klerasie-invoer na Suid-Afrika uitgemaak het.

Die departement van handel en nywerheid het in Januarie 2007, met die hoop om dié invoer te beperk, ’n kwotastelsel van stapel gestuur om handelaars te dwing om plaaslike produkte te koop en werkverskaffing te bevorder.

Buiten dat die kwotastelsel volgens rolspelers in die bedryf nie veel gedoen het om werkverskaffing te bevorder nie, het die invoer van produkte wat voorheen van China gekom het, skielik uit lande soos Pakistan, Mauritius, Mianmar en Viëtnam heelwat toegeneem.

Mnr. Ebrahim Patel, algemene sekretaris van Sactwu, het egter by die imbizo gesê dat invoer sedert die instelling van die kwotas nie net uit China met 31% gedaal het nie, maar ook uit die res van die wêreld met 12% gedaal het.

“Globale invoer neem af en sedertdien het dit met altesame 47% verminder. Sonder die kwotas sou invoer nog baie skerp gestyg het.”

Volgens mnr. Tshediso Matona, direkteur-generaal van handel en nywerheid, was die kwotas, wat oor ses maande verval, van die begin af net ’n tydelike oplossing vir die klerebedryf se probleme.

Hoewel dit nog onduidelik is hoe die departement die kwotas daarná sal toepas, al dan nie, is die verwagting dat steunmaat?reëls in werking gestel sal word voordat die kwotas verval.

Volgens Patel werk Sactwu, die regering en maatskappye saam aan verskeie projekte om lewe in die klerebedryf te blaas en kwessies soos produktiwiteit, opleiding, die opgradering van toerusting en die bevordering van vervaardigingsprosesse aan te pak.

Matona het gesê die departement onderhandel om ’n pasgemaakte sektorprogram wat op die klerebedryf gefokus is, van stapel te stuur wat moontlik met aansporingsmaatreëls gepaard sal gaan, soos hulp met nuwe masjinerie en opleiding.

Hy reken ook dat die kwotastelsel verdere werkverliese gestrem het en die bedryf kans gegee het om asem te skep.

Mnr. V.R.M. Raju, besturende direkteur van Levi Strauss SA, het gesê dis kritiek vir die Suid-Afrikaanse klerebedryf om so vinnig moontlik op markversoeke te reageer teen die agtergrond van die vinnig veranderende vraag.

“Dit is belangrik vir die plaaslike bedryf om seker te maak dat die vervaardigingsvermoë aan die vraag voldoen. Om dit reg te kry, moet belê word daarin om talentvolle mense te lok om plaaslike werkers op te lei, asook in voldoende toerusting. Die regte meganismes moet gebruik word om plaaslike potensiaal te ontsluit.”

Volgens Raju lê die uitdaging en oorlewing vir die plaaslike klerebedryf dus daarin om so vinnig en doeltreffend as moontlik op markvraag te reageer.

“Die vermoë om dit te doenmoet net ontsluit word. Ek glo ons is op die regte pad.”

Patel het gesê ’n pasgemaakte sektorprogram sal baie nuwe geleenthede meebring, ook vir entrepreneurs. Dit sal ons help om alle hulpbronne ten volle te benut en innovasie ondersteun. “Daar is hoop vir die bedryf, mits die werkersklas saam met alle ander rolspelers betrokke is om die bedryf te verander.”

Sy opinie is beaam deur mnr. Ebrahim Rasool, die Wes-Kaapse premier, wat gesê het die samewerking van vakbonde soos Sactwu, kleinhandelaars, vervaardigers en die regering is nie bloot vir die beskerming van werkers nie, maar noodsaaklik vir die oorlewing van die hele bedryf.

“Ons is verby die punt om die vernietigende invloed van invoere op die bedryf te ontken. Dit is ons almal se verantwoordelikheid om weer lewe in die bedryf te blaas.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo