News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Sterre oppad na SA
Verskeie Hollywood-akteurs kom eersdaags in SA aan om 'n rolprent te maak oor Amelia Earhart.
Sondag 29 Junie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
    Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  13°C
Kpstd  12°C  15°C
Dbn  12°C  21°C
Jhb  3°C  16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 14:10  - (SA)  
Baie geld nodig om Land Bank te red
Hennie Duvenhage     

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die raad van die Land Bank sê enige poging om die bank van totale ondergang te red, moet begin by die herkapitalisering van die bank in so ’n mate dat die kapitaaltoereikendheidskoers van die huidige 5% na ten minste 20% verhoog word.

Dit is nodig om die bank in staat te stel om sy nuwe opdrag uit te voer, naamlik die ontwikkeling van ontluikende boere en die verskaffing van nie-finansiële bystand aan die nuwe boere om hul sukses te verseker.

Die nuwe raadslede het die afgelope week ’n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee vir landbou en grondsake gedoen oor ’n omswaaistrategie vir dié bank.

Sonder die kapitale inspuiting van meer as R10 miljard sal die Land Bank nie weer op die been gebring kan word nie en daar word nou ernstige gesprekke met die regering gevoer om die geld in die hande te kry.

Van die opsies wat oorweeg kan word om die bank se kapitaal te versterk, is die herkapitalisering deur die regering, regeringswaarborge wat verskaf word en skenkers wat die bank te hulp snel.

Daar moet ook toegesien word dat die verskillende toelaes wat by die departemente van landbou en grondhervorming vir grondhervorming beskikbaar is, na die bank gekanaliseer word.

Die eerste stap wat dan gedoen gaan word, is ’n vaardigheidsoudit om te bepaal watter vaardighede personeellede moet hê om die bank te bestuur.

Verskeie mensehulpbronprogramme word in die vooruitsig gestel om onder meer personeel se moraal en dienslewering te verbeter.

Die bank het tans 613 vakatures en die lys groei maand na maand.

Dit blyk dat die bank se personeellys nie bygewerk is nie en daar word gehoop om teen 31 Julie vanjaar ’n volledige personeellys asook ’n geouditeerde betaalstaat te hê.

Een van die probleme tans is dat senior bestuursposisies nie gevul is nie en die raad hoop om in die loop van die 2008/2009-boekjaar die nodige kundige personeel te bekom.

Dit lyk of die aandrang op regstellende aksie die poging belemmer om personeel te bekom wat kennis van beide die bankwese en landbou het.

Die bestuur van koste en inkomste is van die belangrikste aspekte van die omswaai-strategie en planne sal in werking gestel word om te verseker dat die bank se kostestruktuur met sy inkomste ooreenstem.

Hoewel die bank oor ’n risiko-bestuursprogram beskik wat luidens die raad uitnemend is en selfs aan die vereistes van die King-verslag oor korporatiewe beheer voldoen, is dit nooit werklik in werking gestel nie.

Dit blyk dat dit veral krediet-risiko’s is wat nie die nodige aandag gekry het nie en verskeie programme word in die loop van die jaar in die vooruitsig gestel om die probleem op te los.

Die raad hoop om teen die einde van Junie te begin met die opleiding van bedryfs- en kredietpersoneel om hulle die kernkredietwaardes en -dissipline te leer.

Verskeie programme word ook in die vooruitsig gestel om die bank se inligtingstelsels, wat tans grootliks disfunksioneel is, weer op die been te bring.

Die Land Bank beskik tans oor 27 takke en die raad beoog om dit na 47 te vermeerder om die bank nader aan potensiële kliënte te bring. Die vestiging van die nuwe kantore sal tussen die einde van November vanjaar en Maart 2011 geskied.

Die bank beoog ook om samewerkingstrategieë te volg, met die klem op vennootskappe met koöperasies en kommoditeitsgroepe. Die samewerking sal gemik wees op volhoubaarheid van bestaans- en ontluikende boere.

“Die sleutelelement en prioriteit van die plan is om die bank te herfokus op sy ontwikkelingsmandaat, naamlik om hulp en bystand aan ontluikende boere te verleen,” lui die verslag wat aan die parlement voorgelê is.

Dit blyk dat ondersteuning van opkomende boere belangrik geag word omdat daar op ’n duur manier uitgevind is dat grond nie maar net uitgedeel kan word aan mense wat nie boerderyondervinding het nie, maar dat hulle deur kundige mense ondersteun moet word.

Vir dié doel word dit in die vooruitsig gestel om sake-eenhede op die been te bring vir ontluikende boere en kommersiële boere onderskeidelik.

Die raad het ook ’n plan bedink om die negatiewe publisiteit wat die bank die afgelope tyd ervaar het, hok te slaan deur te begin om verhoudings met die media te probeer opbou. ’n Nuwe webtuiste vir die bank word in die vooruitsig gestel, terwyl daar ook gereeld inligtingsessies aangebied sal word.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Wat is die oplossing vir die krisis in Zim?
Stille diplomasie
Militêre ingryping
Uitgebreide sanksies

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo