| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 14:10 - (SA)
Beleidsaanbevelings neem nie SA se unieke probleme in ag nie Johann van Tonder
Selfs al word die bykans onmoontlike vermag – dat die beleidsaanbevelings van ’n paneel internasionale en plaaslike ekonome deur die ANC en sy vennote aanvaar word – gaan dit steeds nie die land se ekonomiese groeipotensiaal van die huidige sowat 4% tot die Asgisa-doelwit van 6% verhoog en werkloosheid teen 2014 halveer nie. Al is daar heelwat bruikbare aanbevelings in dié navorsing, is dele daarvan op betwisbare aannames gegrond, terwyl sommige beleidsprobleme nie voldoende, of glad nie, ondersoek is nie. Bowenal is die aanbevelings nie nuut nie. Trouens, plaaslike ekonome maak dikwels dieselfde aanbeveling, maar dit het tot dusver op dowe regeringsore geval. Dié voorstelle spruit uit ’n opdrag van die nasionale tesourie enkele jare gelede aan die Center for International Development aan die Harvard Universiteit in Amerika om navorsing te doen oor die struikelblokke in die weg van versnelde en gedeelde ekonomiese groei (Asgisa) wat keer dat die groeipotensiaal van die land bereik word. Die navorsing oor makro-ekonomiese beleid, handel en mededinging, nywerheid, staatsadministrasie en swart ekonomiese bemagtiging is nou voltooi en Donderdag vir kommentaar gepubliseer. Die paneel maak 21 oorkoepelende aanbevelings, maar die hoofstrategie is gegrond op die vermindering van werkloosheid onder laaggeskooldes deur hulle hoofsaaklik in die vervaardigingsektor op te neem en sodoende die uitvoer van vervaardigde en ander verhandelbare produkte te verhoog. Om dié sektor internasionaal mededingend te maak, moet die rand verswak en die Suid-Afrikaanse Reserwebank moet sy siening oor die waarde van die rand in sy rentekoersverklarings aan die mark bekend maak. Voorts word aanbeveel dat invoertariewe en valutabeheer vereenvoudig en beperk word. En die staat moet ’n begrotingsoorskot van 2% van bruto binnelandse produk handhaaf pleks van die huidige sowat 1%. Die groter uitvoer en fiskale oorskot sal die tekort op die lopende rekening in toom hou, terwyl laer invoertariewe inflasie laer kan hou. Plaaslike ekonome stem nie saam nie. Prof. Charlotte du Toit van die ekonomiese departement aan die Universiteit van Pretoria sê die aanbevelings is gegrond op die aanname dat Suid-Afrika nie noemenswaardige vermoënsprobleme het nie. En dus dat die vaardigheidstekorte nie baie groot is nie. Dit is egter ’n feit dat daar ’n tekort aan vaardighede in bykans elke ekonomiese sektor is. Die tekorte is juis een van die hooffaktore wat die volhoubare ekonomiese groeipotensiaal tot sowat 4% beperk. Die aanbevelings impliseer dat ongeskooldes reeds die vaardighede het om produktief in die vervaardigingsektor te werk. Daar is voorts weinig aandag gegee aan die struikelblokke om buitelandse vaste beleggings te lok. Dit is een van Suid-Afrika se grootste knelpunte. Buitelandse vaste investering deur byvoorbeeld die vestiging van nuwe ondernemings, sal buitelandse vaardighede na die land lok, werk skep en die tekort op die lopende rekening help finansier. Dit is strategieë wat ander opkomende lande suksesvol volg. Sy sê die aanbeveling dat die staat se begrotingsoorskot moet vergroot, is betwisbaar. Vir ’n ontwikkelde land is dié aanbeveling aanvaarbaar, maar vir ’n ontwikkelende land soos Suid-Afrika met sy unieke behoeftes is dit ongehoord. Sy sê ’n begrotingstekort hoef nie inflasionêr te wees nie indien dit gedryf word deur investering in infrastruktuur en mense – juis twee van die land se tekortkominge. * Johann van Tonder is ekonoom by Dynamic Wealth.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|