News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Minki vonkel...
Minki Visser vonkel behoorlik wanneer sy praat oor 'n nuwe verbintenis...
Komedie met plaaslike talent
Wat het Catriona Andrew, Barry Hilton en Mark Fish in gemeen?
Sondag 12 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Sport
    Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  7°C  32°C
Kpstd  14°C  21°C
Dbn  17°C  30°C
Jhb  11°C  28°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 14:09  - (SA)  
Jeug het groot finansiële invloed
Johann van Tonder    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Suid-Afrikaanse jeug se mag het die laaste ruk ongemerk skerp toegeneem en dié deel van die bevolking het nou die vermoë om finansiële besluite van digby R400 miljard per jaar te beïnvloed.

Nuwe navorsing toon dat die jeug nie net hul stempel op die ekonomie afdruk met hul sakgeld van miljarde rande nie, maar dat hulle ook ’n groot invloed uitoefen op die kontantaankope van hul huishoudings.

En die invloed is bestem om net groter te word, sê prof. Deon Tustin, hoof van die Buro vir Marknavorsing (BMR) aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) en outeur van die navorsingsverslag getiteld Perceived influence of adolescents on purchase decision behaviour of metropolitan households in South Africa.

Tustin sê sedert die opkoms van die swart middelklas ’n paar jaar gelede was daar nog nie weer so ’n groot impak op die verbruikersmark as wat die jeug nou uitoefen nie.

Hy sê die navorsing, wat gefokus het op die ongeveer 7,8 miljoen kinders tussen die ouderdomme van 13 en 17 jaar wat in metropolitaanse gebiede woon, toon dat die jeug op twee maniere ’n finansiële impak uitoefen op die verbruikersmark.

Die grootste daarvan is deur hul ouers te beïnvloed in hul koopbesluite.

Op dié manier het die jeug ’n potensiële invloed op koopbesluite van sowat R380 miljard.

In die tweede plek verdien hulle sakgeld wat hulle self bestee. Dit beloop na raming sowat R6,7 miljard per jaar, of gemiddeld R320 per maand, en dit wissel van gemiddeld R190 per maand in Kaapstad tot R430 per maand in Johannesburg.

Die navorsingspan het die invloed wat die jeug op hul ouers se koopbesluite het met betrekking tot 34 produksoorte ondersoek. En dit blyk dat die jeug op sowat 73,5% van die produksoorte ’n invloed het.

Bykans 34,5% van die ouers in huishoudings het aangedui dat die jeug ’n invloed het op die aankoop van klere en skoene, 34% het gesê dat hul kinders ’n rol speel in die keuse van buite-aktiwiteite soos flieks en konserte, terwyl 23,1% aangedui het die aankoop van kinderspeelgoed word deur die kinders beïnvloed.

Die koop van wegneemetes en leesstof word ook in ’n mate deur die jeug beïnvloed.

Tustin sê die jeug beïnvloed hul ouers op verskeie maniere. Versoeke sonder redenasie is die grootste invloed, maar kinders gebruik ook vergelykings met ander kinders en onderhandeling as taktiek om hul ouers te beïnvloed.

Hy sê die jeug is deesdae goed vertroud met handelsmerke en 70% van ouers het aangetoon dat die jeug ’n invloed het op die handelsmerkkeuse wanneer aankope gedoen word.

Danksy groter blootstelling aan inligtingstegnologie en meer sosialisering tussen ouers en kinders wanneer dit by verbruikersake kom, is die jeug ook meer vertroud met verbruikersake.

Ouers het egter ook aangedui dat hul kinders geen invloed het op 25% van, of sowat R132 miljard se, koopbesluite nie.

Produksoorte waaroor ouers self besluit, sluit aankope van huise, motors, sitkamer-stelle, kombuisware, lewensversekering, nie-voorgeskrewe medisyne en alkoholiese verversings in.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Sal jy jou steun toesê aan mnr. Lekota se wegbreek-poging?
Ja
Nee
Dit sal nooit realiseer nie.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo