News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
    Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 14:09  - (SA)  
Keer só dat ’n skelm met jou naam moles maak
Letitia Watson     

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Gari Dombo, besturende direkteur van Alexander Forbes Insurance.

Suid-Afrikaners moet lig loop vir identiteitsbedrog, want dit kan tot yslike en onverwagte uitgawes lei. Suid-Afrikaanse sake-ondernemings het net in die eerste drie maande vanjaar reeds R276 miljoen verloor weens bedrog wat verband hou met identiteitsdiefstal.

Mnr. Gari Dombo, besturende direkteur van Alexander Forbes Insurance, sê dié syfer is aansienlik hoër as in 2007 en internasionaal lyk dit asof identiteitsbedrog toenemend ’n probleem word. Volgens die Amerikaanse Federale Handelskommissie word 9 miljoen Amerikaners se identiteit jaarliks gesteel.

In Suid-Afrika is kredietkaartbedrog die grootste sondaar onder die soorte misdaad wat as identiteitsbedrog geïdentifiseer word. Die hele ketting van identiteitsbedrog skop af met die diefstal van dokumente soos jou kredietkaart, rybewys, identiteitsdokument of paspoort.

Slagoffers kom mettertyd agter dat hulle nie meer sekere bankbriewe ontvang nie of wanneer hulle voordele van die regering wil eis, word hulle ingelig dat hulle dit reeds gedoen het. Of lenings word afgekeur al het die persoon ’n goeie kredietrekord.

“Wanneer ’n misdadiger egter rekeninge in jou naam begin oopmaak, kan die gevolge vernietigend wees,” sê Dombo.

Die misdade wat bedrieërs met iemand se persoonlike inligting kan aanvang, is legio. Hulle kan nuwe krediet- of bankkaarte in die onskuldige persoon se naam registreer en yslike bedrae skuld aangaan, lenings kry en selfs eiendom huur en ’n telefoonrekening open.

Bedrieërs kan selfs iemand anders se identiteit vir die polisie gee indien hulle betrap word en wanneer hulle op borgtog vrygelaat word, sal lasbriewe vir toekomstige arrestasies in daardie persoon se naam uitgereik word.

Wat staan onskuldige verbruikers dan te doen? Volgens Dombo moet jy eerstens jou bank kontak sodra jy onraad vermoed. “Finansiële instansies kan jou help om kredietburo’s daarvan in kennis te stel en om die regte instansies te bereik.”

Die volgende stappe kan ook help om identiteitsbedrog te voorkom: Moenie ekstra kredietkaarte by jou dra nie; kanselleer alle rekenings wat jy nie gebruik nie; wees op die uitkyk vir enige ongemagtigde transaksies in jou kredietverslae; ondersoek bankstate elke maand; vernietig dokumente met sensitiewe inligting; en moenie jou identiteits- en rekeningbesonderhede sommer vir enigiemand gee nie – maak seker navrae na dié inligting is wettig.

“Mense besef nie hoeveel tyd, geld en kundigheid dit kan kos om jou identiteit en skade aan jou finansiële inligting, wetlike status en reputasie weens identiteitsbedrog te herstel nie.

“Gegewe die uitgawes wat daarmee gepaard gaan, kan versekering teen identiteitsbedrog ’n nodige kopie word,” sê hy.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo