News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
    Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 14:09  - (SA)  
Vrouekrag nodig om beter te presteer in raadsaal
Helen Ueckermann    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Me. Lindie Engelbrecht, uitvoerende hoof van die Instituut van Direkteure (IoD).

Sterk vroulike verteenwoordiging bring dimensies na vore wat direksies na hoër prestasievlakke kan lei.

Me. Lindie Engelbrecht, uitvoerende hoof van die Instituut van Direkteure (IoD), sê vroue kan ’n verskil maak, onder meer deurdat hulle mense goed na waarde kan skat en hulle vaardig is in die bestuur van ego’s en aggressie in ander.

“Hulle het ook sterk perspektiewe wat betref produkte, dienste en die markplek, asook die vermoë om korttermyn- korporatiewe doelwitte te versoen met breër maatskaplike kwessies,” sê sy.

Hoewel Suid-Afrika allerweë beskou word as ’n uitstekende voorbeeld van genderverteenwoordiging, voer Noorweë die botoon met 40% van direksielede wat vroue is.

Luidens wetgewing wat in 2003 in dié land in werking getree het, moet 40% van korporatiewe direksies uit vroue bestaan. Dié teiken is bereik en daardeur is die verwagtinge van vroue elders in Europa wat om direksieposte meeding, ook verhoog.

In Spanje word direksies volgens wet verplig om teen 2015 60% vroulik te wees en in Nederland word daar gewerk aan ’n vrywillige handves waarvolgens maatskappye hulle verbind tot die aanstelling van meer vroue in direksies.

Vergeleke hiermee is Suid-Afrikaanse vroue nog aansienlik onderverteenwoordig in direksies.

Die bevindings van ’n sensus wat verlede jaar deur die Sakevrouevereniging (BWA) gedoen is, toon dat slegs 16% van Suid-Afrikaanse maatskappydireksies (51 in totaal) se lede uit 25% of meer vroue bestaan. Voorts het net vier van die land se top-25 maatskappye (volgens markkapitalisasie) 25% of meer vroue as direkteure.

Die persentasie vroue wat lid is van die IoD – slegs 18,75% – weerspieël ook die neiging.

“Noorweë bied ’n fantastiese voorbeeld wat toon dat ongelykhede tussen die verskillende geslagte wel reggestel kan word,” sê Engelbrecht.

’n Studie deur Catalyst, ’n Brits gesetelde navorsingsgroep, het aan die lig gebring dat die finansies van maatskappye met minstens drie vroue in hul direksies beter daar uitsien as dié met geen of slegs een vrou.

Engelbrecht meen vroue beskik amper oor ’n sesde sintuig as hulle ander na waarde moet skat en dié in uitvoerende poste weet dat hulle boodskappe vanweë hul uitstekende kommunikasievermoëns doeltreffender kan oordra.

“Vroue speel nog nie die korporatiewe spel so lank of so aggressief soos mans nie, maar hulle bring wel ’n vars en neutrale benadering na die raadsaal wat ’n positiewe uitwerking het op aggressie en dominasietegnieke van hul manlike eweknieë.

“Vroue moet egter steeds harder werk om dieselfde erkenning as mans te kry,” sê Engelbrecht. Sy sê hulle moet kundiges in hul veld word om hul stempel in ’n manswêreld te kan afdruk.

“Die IoD streef daarna om die vaardighede van vroue in uitvoerende poste op te skerp.

“Ons Vroue in Leierskap-werksessies fokus op ’n bewustheid van persoonlike en beroepsvaardighede wat lei tot hoër prestasie as handelsmerkambassadeurs, leiers en spanlede,” sê sy.

* Die resultate van die BWA se 2008-sensus word môre in Sandton bekend gestel.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo