| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 24 Augustus 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 14:09 - (SA)
Vakbonde maak gereed om hoë inflasie te fnuik Helen Ueckermann
Met inflasie wat binne die afsienbare toekoms tot selfs 15% kan opskiet, is vakbondeise om outomatiese, inflasiegekoppelde salarisverhogings, en selfs protesaksies, ’n sterk moontlikheid. Vakbonde landwyd onderhandel tans met werkgewers om salarisverhogings wat met inflasie tred hou. Hulle maak meestal seker dat sekere meganismes in die finale ooreenkomste ingebou word om die uitwerking van ’n verdere toename in inflasie teen te werk. Sommige ekonome het die afgelope week voorspel dat die inflasiekoers binnekort tot 15% kan styg as die olieprys aanhou styg en Eskom se voorgestelde verhoging van 53% goedgekeur word. “Ons onderhandel vanjaar vir niks minder nie as verhogings van 10% hoër,” sê mnr. Chris de Vos, hoofsekretaris van die United Transport and Allied Trade Union (Utatu). Dié vakbond onderteken môre sy ooreenkoms met Transnet vir verhogings van 10%, maar is nog haaks met Metrorail wat net 8% op die tafel wil sit. “Dit is buite die kwessie dat ons enigiets onder 10% sal aanvaar. As Metrorail ons nie tegemoet kom nie, gaan ons druk uitoefen en kan daar beslis probleme kom.” Mnr. Patrick Craven, woordvoerder van die vakverbond Cosatu, sê dit is nog te vroeg om te sê of protesaksies sal volg omdat onderhandelings nog aan die gang is. “Dit lyk amper asof inflasie vinniger styg as wat ons kan onderhandel. Veral kosprysinflasie is ’n kopsorg omdat voedselaankope die grootste deel van die kleiner verdieners se inkomste insluk. “Ons kan in die toekoms outomatiese, inflasiegekoppelde salarisverhogings begin eis om voorsiening te maak vir die behoeftes van ons lede,” sê hy. Mnr. Jaco Kleynhans, woordvoerder van Solidariteit, sê as inflasie wel geweldig sou styg nadat loononderhandelings afgesluit is, is daar altyd die opsie om later in die jaar weer onderhandelings te open. “Dit gebeur egter nie sommer nie, en ’n meer algemene manier van doen is om, na gelang van wanneer verhogings by die onderskeie werkgewers in werking gestel word, eerder te beding vir byvoorbeeld 11% plus nog ’n bykomende 1% om voorsiening te maak vir inflasie wat nog kan toeneem.” Mnr. André Venter, bestuurder: strategiese ontwikkeling van die United Association of South Africa (Uasa), sê dié vakbond verwag dat loonskikkings by 11,8% gaan draai. “Ons neem kennis van die Suid-Afrikaanse Reserwebank se beroep op vakbonde om nie onrealistiese salariseise te stel nie omdat dit verdere inflasionêre druk op die ekonomie kan plaas. “Ons lede kreun egter onder die geweldige ekonomiese druk en die einde is nog nie in sig nie. Hulle kry swaar en is onrustig. “Afgesien van loonskikkings wat reeds bereik is en wat nog bereik gaan word, mag dit gebeur dat versoeke vir die heropening van onderhandelinge gerig word. Dan sal werkgewers te make kry met werklike eise van ‘honger’ werkers wat waarskynlik bereid sal wees om strate toe te gaan.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|