News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Rapport-blogs
Dié wat weet sê dis die beste stry-plek in die kuberruim. Kom maak jóú stem dik!
Sondag 6 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
    Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  0°C  17°C
Kpstd  12°C  14°C
Dbn  10°C  25°C
Jhb  1°C  15°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 14:09  - (SA)  
Kenners kap SA oor sy beleid oor bemagtiging
David van Rooyen    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

’n Span internasionale kenners wat deur die regering aangestel is het ernstige kritiek uitgespreek oor die wyse waarop swart ekonomiese bemagtiging toegepas word.

Die kenners sê in ’n verslag wat die afgelope week uitgereik is onder meer dat swart ekonomiese bemagtiging in sy huidige vorm neerkom op ’n onregverdige belasting op ondernemings, en dat dit bydra tot ’n uitvloei van kundiges uit Suid-Afrika omdat dit die verkeerde boodskap aan wit gegradueerdes en bestuurders gee.

Die toepassing van dié beleid lei ook tot ’n afname in belegging, en dit is veral sigbaar in die mynbedryf waar die Suid-Afrikaanse bedryf krimp te midde van ’n groot opbloei in kommoditeitspryse.

Die verslag is opgestel deur ’n span internasionale ekonome wat in opdrag van die nasionale tesourie deur die Center for International Development aan die Harvard-universiteit in Amerika aangestel is om navorsing te doen oor die struikelblokke in die weg van versnelde en gedeelde ekonomiese groei (Asgisa).

Dié navorsing is nou voltooi en Donderdag vir kommentaar deur die tesourie gepubliseer.

Die paneel het hoofsaaklik aanbeveel dat die werkloosheid in die land verminder moet word deur lae geskooldes in hoofsaaklik die vervaardigingsektor op te neem en daardeur die uitvoer van vervaardigde en ander verhandelbare produkte te verhoog. (Lees ook die berig op bl. 2.)

Die paneel het geen probleme met die doelwitte van bemagtiging nie, maar wel met die toepassing daarvan.

Luidens die verslag pas bemagtiging goed in by die doelwitte van gedeelde ekonomiese groei, waar dit in ’n gemeenskap wat as regverdig beskou word, makliker is om eiendomsreg te beskerm en entrepreneurskap en belegging te bevorder.

“Daar is ook ekonomiese, maatskaplike en politieke voordele verbonde aan die bevordering van ’n swart middelstand.”

Die paneel se groot probleem lê by die oormatige klem op die oordra van eienaarskap na swartes en swart deelname aan bestuur.

“Daar is talle ander maniere om transformasie te bevorder, onder meer deur groter klem op werkskepping, opleiding en voorkeuraankope by voorheen benadeelde ondernemings.”

Die paneel sê voorts dat die manier waarop eienaarskap tans na benadeeldes oorgedra word, neerkom op belasting op bestaande en nuwe kapitaal en die einde daarvan is nie in sig nie.

Om dié rede word voorgestel dat ’n afsnypunt vir die beëindiging van die beleid bespreek word.

Die paneel verwys spesifiek na die mynbedryf, waar die regering se nuwe bedeling vir die bedryf, wat swart eienaarskap met die besit van mineraleregte verbind, tot ’n afname in belegging en produksie gelei het.

“En dit terwyl die kommoditeitsmark ’n ongekende opbloei beleef en belegging in mynbou wêreldwyd toeneem.”

SakeRapport het reeds twee jaar gelede berig dat Suid-Afrika die grootste kommoditeitslopie in die geskiedenis misloop weens die regering se bemagtingsbeleid.

Een van die gevolge is dat die aantal werkgeleenthede in die mynbou tans 46% minder is as in 1986. Dit is ’n ramp vir die armes omdat ongeskoolde werkers, waarvan Suid-Afrika ’n oorvloed het, die maklikste in sektore soos die mynbou en die landbou opgeneem kan word.

In die landbou, waar belegging weens die regering se klem op grondhervorming en regte vir plaaswerkers ook drasties verminder het, het die aantal werkgeleenthede sedert 1994 met 12,1% verminder.

Die paneel sê dat bemagtiging, en veral regstellende aksie, ’n baie sterk vraag na kundigheid onder swart mense veroorsaak, waaraan nie altyd voldoen kan word nie. Dit vergroot net die gebrek aan kundigheid op bestuursvlak verder.

Die paneel sê onomwonde dit is belangrik om die emigrasie van geskoolde wittes om te keer. “Daar is voldoende getuienis wat daarop dui dat die toepassing van ekonomiese bemagtiging die verkeerde boodskap aan jong wit gegradueerdes en wit bestuurslui gee.”

Een van die oplossings is om die vergoeding vir kundiges te verhoog, selfs al verhoog dit die inkomstegaping tussen ryk en arm. ’n Tekort aan geskoolde werkers lei egter ook tot ’n afname in die vraag na ongeskoolde werkers.

Immigrasiebeleid moet ook verslap word om meer geskooldes na Suid-Afrika te lok, lui die verslag.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Is die regering te vertrou met 'n nasionale aftreefonds?
Ja
Nee
Nee, maar ek steun die idee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo