News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
    Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 14:09  - (SA)  
Goud lyk weer aanloklik
David van Biljon    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Nick Holland Foto: Kopane Tlape

Ontleders meen dat goudaandele tans goeie waarde bied, ondanks die daling in die goudprys sedert Maart toe dit ’n historiese hoogtepunt van $1 030/ons bereik het.

“Goudaandele het die afgelope tyd swakker gevaar as die goudprys en in hierdie stadium lyk hulle veel aanlokliker as ’n jaar gelede,” sê mnr. Simon Hudson-Peacock, hoof van aandele by Cadiz African Harvest.

“Die pryse van goudaandele het agterweë gebly toe die goudprys gestyg het, onder meer omdat die produsente in ’n kostewurggreep is wat hul winsgrens afdruk,” sê hy.

Mnr. Nick Goodwin, goudontleder by T-Sec, sê daar is aanlokliker geleenthede in ander sektore van die mynbou, maar goudaandele is nietemin nou aanloklik.

“Gegrond op hul verdiskonteerde verdienste oor die leeftyd van die myne, is goudaandele tans onderwaardeer,” sê hy.

Die kwartaalresultate wat goudmynmaatskappye die afgelope week bekend gemaak het, wys almal die uitwerking van stygende koste.

Dit is egter teengewerk deur die hoër goudprys.

Die gemiddelde goudprys vir die kwartaal was meer as R220 000/kg teenoor sowat R170 000/kg in die vorige kwartaal.

Omdat die meeste van AngloGold Ashanti se produksie vooruitverkoop is teen vasgestelde onaanloklike goudpryse, is die uitwerking van die hoër goudprys nie so duidelik in sy resultate nie.

Die gemiddelde prys wat hy in die kwartaal ontvang het, was 18% laer as die prys op die kontantmark.

Mnr. Mark Cutifani, uitvoerende hoof, sê die verskansingsboek skrik beleggers af.

Die maatskappy het egter te kenne gegee dat hy ’n regte-uitgifte gaan doen om $12 miljard te in, waarvan ’n groot deel gebruik sal word om ’n groot hap uit die verskansingsboek te neem.

Cutifani sê die maatskappy verwag om vanjaar die boek met tot 45% te verminder.

“Dit sal die diskonto teenoor die kontantprys van goud verminder van die huidige tussen 18% en 20% tot sowat 6%.”

Cutifani sê Afrika speel ’n belangrike rol in die bereiking van die maatskappy se groeidoelwitte.

Afgesien van projekte vir die ommekeer van bates soos Geita in Tanzanië en Obuasi in Ghana, is hy ook betrokke by belowende ekplorasiewerk in onder meer die Demokratiese Republiek van die Kongo.

“Voorts beoog ons om produksie in Australië binne die volgende vyf jaar te verdubbel tot 800 000 onse per jaar en om dit in Noord- en Suid-Amerika te verhoog van 400 000 onse tot 600 000 onse per jaar,” sê Cutifani.

AngloGold Ashanti se goudproduksie vir die kwartaal – wat tradisioneel die slegste van die jaar vir die goudmynbedryf is – is 13% laer op 1,2 miljoen onse.

Die kontantkoste was 6% hoër op $430 per ons.

Goodwin sê egter die wesensverdienste van 37 Amerikaanse sent per aandeel (vorige kwartaal 6c) vertel nie die volle verhaal nie, omdat aanpassings vir onder meer transaksies in afgeleide instrumente buite rekening gelaat is.

Goodwin reken dat die maatskappy in die kwartaal inderdaad ’n kontantverlies van R68 miljoen gely het.

Gold Fields het besluit om juis aandag te gee aan koste.

“Ons gaan toenemend kyk na die totale regstreekse en onregstreekse koste van produksie pleks van die kontantkoste, wat nou so algemeen gebruik word,” sê mnr. Nick Holland, nuwe uitvoerende hoof van die groep.

“Dit sal verseker dat die klem val op beskikbare kontant.”

Oor die ongelukke wat die afgelope twee weke die lewens van 14 van die groep se werkers geëis het, sê Holland sy leuse is dat daar nie gemyn sal word as dit nie veilig is nie.

Verskeie stappe – insluitende ’n omvattende, onafhanklike oudit – word gedoen om aandag te gee aan veiligheidsaspekte.

Holland sê dit is moontlik dat die veiligheidingrypings kan lei tot ’n verlies aan produksie.

By Gold Fields was die produksie in die afgelope kwartaal 14% laer op 827 000 onse en sy kontantkoste was 21% hoër op R122 920/kg.

Harmony se produksie was 17% laer op 12 403 kg en sy kontantkoste 9% hoër op R145 514/kg.

Die wesensverlies van 43c per aandeel die vorige kwartaal is nietemin omgeswaai in ’n wesensverdienste van 42c per aandeel

Mnr. Graham Briggs, uitvoerende hoof van Harmony, sinspeel selfs op die moontlikheid om dividende te hervat.

“Dit sal egter nie in die lopende jaar tot einde Junie wees nie. Die betreklik groot bedrae geld wat ons toekom uit die verkoop van ons uraanbates en deel van ons bates in Papoea-Nieu-Guinee, sal eers van aanstaande kwartaal af begin invloei,” sê Briggs.

Goodwin is veral geesdriftig oor Harmony en sê dat dié groep ná die invordering van die geld uit die twee transaksies – in totaal R3,6 miljard – geen skuld sal hê nie.

Omdat Harmony se produksie nie verskans is nie, reageer sy wins ook onmiddellik op ’n hoër goudprys.

Briggs sê die hoër goudprys skep talle geleenthede.

“ ’n Voorbeeld is die Phoenix-goudherwinningsprojek.

“Met bedryfskoste van sowat R90 0000/kg is dit teen die huidige goudprys ’n hoogs lonende projek en ons oorweeg dit om die verwerkingsvermoë te verhoog tot 1 miljoen onse per maand.

“Ons onderneem ook verdere boorwerk in die Evander Suid-gebied waar aanvanklike werk ’n afsetting van 2,2 miljoen onse goud uitgewys het. Dit sal ’n nuwe myn kan onderhou,” sê hy.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo