News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
    Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 14:09  - (SA)  
Ontleders verskil oor plaaslike bankaandele
Frans de Klerk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Tegniese ontledings toon dat die toekomstige bewegings van bankaandele tans op ’n mespunt gebalanseer is.

Ontleders is deesdae verdeeld daaroor of die plaaslike bankaandele tans ’n belegging regverdig.

Indien ’n belegger die negatiewe faktore in die ekonomie ignoreer, bied banke sekere waarde gegrond op die lae prysverdiensteverhouding en die hoë dividendopbrengste. Ander beleggers is egter steeds onseker oor die moontlikheid dat rentekoerse nog verder kan styg.

Volgens die maandelikse kersgrafiek van die bankindeks is die vlak van 30 000 baie belangrik. Beleggers op lang termyn verkies ’n maandelikse grafiek omdat dit betroubaarder is as weeklikse en daaglikse grafieke.

Tendenslyn A dien nou as pendulum vir die indeks. In die middel van 2006 is die belangrike weerstandsvlak van 30 000 gebreek, en dié vlak is nou ’n ondersteuningsvlak.

Sodra die indeks 30 000 nader, ondersteun beleggers die bankaandele. Dié reaksie stuur die sein uit dat langtermynhouers van bankaandele nie graag die indeks onder 30 000 wil sien nie. As die indeks egter tot onder 30 000 sak en daaronder konsolideer aan die einde van ’n maand, kan dit lei tot ’n nuwe vlaag van verkope.

Tendenslyn B dui die langtermyn-ondersteuning van die bankindeks aan. Ondersteuningslyn B beklemtoon die kritieke stand van sake. Let op die pitte van die kerse gevorm sedert Januarie 2008 tot nou. Hulle beweeg net bo die kritieke vlak.

Vir beleggers wat nie die indeks monitor nie, maar wel ’n belegging in een van die vier groot kommersiële banke wil waag, is R85 ’n kritieke ondersteuningsvlak vir Absa, R80 vir Standard Bank, R15 vir FirstRand en R100 vir Nedbank.

’n Langtermynbelegger kan miskien die water toets solank die aandele bo die bogenoemde vlakke hou.

Koop eerder aandele in klein hoeveelhede omdat die indeks nog nie definitiewe koopseine stuur nie.

Vir beleggers sal geduld en tyd leer of die indeks die slegte nuus verdiskonteer het en of die laagtepunte in plek is.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo