| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 29 Junie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 14:09 - (SA)
Mense wat aftrede nader, verwag soms onmoontlike Dawie Klopper
Mense het altyd teenstrydige idees. Die afgelope tyd word ek oorval deur mense wat sê as hulle maar net hul geld die afgelope paar maande in die geldmark gehou het, dan het hulle baie beter gedoen as nou waar hul geld in aandele- of eiendomsbelegging gehou word. En daarmee kan ek nie stry nie. Die probleem is egter dat die vergelykende maatstaf nie reg gebruik word nie, maar dit is steeds onmoontlik om oor die kort termyn teen so ’n argument te stry. Maar dan sal u verstaan dat my verbasing baie groot was toe ek onlangs deur ’n mnr. Botha gebel word met die volgende storie. Mnr. Botha is naby aftrede en, soos wat mense weet wat al in hierdie posisie was, is onsekerheid aan die orde van die dag. En jy sal alles in jou vermoë doen om sekerheid te bewerkstellig. Daar is onsekerheid oor die finale bedrag wat vir aftrede beskikbaar gaan wees. Dan is jy ook nie altyd seker hoeveel inkomste jy tydens aftrede nodig gaan hê nie en ook moet jy ’n besluit neem oor wie jou aftreegeld gaan bestuur. Wat jy wel baie deeglik weet, is dat jy nie weer ’n kans gaan kry om kapitaal op so ’n groot skaal bymekaar te maak nie. Dus, jy word deur die tradisionele dilemma in die gesig gestaar: Maak soveel as moontlik kapitaal bymekaar met die oog op aftrede, moenie iets hiervan verloor nie en dan wil ek soveel as moontlik hieruit verdien, maar op so ’n wyse dat die geld hou totdat ek nie meer hier is nie. O, en moet tog nie die effek van inflasie vergeet nie. Om aan al hierdie vereistes te voldoen, moet ’n omvattende strategie ontwikkel word. ’n Strategie wat drie behoeftes of doelwitte gelyktydig aanspreek. Daar is die behoefte aan sekerheid. Sekerheid oor my inkomste. Dit is ’n korttermynbehoefte wat deur ’n korttermyngerigte belegging gehanteer word. Dan is daar die behoefte om met inflasie tred te hou. Dit word oor ’n mediumtermyn van vier tot sewe jaar gedoen. Hier word van absoluteopbrengsfondse gebruik gemaak om in ’n inflasiegekoppelde behoefte te voorsien. Dan is daar die behoefte om oor die lang termyn kapitaalgroei te bewerkstellig. Niemand weet hoe lank hy gaan leef nie. Langtermynkapitaalgroei word bewerkstellig deur op die Suid-Afrikaanse aandelebeurs te belê, asook in die buiteland in ’n gebalanseerde portefeulje waar risiko in ’n mate beperk word. Ek vind dat Suid-Afrikaners wat in die buiteland belê, geneig is om eerder meer konserwatief met hul buitelandse beleggings om te gaan as met hul binnelandse beleggings. Dalk ook maar ’n geval van bekend maak bemind. En as al die doelwitte bereik is, is daar naby aftrede selfs groter sekerheid nodig. En dit was met hierdie proses in gedagte dat ek mnr. Botha so ’n jaar of wat voor aftrede geadviseer het om sy belegging in sy aftreefonds na ’n meer konserwatiewe portefeulje te skuif. Die gedagte was dat ons dan met sy aftrede weer sy portefeulje in drie subdele sal verdeel en aan die drie behoeftes of doelwitte soos hierbo bespreek, aandag sal gee. Maar toe kom mnr. Botha se opmerking – een wat my sprakeloos gehad het. Die aandelebeurs het die afgelope maand of twee, hier vanaf middel Februarie, weer begin herstel, wat dus beteken dat as jy in ’n konserwatiewe portefeulje belê is, jy dalk nie in die volle herstel van die beurs gedeel het nie. Jy sou natuurlik ook nie aan die dalings op die beurs deelgeneem het nie. En mnr. Botha se vraag aan my was of dit nie vir hom tog maar beter sou gewees het om in die aggressiewe portefeulje te belê nie. Verstaan u my verbasing? Aan die een kant probeer ek verduidelik hoekom ons vir sekere kliënte nie in die geldmark belê het nie en aan die ander kant moet ek verduidelik hoekom ek wel ses maande gelede vir mnr. Botha ’n soort geldmarkbelegging aanbeveel het. Beleggingsadviseurs kan verseker nie wen nie, maar ons sal maar aanhou probeer. * Dawie Klopper is ’n beleggingsekonoom by PSG Konsult.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|